SAPD se regstellendeaksieplan nekhou toegedien

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Die Arbeidshof in Johannesburg het ʼn dringende aansoek deur Solidariteit, om die nuwe regstellendeaksieplan van die SAPD tydelik op te skort, toegestaan.

Ingevolge die interdik is die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se nuwe regstellendeaksieplan, wat van 2015 tot 2019 sou duur, opgeskort tot die konstitusionele hof uitspraak lewer in die saak tussen die departement van korrektiewe dienste en Solidariteit.

“Die hof het duidelik ’n streep in die sand getrek wat regstellende aksie betref. Die staat se totale regstellendeaksiestrategie sal hersien moet word,” het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit gesê.

Ingevolge die uitspraak mag die SAPD geen aanstellings en bevorderings, gebaseer op die beginsels, soos vervat in die regstellendeaksieplan vir 2015-2019, maak nie. Die SAPD mag ook nie aanstellings of bevorderings op grond van ras of geslag maak ingevolge die nasionale kommissaris se nasionale instruksie 3 van 2015 of enige ander instruksie, wat bepaal dat die nasionale rassedemografie ‘n bepalende rol moet speel by aanstellings of bevorderings nie.

Die interdik verbied nie alle bevorderings en aanstellings nie, maar slegs die wat op grond van die regstellendeaksieplan gedoen sou word.

Die hof het op 26 Januarie 2016 bevind dat die SAPD se vorige regstellendeaksieplan ongeldig en ongrondwetlik is.
“Ten spyte van die uitspraak het die SAPD voortgegaan met hulle nuwe plan wat op dieselfde ongrondwetlike beginsels gebasseer was. Die interdik verbied die SAPD om voort te gaan met sy onbillike raspraktyke. Indien die SAPD nou wel sou voortgaan sal dit op minagting van die hof neerkom. Dit sal die nasionale kommissaris aan strafregtelike optrede blootstel. ‘n Opsie wat ons beslis sal oorweeg indien hulle sou voortgaan,” het Hermann gesê.

Daar is reeds 5 000 poste, ingevolge die regstellendeaksieplan wat nou deur die hof opgeskort is, geadverteer. Die poste mag dus nie gevul word tot die uitspraak in die DKD-saak nie.

“Die die regstellendeaksieplan vir 2015-2019 kom, soos die polisie se vorige regstellendeaksieplan, wat reeds ongeldig verklaar is, op ʼn kwotastelsel neer. Ons is baie teleurgesteld dat die die SAPD voortgaan met praktyke wat reeds ongeldig verklaar is. Die interdik plaas Solidariteit egter in ‘n baie sterk posisie om verder op te tree,” het Hermann bygevoeg.

Die uitspraak volg kort op die hakke van nuusberigte van die instruksie van die SAPD dat geen bruines en wittes in die Wes-Kaap bevorder mag word in hierdie rondte van bevorderings nie. Hierdie instruksies in die Wes-Kaap sal ook volgens die uitspraak nie verder uitgevoer kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Maar het DKD nie ook hulle teen die saak vasgeloop nie en hulle gaan maar nog steeds soos gewoonlik aan. SAPS gaan hulle nie hieraan stuur nie.

SAPD werknemer ·

Amen Jan maak ‘n Plan. Hulle het nog nooit en hul gaan ook nie. Dit is in vergaderings uitgespel aan ons……”Niemand sal vir my voorskryf wie ek moet aanstel nie – wittes het hul beurt gehad… as dit julle nie pas nie, is jul welkom om ander werk te loop soek, ons kan sonder wit mense klaar kom” _ dit is waarna ons in meetings moet luister….

m ·

Mooi so solidariteit. Julle gaan nog baie sulke sake kry want die hele staatsdiens lyk so want equity is een groot grap.

Michael ·

So as die regering geen wit en bruin mense wil bevorder nie is dit nie rasisties nie? Sal die anc se nuwe voorgestelde wetgewing om mense tronk toe te stuur vir rasisme dan toegepas word in die geval? Hoe tragies moet dit wees dat jy regstellende aksie in werking moet stuur om ‘n ras te bevorder. Het swart mense so groot minder waardigheids kompleks?

m ·

Stem saam Michael. As hulle dan rassiste wil tronk toe stuur gaan dit beteken baie van hulle eie mense gaan in die tronk beland. Wonder of hulle al so lekker daaraan gedink het of gaan hulle weer elke trick in die boek probeer om net van wittes rassiste te maak. Hierdie ou speletjie is darem al so afgesaag. Hulle het net die een kaart om te speel.. Shame!!!!!!!!!!!!

Lettie ·

Dis wonderlike nuus!! Ek het die SAPD grief prosedure gevolg en is tans besig om te baklei vir my bevordering waarin ek die nr 1 kandidaat was, maar nie aangestel is nie. “Equity” is n klug….
Ek wil eerder nie te veel sê nie…

SAPD werknemer ·

Ek is jammer maar Solidariteit was bewus van die vorige bevorderings ook en het niks daaraan gedoen nie. In die Noord Kaap word basies net Swart persone bevorder – ongeag hul kwalifikasies, ondervinding of kennis. My LW my beskeie opinie is dat Solidariteit nou al jare branders maak maar daar stop dit. Inteendeel – hulle gee ons wittes hoop as hul branders maak , maar dan as die lyste van bevorderings kom dan is dit net weer regstellende aksie wat toegepas is. Ek het ongelukkig my vertroue in hul verloor.

Maryna ·

Ek is nie self n SAPD lid nie maar ek stem saam dis n skande hoe wittes behandel word in die SAPD. Hul word sonder ophou geviktimiseer en geen witte word bevorder nie. As hul nie besig is om te sit en eet nie is hul besig om te sit en gesels terwyl jy soos n idioot moet staan. 7 Ek weet van n wit dame wat n SAPD lid(kolonel) is en sy word elke dag blootgestel aan viktimisadie net omdat sy haar werk doen. As sy n swart lid aanspreek omdat hul nie prosedure volg nie word daar n grief teen haar geregistreer. Die nuutste is nou om te beweer dat sy die K woord teen n lid gebruik het wat loutere onsin is. Dit gaan sover dat sy elke gesprek op band moet neen om haarself te probeer beskerm teen hierdie rassisme en viktimisasie. Die swart lede wil werk hoe en wanneer hul wil en sodra hul aangespreek word gebruik hul die K woord om van n wit lid ontslae te raak. Die swart vrouens gaan selfs sover om “seksuele teistering” bewerings teen wit manlike lede oop te maak net om van die wittes ontslae te raak. Dan praat ek nie eers van hul openlike uitlatings dat hul van ALLE WITTES in die SAPD ontslae wil raak nie. Ek self is keelvol vir swart SAP lede se arrogansie en houdings hul werk met die publiek maar is openlik rassisties.

morne ·

Al wat ek kan se ons oog moet o Jesus gefokus wees em alles sal bygevoeg word.Ons is n nasie wat Jesus ken

Kaptein ·

Ek was nou betrokke by n klompie van hierdie posts wat nou voorlê panels gedien het. Daar was nogal n aangename klompie witgesiggies nr 1 kandidate wat deur ons Afdeling se “Core Management” aanbeveel is en so deurgestuur is Hoofkantoor toe. Nou is my vraag: Wat gaan Solidariteit doen om te verseker daardie witgesiggies behou hulle eerste plekke? Wat van as die prossesse were oorgedoen moet word en daardie ouens val dan uit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.