SAPD moet opdok vir AfriForum se regskoste

Foto: SAPD, Facebook

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Maandag die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) beveel om die burgerregte-organisasie AfriForum se regskoste te betaal nadat die SAPD onvoorbereid by dié hof opgedaag het.

AfriForum se aansoeke teen die SAPD ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting sou Maandag in die hof aangehoor word.

In die eerste aansoek versoek AfriForum die SAPD om syfers bekend maak van hoeveel staatsgeregistreerde vuurwapens tussen 2009 en 2014 deur die polisiediens verloor of van die diens gesteel is. Voorlopige syfers dui aan dat sowat 6 000 vuurwapens in dié tydperk verlore geraak het.

In die tweede aansoek versoek AfriForum die SAPD om die laaste interne-ouditverslag oor opleiding binne die SAPD aan die burgerregte-organisasie beskikbaar stel. Dié inligting sal onder meer aandui hoeveel operasionele polisiebeamptes inderdaad bevoeg is om vuurwapens te dra.

Ian Cameron, AfriForum se veiligheidshoof, het gesê die SAPD se regsverteenwoordiger het egter onvoorbereid by die hof opgedaag en aangevoer dat hulle nie daarvan bewus was dat die saak vandag op die rol is nie.

Volgens Cameron het regter Hennie de Vos gesê die dae is verby dat staatsadministrateurs nie hul werk doen nie. Die saak is tot Woensdag 24 Mei 2017 uitgestel en De Vos het beveel dat die SAPD AfriForum se regskoste vir vandag moet dek.

“AfriForum is van mening dat die SAPD onverantwoordelik met staatsgeregistreerde vuurwapens omgaan, wat ’n direkte invloed op alle landsburgers se veiligheid het. Dit versterk AfriForum se inisiatief om gemeenskappe te mobiliseer om hulself binne die raamwerk van die wet te beveilig en misdaad te help bekamp,” het Cameron gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johannes van Staden ·

En hulle sukkel reeds wat nog van al die onregmatige arrestasies wat hulle BAIE kos ….geen wonder daar is geen voertuie of petrol om die gewone werk te doen nie …

Vryheid ·

Dankie vir Afriforum. SAPS is ongelukkig treurig. Wie anders gaan opstaan vir ons regte ?

pieter ellis ·

Die gewone verskonings wat net hulle onbevoegdheid uitwys. Hoe in die lewe daag jy by die hof op , maar beweer dan dat jy nie geweet het dat die saak op die rol is. Lagwekkend.

Verder sal die SAPD enigiets doen om nie die syfers bekend te maak nie, want dit gaan ongelooflik vernederend wees vir hulle.

Johann ·

So NOG van my belasting geld vir hofsake om die obvious te bewys? Die polisie, soos die res van die ANC standaard operating “staat”… is incompetent!

Andre ·

Wie is die individu wat verantwoordelik was vir die polisie se voorbereiding?

Daardie nalatige individu moet PERSOONLIK aanspreeklik gehou word vir die regskoste. …. nie die polisie (belastingbetaler) nie.

Weg is die dae van wegkruip agter anonieme staatstrukture !!!

Neels ·

Verder moet Afriforum eis dat die verskillende vuurwapens se besonderhede verskaf met reeks nommers (as SAPD dit het), wie dit “verloor” het, wat die optrede was teen die “verloorder”. Verder het die “verloorder” al meer as een vuurwapen “verloor”? Watter maatreels is gedoen oor die JARE om die verlies te bekamp? Wie was in beheer dat die maatreels inplek is en wie het die maatreels se resultate opgevolg en bewys daarvan moet gegee word. Ens .. ens.

sakkie ·

En intussen word vuurwapen lisensie aansoeke afgekeur op strepe.

anton ·

Ja hierdie dinge gebeur in n land waar die regeerders met n I.K van 70 en minder sit.

MCH ·

Skote petoors Afriforum! Ja née, professionalisme kenmerk nie juis onse SAPS nie! Staatsmasjienerie se ratte het lankal vasgeroes.

Johannes Meintjes ·

Dankie aan AfriForum vir volharding op soveel Burgerregte terriene! Inderdaad is druk op regeringsinstansies om regdeur SA die regte dinge te doen, eerste keer, elke keer, die ideaal.

zis ·

Sal ook graag wil weet wat het van die vuurwapens geword wat ingehandig is by SAPD of by wapen handelaars.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.