SAPD straal van trots oor sersant Gift

Sers. Gift Kelehe tydens ‘n vorige Comrades Marathon. Foto: SAPD

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Sondag gestraal van trots toe sers. Gift Kelehe derde oor die wenstreep genael het tydens die 92ste Comrades-marathon wat dié naweek in KwaZulu-Natal gehou is.

Lt.genl. Lesetja Mothiba, waarnemende nasionale polisiekommissaris, het Kelehe namens die polisie gelukgewens met sy prestasie. Kelehe (35) het met ʼn tyd van 5:41:48 die derde plek in die uitmergelende 89 km-ultramarathon, wat van Durban na Pietermaritzburg gehardloop is, ingeoes.

Die Suid-Afrikaner Bongmusa Mthembu was eerste oor die wenstreep in 5:35:34, terwyl Hatiwande Nyamande van Zimbabwe die tweede plek behaal het in 5:38:46.

Kelehe, wat dié marathon in 2015 gewen het met ʼn tyd van 5:38:36, is tans by die SAPD Tshwane Akademie werksaam en is al die afgelope 13 jaar deel van die polisiemag. Hy was voorheen deel van die polisie se taktiese reaksie-eenheid in Rustenburg en het in Taung in Noordwes grootgeword.

Mothiba het Kelehe Sondag in ʼn verklaring as ʼn “sportfanatikus” beskryf en gesê Kelehe was 25 jaar oud toe hy die eerste keer die Comrades in 2007 gehardloop het. Hy het in die 40ste plek geëindig. “Hierdie gemotiveerde en gedissiplineerde sersant het voortgegaan om te oefen en aan hierdie en ander wedlope deel te neem. In 2014 het Kelehe ʼn derde plek in die gesogte marathon behaal en in 2015 het hy die marathon gewen.”

Mothiba het gesê die SAPD is besonder trots op Kelehe se jongste prestasie. “Ons is uiters trots om lede van sers. Kelehe se kaliber in ons range te hê en ons hoop sy prestasie sal ander lede ook aanmoedig om voort te gaan om die SAPD in die verskillende sportsoorte te teenwoordig,” het Mothiba gesê.

Mothiba het ook al die ander SAPD-lede wat aan vanjaar se Comrades-marathon deelgeneem het geloof vir hul dissipline en toewyding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Anoniem ·

Wee die boef wat vir hierdie poliesman probeer weghardloop! Wens alle polisiemanne was so fiks soos hy…

Ai ·

Baie geluk dis a fantastiese prestasie! Ek kan nie eers om die blok draf nie dan wil ek die sypaadjie beter leer ken.

Blikkies ·

Goeie ouers, baie geluk aan die man, hy hardloop ongeveer 16km/h, beslis vinniger as wat ek met die fiets ry! Mooi so

John ·

Darem een fikse, skraal polisieman wat ‘n skelm sal kan inhol. (Sy werksklere word seker spesiaal ingevoer.) Baie geluk! Volgende jaar no 1!

Rupert Ashford ·

Familie van Andrew Kelehe wat omtrent 10 jaar gelede ook goed gedoen in Comrades?

ES ·

As ek reg is dan is Gift en Andrew broers. Andrew het ook gewen destyds en is/was ook ‘n polisiebeampte.

Al ·

Baie geluk met jou prestasie, Gifted – jy is omtrent gifted!

ANONIEM ·

BAIE BAIE GELUK SERS GIFT. SO BLY OM TE SIEN DAT DAAR POLISIE IS WAT BELANGSTEL IN ANDER MOII DINGE SOOS MARATHON HARDLOOP OM FIKS TE BLY….. NIE NET IN VERKEERDE DINGE NIE…

Scalla ·

Mooi en geluk Gift,jy stel n mooi voorbeeld vir jou kollegas. Voorspoed en mag daar nog vele wedlope wees.

Johan. H. ·

Dankie GIFT jy is voorwaar vir ons almal n gift, Moetnie kop verloor en en korrup begin raak nie, Inspereer van jou kolegas as daar nog is soos jy, Van ons wittes kyk op na mense soos jy<<<<

WitBlits ·

Gee die man ‘n ERE Bridgadiersrang in die Sportafdeling en laat hom toe om voltyds te oefen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.