SAPD se nuwe rangstelsel nie buigsaam nie, sê hof

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Die arbeidshof in Johannesburg het Dinsdag aangedui dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) nie ʼn buigsame proses gevolg het toe hy in 2011 polisielede volgens sy nuwe rangstelsel bevorder het nie.

Die SAPD het in die hof aangevoer dat die bevorderings van polisielede volgens sy nuwe rangstelsel buigsaam was en dat ras nie ʼn duidelike kriterium was nie. Die hof het egter aangedui dat die SAPD nie in sy pleitstukke kon bewys dat die proses wel buigsaam was nie. Die hof het daarna, op versoek van Solidariteit, beveel dat die SAPD gebonde is aan sy argument soos in sy pleitstukke aangedui is, waarna die SAPD versoek het om sy pleitstukke te wysig.

Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, verduidelik dat die Wet op Diensbillikheid voorsiening maak vir die gebruik van numeriese rasseteikens by bevorderings en aanstellings. “Die gebruik van kwotas, wat op die reservering van poste neerkom, word egter nie toegelaat nie vanweë die feit dat dit onbuigsaam is,” sê Groenewald.

Groenewald sê die SAPD sal Woensdag ʼn formele aansoek voor die hof bring om sy pleitstukke te wysig, waarna Solidariteit die aansoek sal bestudeer en sal besluit of hy dit teenstaan. “Solidariteit meen vandag se uitspraak bewys weereens dat die proses wat die SAPD met die bevorderings gevolg het niks anders as ʼn kwotastelsel is nie. Verder is dit nie duidelik op grond waarvan die SAPD aanvoer dat die proses buigsaam is nie,” sê Groenewald.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ladybug ·

Alles wat goed en reg was in die polisie is verwyder, geskrap, verander na 1994, net omdat ‘n wit regering dit ingestel het. Ons polisielede wat toegewyd, passievol en het die WET toegepas. Tot die eenheid wat satanisme ondersoek is ontbind, want satanisme word as ‘n geloof erken … WTF?

Nou is daar ‘n klomp slapgatte wat jou maklik vertel hy/sy kon nie ander werk kry nie, daarom is hul polisie toe! Duidelike bewys is hul arrogante houding, onwillgheid om hul werk te doen, oorgewig lywe wat uit die nate van die blou uniforms wil bars! Maar boeta kom die laaste dag van die maand is dit reguit OTM toe!

Bring ons ou lede terug wat die “know how” het, om dié huidige lot te kom leer hoe om te polisieer, want dit is duidelik dat hulle die hele pot mis sit! En as die “nuwe” slapgatte nie die punch kan vat nie, moet hulle hul goed vat en trap!

Ons verloor ervare mense want hul kan nie meer en wil nie meer vaskyk in ‘n polisiemag wat soos ‘n boeing grond toe tuimel met ‘n bom aanboord nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.