SAPD sê oor DNS-stelle

Argieffoto (Foto: Philippedelavie, Pixabay)

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Woensdag gesê gerugte dat die polisie ʼn landswye tekort het aan DNS- en verkragtingstoetsstelle, is onwaar. Dit is slegs sommige polisiestasies wat ʼn tekort ervaar.

“Die SAPD het met ʼn tenderproses begin om nog bewyseversamelingsstelle aan te skaf,” het brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, gesê. “Twee van die verskaffers wat aan die tender deelgeneem het, is gediskwalifiseer omdat hulle nie aan die bepaalde riglyne voldoen het nie. Die SAPD het egter tydens die proses ontdek dat die derde verskaffer, wat wel aan die vereistes voldoen, tans strafregtelik ondersoek word. Die SAPD kon dus nie die tender toeken nie.”

Naidoo het gesê die SAPD het intussen met ʼn aanskaffingsproses deur ʼn kwotasiebasis begin. “Ons het sommige maatskappye geïdentifiseer en assesseer tans hul vermoë om die vereiste toerusting te verskaf.”

Hy het bygevoeg die SAPD is ook besig om van die bewyseversamelingstelle aan stasies en eenhede te versprei waar daar ʼn tekort is. “Die SAPD is tevrede dat hierdie stappe sal verseker dat daar vir minstens twee maande lank voldoende hoeveelheid voorraad is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JM ·

‘n Te kort is ‘n te kort of dit 1of 1miljoen is dit bly ‘n te kort

Nettie ·

En intussen, word verkragtingslagoffers en misdaadslagoffers se DNS/verkragting-bewysstukke nie geneem nie en word dit vernietig, wat op die ou einde daartoe kan lei dat ‘n saak nie vervolgbaar is nie en talle verkragters/moordenaars skotvry loop ……

Welcome to the new SA …. sorry, actually the New Azania, proudly sponsored by the ANC.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.