SAPD nooi oudlede terug

Die polisiediens vra dat oudlede terugkom. Foto: Twitter

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het met ʼn proses begin om oudlede van die diens opnuut aan te stel.

Kol. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê die SAPD verwelkom aansoeke van gewese lede met die rang van konstabel, sersant of adjudant‑offisier. “Net diegene wat aan die vereistes voldoen, sal oorweeg word.”

Sy sê suksesvolle aansoekers sal net met dieselfde rang in diens geneem word as wat hulle voorheen beklee het en volgens die minimum salarisskaal vir daardie rang vergoed word.

Die SAPD het dié proses Sondag met advertensies in drie Sondagkoerante aangekondig, maar inligting is ook op die diens se webwerf, www.saps.gov.za, onder die hofie “Careers” beskikbaar.

Van die ellelange lys vereistes waaraan aansoekers moet voldoen, is dat hulle:

  • ʼn Suid-Afrikaanse burger moet wees.
  • Minstens twee amptelike tale magtig moet wees, waarvan Engels een moet wees.
  • Minstens ʼn kode B-rybewys moet hê.
  • Geen tatoes sal hê wat sigbaar sal wees wanneer hulle ʼn uniform dra nie.
  • Geen vorige veroordelings moet hê nie.

Voormalige lede van die SAPD wat die diens verlaat het omdat hulle afgetree het (hetsy op die aftreeouderdom of vervroegde aftrede), wat oneervol ontslaan of geskors is, of die SAPD verlaat het hangende die uitslag van ʼn tugondersoek, sal nie vir heropname in die diens oorweeg word nie.

Mathe sê aansoekers moet onthou hulle sal aan ʼn deeglike ondersoek onderwerp word wat ʼn sielkundige evaluering, vingerafdrukke, die nagaan van verwysings en mediese toetse sal insluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Johanna Botha ·

Goeie jimmel jy moet jou kop laat lees om terug tegaan na so n gemors !

Tiaan ·

Moeilike tye, werk is skaars. Jy is reg, dit is ‘n gemors by die SAPD maar agv onbevoegdheid en diskriminasie teenoor blankes.

Richard ·

Komaan oud lede kom red SA van die kriminele. Moenie dat hulle wat negatief is en lankal oorgegee het julle beinvloed nie, die land het julle nodig.

Max ·

Wonder net wat gaan hulle met al die polisiebeamptes maak. KFC oppas vir die polisie helikopters?

Gerd Lourens ·

HOEKOM???

Om AL die werk te doen en af te tree as konstabels/sersante???

Sekere Mense ·

Party mense sal enige iets vir geld doen en ook vir enige iemand werk. Laat my ook dink aan straat hoeke waar sekere mense sal staan.

Richard ·

Komaan laat staan die negatiewe retoriek dit maak n mens siek, jy wat so sinies is is die eerste een wat gaan skreeu vir geregtigheid as jy in die moeilikheid verkeer . Is jy dalk n oud lid en werkloos of n gebore geregsdienaar wat net wag vir die geleentheid om weer n verskil te maak?
Komaan manne en vroue as jy kwalifiseer maak ons trots

Anoniem ·

Nou hoeveel polisie beamptes het n kriminele rekord? Dan word hulle nogtans aan gestel en dan as jy weer aansoek wil doen dan mag jy ni n rekord he ni.

MH ·

“Net diegene wat aan die vereistes voldoen, sal oorweeg word”. Ons weet almal wat die “vereistes” is.

marco polo ·

Die spul is nou al almal offisiere, hulle soek nou mense om die werk te doen.

wetwou ·

Stap in die regte rigting, maar word beperk tot konstabel, sersant en adjudant (werkerbye) onder die huidige bestuur. Daar is duidelik nie ‘n behoefte aan bekwame, reverdige, bestuurders nie (junior, middel, senior en uitvoerend). En so bly die grond vrugbaar vir korrupsie.

