SAPD se swak bestuur lei tot krisis in 10111-sentrum

Die vakbond Solidariteit het vandag aangevoer dat die langdurige swak bestuur van die polisie tot die huidige arbeidsonrus aanleiding gegee het. Dit volg na gerugte van ʼn beoogde staking van die SAPD-werkers wat die noodlynnommer (10111) beman.

Volgens Renate Barnard van Solidariteit behels die probleem by die 10111-sentrum vele elemente, maar dit hou onder andere verband met die aanstelling van SAPD-lede ingevolge die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die aanstelling van administratiewe personeel ingevolge die Staatsdienswet en die feit dat hierdie twee groepe werkers in sommige gevalle dieselfde funksies verrig, maar dat hul vergoeding (salarisvlakke, voordele en bevorderingsgeleenthede) drasties verskil.

Beloftes wat sedert 2013 deur verskillende politieke ampsbekleërs en topbestuurders gemaak is, is nooit geïmplementeer nie.

“Die SAPD se topbestuur sal daarteen moet waak om in hul poging om hierdie probleem te probeer oplos, nie nuwe arbeidsprobleme te skep nie. Indien administratiewe personeel wat tans op salarisvlak 5 aangestel is (ekwivalent aan die rang van konstabel), op ʼn lukrake wyse bevordering gaan kry na salarisvlak 7 (ekwivalent aan adjudant-offisier), sal dit tot hernude ontevredenheid onder lede van die SAPD aanleiding gee,” het Barnard bygevoeg.

“Polisiebestuur ignoreer die geldige griewe van administratiewe beamptes op salarisvlak 6, asook die griewe van onder-offisiere (konstabels, sersante en adjudant-offisiere) ten opsigte van salarisskaalaanpassings. Hierdie optrede deur die bestuur gaan verseker die genoemde lyn-funksionarisse vervreem en tot nuwe arbeidsonrus lei.

“Die taktiek van belowe en vergeet wat tot dusver gevolg is, kan nie langer voortduur nie. Die uiteindelike slagoffers van die langdurige swak bestuur van die polisie, is die lede van die publiek. Met Suid-Afrika se huidige misdaadprobleem kort ons ʼn doeltreffende polisiediens wat nie lamgelê word deur beleidsonsekerheid, arbeidsonrus en swak bestuur nie,” waarsku Barnard.

Lees meer oor die 10111-staking op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann Marx ·

Hierdie “onrus” kom al van Meyer Kahn se dae af. Nadat hy SA Brouerye reggeruk het met bewese besigheidsbeginsels, het almal gedink die son skyn uit hom uit, en is hy gevra om dieselfde te doen met die SAP. Dit het nie gewerk nie, want jy kan nie ‘n polisie-MAG vat en dit ‘n polisie-DIENS maak nie. Dienslewering werk net as daar ‘n opposisie diensleweraar is waarnatoe die verbruiker kan gaan as hy of sy ontevrede is met die huidige diensverskaffer se prestasie. Die ou Suid Afrika se “Polisie Mag” het afgewater na ‘n onbeholpe “Polisie Diens” toe….wat geen diens lewer nie. As jy ‘n werknemer is van ‘n “diens” wat nie presteer nie, hoe kan jy oor jou “salaris” begin kibbel? In plaas daarvan dat polisieman wees meer van ‘n roeping is as van ‘n uitkoms vir werkloses…….is die huidige tydverdryf nie om te sien of ons die diens kan lewer nie, maar eerder om jou kollegas dop te hou, en te klae en te kerm omdat jy nie dieselfde pay kry vir dieselfde hoeveelheid niks doen nie!!!

snoefie ·

so sal dit in alle departemente gaan. dis wat gebeur wanneer mense aangestel word op grond van velkleur. polisie, verpleegsters, medieselui en onderwysers moetin die beroep staan vir die liefde van die beroep. dis wat jy kry as hulke daar is uit die liefde vir geld en om kwotas vol te maak. fire die spul selfsugtige goed en kry witmense om te WERK.

Frannie ·

Soms doen die Dokter en die Suster in die kliniek dieselfde werk, maar hy kry aansienlik meer geld as sy. Hoekom? Want hy het geleer om dit en nog baie ander prosedures te kan doen. Dis die verskil. As daar noodtoestand is, moet daai polisielid maar sy bulletproof aan trek en buite gaan werk.

johan ·

Kan nie kla oor die diens nie want daar is nie diens nie,kort opgeleide personeel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.