Jean ·

Whahahahaha!!!!!!! Dis al amper November nie meer 1 April…….

Justine ·

One can not help to question a police members reason for leaving in the first place…

Yet, now that reality has strucked after they left the police and they realised the grass is not greener on the other side of the fence…

Now they that had so many unresolved issues with the police are to eager to rein list…

The question is:

For how many years did the Top Management allowed reinlistments?

Yet there is just no improvement within the police…

To the few non corrupt and dedicated police members I Salute you!

Sarel ·

Justine,
Being a police officer myself previously may give you many reasons for leaving the sircus when been commanded by people that have less knowledge than a ten year old.
I will be able to mentioned current Generals with less knowledge than a sergeant 20 years ago.
The above mentioned is exactly the reason why thy should start bringing back high ranking commisioned officers and not the ranks mentioned.
A certain group of members see them self as actual politician and not lawinforcers and want to protect criminals from the law.
Did you see a constable rule a whole station because he is political well conected, if not you aint see nothing yet.

marous ·

Hierdie regering doen dieselfde dans passies soos die poppie wat opstaan , as die ou juwele kissies oopgemaak word , en hul woorde net so eentonig soos die musiek

Nouja ·

Die enigste mense wat sal terugkeer is diegene wat so down en out is dat hul nie ‘n keuse het nie.

Morne ·

Hierdie is bewys dat die SAPD ontken wat foute is. Affirmitave Action het mense verby hulle IK bevorder. Nou soek hulle mense wat weet wat om te doen want die AA gevalle kan nie lei nie em ook nie oplei nie.

Nikita ·

Netso Morne! Hulle begin noueers agter te kom dat een blinde kan nie n ander blinde lei nie.

Wynand Serfontein ·

Dis baie snaaks geen tattoo sigbaar nie is n vereiste ma honderde lede in mag sit met rekord en word ondersoek ma hulle mag gemeenskap dien.

Anoniem ·

Mense julle sit nou weer die pot mis. Hierdie posisies is waar daar tekorte is en dit is oop vir almal dus as jy in die polisie was en jy sit nou sonder werk en jy het tot dusver geen kriminele oortredinge nie doen dan aansoek want jy gaan gou bevorder word tot krimineel. Jy gaan opgelei word in gewapende roof, huisbraak ,voertuig diefstal,bribery en nog vele ander skelm streke. Jy gaan binne n jaar n top salaris verdien van so 100000 rand per maand waarvan die polisie jou 15000 gee en die ander 85000 moet jy self voor sorg. Geniet jou opleiding en jou nuwe job.

Vergeet ·

mmm ja…. ooop vir almal….. veral vir ‘bevordering’…… veral as jy van ‘n sekere skakering is…….

Daans ·

Die hoeveelste keer is dat dat SAPS dit nou probeer? Die voorwaardes is egter onaanvaarbaar

Anoniem ·

Dit is reg ons is negatief. Negatief vir die polisie. Negatief vir die munisipaliteite. Negatief vir die ANC. Negatief vir die onderwys. Hoe kan mens positief bly
Water word besoedel. Kos word besoedel. Dorpe en stede lyk soos asblikke. As jy iets positiefs se of doen dan is jy n rassis. Grond word onteien. Jy as blanke het geen bestaansreg nou wat is nou positief. Verduidelik asseblief.

Realis ·

Nie negatief nie, net realisties. Baie van ons se oë het al oopgegaan.

Johan H. ·

Morne !! Dis die raakste wat iemand dit nog ooiet beskryf het.. Hulle is verby hul IK bevorder. Dis nou raakvat,,,

humor ·

Daar is buitelandse druk weens die hoee misdaadsyfers waarvan ons nie op hoogte gehou word nie. Ek reken dit is n poging om sake beter te stel. Daar is beslis die laaste tyd heelwat gevalle waarin die polisie briljant opgetree het en ek reken manne wat weet het sterk leiding geneem. Dit gaan net baie moeilik met die arbeids- verhoudinge gaan

aj ·

Ex polisielede vir wie die polisie ‘n roeping was moet teruggaan (as hulle kan). Dit sal die hele land bevoordeel!

Hulle het nie net waardevolle polisie ervaring nie maar ook werksetiek waarby ander kan leer!

Estelle ·

En hoe gaan jy die blom tussen die dorings raaksien wat als verswelg. Binne ñ jaar is hul weer uitgebrand, omdat hulle teen donderweer moet poep.

Landsburger ·

Hierdie werwingspoging is huigelagtig verby. Die regerende party haat opsigtelik diesulkes wat lyk of hulle te min in die son kom. Diesulkis is gewoonlik bekwaam, lojaal en patrioties. Eienskappe onbekend in SA.

John ·

All chiefs and no indians en nou soek hulle laasgenoemde om die vuilwerk te kom doen… skoon maak, gordyne was en die files (van voor ’94 die res is missing) af te stof. En die salarisse… Begin maar eers… Ons sal na die jaareindfunksies daaroor beraadslaag.

J van Rustenburg ·

As ek reg is mag geen blankes in SAPS bevorder word nie Wat is dan die punt om as konstabel te begin wetend dat jy oor ‘n klomp jare nog steeds konstabel gaan wees

honourable member ·

Hulle het seker nou na 24 jaar agtergekom dat daai oud lede met baie kennis en ondervinding sit, die dat daar nou weer na die oud lede se aanstellings gekyk word. Bevordering sal wel uit wees vir n witte soos koekies in die weeshuis maar dis darem n salaris.

Grap ·

Ek is uit die polisie na 8 jaar want dit het korrup geraak so nou hoe gaan ‘n mens nou terug en werk onder ‘n offisier wat standerd 5 het en korrup is?

Ex speurder Katryn ·

Was 12 jaar in daai sirkus. Moes as speurder vier mense op een kar werk. Wou op die webtuiste gaan loer, maar nie eers dit werk nie. Enough said.

LH ·

Die SAPD bestaan nou NET uit Chiefs. . . tyd dat hulle bietjie indians aanstel!

christa ·

eers was hulle vertrap en nou word hulle weer terug geroep. Glo nie daar sal van hierdie mense wees wat weer wil terug gaan nie. Hulle is nou beter waar hulle nou is. Die polisie moet maar verder opsnork, hulle het hul bed gemaak, slap maar daarop

Terughardloop ·

En nou wil hulle stert tussen die bene terughardloop na diegene wat bedank het. Tipies! Die meeste het bedank as gevolg van die onregverdigheid van affirmative action en swak werksomstandighede. Ek hoop nie hulle laat hulle ompraat om terug te gaan nie.

Marie Visser ·

Ag hoe goedhartig van die SAPD – die hoeveelste ‘terugroep’ is dit nou?

Klara ·

Goeie dag,

My vraag is hoekom is daar die 10 jaar issue.
My vraag aan die SAPD is HOEKOM gee hulle nie almal wat baie graag terug wil gaan die geleentheid nie? Ek sal graag ‘n antwoord daarop wil hê.
Dankie

Karolis ·

Dink so daaraan: hoe meer daar van ons is, hoe swakker word hulle weerstand.

Kabouter ·

Teen minimum salaris teruggaan ? Ek was vir 6 jaar daar. My werk was puik. My trots. As ek nou teruggaan met n minimum salaris en nog orders ook moet vat van n kind, dit sal maak dat ek my speelgoed uitgooi. My ervaring is meer werd as minimum salaris. En boonop sal hul my afdank want ek hopeloos te eerlik.

1+1 ·

Wees asb positief oor die geleentheid. Dis nou die tyd om weer op te bou wat verval het vir ons kinders en kleinkinders.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.