SAPD tree nie op teen rassisme in eie geledere nie

Sandra Malebe-Thema. Foto: Facebook

Sandra Malebe-Thema. Foto: Facebook

Die vakbond Solidariteit het vandag bekend gemaak dat hy die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) hof toe vat aangesien hy strydig met die bepalings soos vervat in artikel 60 van die Wet op Gelyke Indiensneming optree. Dit volg nadat genl.maj. Sandra Malebe-Thema teen die einde van verlede jaar rassistiese en diskriminerende opmerkings teenoor opleidingspersoneel verbonde aan die Polisie se opleidingskool op Oudtshoorn gemaak het sonder dat dit enige nagevolge vir haar ingehou het.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, is die betrokke personeellede se grondwetlike reg op waardigheid en gelykheid deur dié optrede ernstig aangetas. “Nie net het Malebe-Thema die personeellede ten aanskoue van die rekrute aan die opleidingskool verneder deur hulle op die verhoog te verkleineer nie, maar sy het ook weens hul ras diskriminerend teenoor die betrokke personeellede opgetree,” het Van der Bijl gesê.

“Nadat die betrokke personeellede interne grieweprosedures gevolg het en Solidariteit haar weens haar optrede by die Menseregtekommissie verkla het, het die SAPD nie teen die sperdatum van 20 Januarie teen Malebe-Thema opgetree nie,” het Van der Bijl gesê. “Kragtens artikel 60 van die Wet op Billike Indiensneming kan Solidariteit nou die SAPD weens sy gebrek aan optrede teen Malebe-Thema in die arbeidshof pak.”

Volgens Van der Bijl sal die vakbond hierdie weg volg aangesien daar nie daadwerklik teen Malebe-Thema opgetree is nie. “Solidariteit eis dat hierdie voorval onpartydig ondersoek en die nodige dissiplinêre stappe teen Malebe-Thema geneem word,” het Van der Bijl gesê.

Lees alle vorige berigte oor Sandra Malebe-Thema op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

John ·

Maar as dit nou n wit person was, was dit voorblad nuus en die persoon het die volgende dag op straat gesit sonder werk.

Loeis ·

Dissiplinere verhoor, menseregtekommissie, kriminele klagtes… Elke opsie moontlik. Wanneer gaan ons in getalle begin terugslaan?

Johann ·

As.ek reg onthou is die dame se opkoms in die opkoms in die polisie ook onder verdenking?

HEVW ·

Hierdie sg. Gen majoor is nie die skaduwee van so n hoe rang nie. Ek is oortuig sy het nie eens naastenby die kwalifikasies vir so n posisie in die polisiediens nie. Dit is sekerlik ook n saak wat nagegaan kan word.

Gerd Lourens ·

Sal ook baie graag wil weet hoe sy so ‘n rang ontvang het.

REGVERDIG ·

Seker ook “gekoop” iewers op straat. Kyk die “attitude” op die foto. My maaat !!!!
Ek weet wat ek sou gedoen het as ek op daardie verhoog gestaan het………………………,

Alida ·

Roer hulle asb. Hul ken hul eie range toe sonder om n dag se verdienstelike werk te doen. Kyk maar vir vir die vorige Kommissaris. Sommer Generaal! Wat jy waar kry.

Regi ·

dit is net Solidariteit en Afriforum wat nog bereid is om rassisme teenoor wittes aan te spreek en te veroordeel. Waar is die lamsakkige oposisieparty? Skitter in hul afwesigheid, maar onmiddellik op hul perdjie as ‘n wimens net skuins kyk na ‘n swarte. Huigelaars!

Jan maak n plan ·

As sy wit was, was sy lankal deel van die geskiedenis.

Drakensberger ·

Dis nou waar Adv Gerrie Nel moet inklim. Hy is mos nou in ONS geledere!

Piet Pompies ·

Drankensberger, ek dink jou kommentaar is in die kol, Suid Afrika het ‘n nuwe era betree waar die staat nie suksesvol was om iemand te vervolg kan privaat vervolging nou plaasvind en ek dink ook dit is die rede vir Adv Gerrie Nel se aanstelling.
Die vrot appels gaan nou een vir een uit die kussing gelig word.

Mielie ·

Die personeel onder opleiding sal in die toekoms geen respek he vir senior personeel nie en nog minder vir hul blanke kollegas. Uiterse mags en rang misbruik. ‘n Stasie konstabel sou beter opgetree het as sy. Gee haar goed gas want sy verdien dit!

Manna ·

Sy moet sumier verhoor en afgedank word indien skuldig bevind word. Sy is nie verhewe bo wet.

Johan ·

Sit Gerry Nel op haar en SAPD se case…vandag nog….hy begin mos sy nuwe werk vandag……

gerbrandt ·

Johan ek stem saam – laat dit sy eerste joppie vir die dag wees!!

Chris ·

As ek reg verstaan het die vrou al bedank, weer aangestel, gevra om te loop(in die pad gesteek) en nou weer aangestel waar sy weer droog maak. Hoeveel kanse kry die mense? Wie ken sy wat haar so beskerm?

JohanC ·

Nog n ding – ek sal graag wil weet hoe VINNIG sy by die rang vanGeneraal-Majoor uitgekom het. Daar is soveel ander polisielede vir wie dit nog n roeping is om in die SAP te werk maar wat stagneer in hulle range omdat regstellende aksie(equity ) hulle ondergang was

Edward ·

Ek ken nie die geskiedenis van hierdie voorval nie. Ek moet egter aanneem dat die person wat te na gekom is, ‘n blanke is. Verteenwoordig Solidariteit net veronregte blankes, of kan enige ras by hulle aanklop. As ‘n swartman by hulle sou aanklop vir hulp en hulle wys hom weg op grond van sy kleur, dan is daar eintlik geen verskil nie. Ek praat nie goed hoe hierdie vrou opgetree het nie, maar ek hou nie daarvan om ‘n hele artikel te sit en deurlees en ek weet op die einde nie wat eintlik gebeur het nie en met wie nie.

Ag Regtig Edward ·

Nou volg eers die storie en lewer dan kommentaar. En hoekom altyd hierdie verwysing na Solidariteit en die swartman of witman .. altyd ‘n rasse-ding. Daar is duisende unies wat NET swartes verteenwoordig .. Solidariteit sal ook ‘n swart of kleurling man/vrou verteenwoordig as hulle LEDE VAN SOLIDARITEIT is. Verstaan jy die begrip? Solidariteit kan nie vir Tshepo help as hy een oggend hier opdaag en hulp soek nie, soos hulle nie vir ANDRIES kan help as hy een oggend net hier opdaag nie. JY MOET “N LID VAN SOLIDARITEIT WEES .en SWARTES sluit nie juis aan by SOLIDARITEIT nie . hulle vat wel die SKOOLTASSIES by skole en KOSPAKKIES wat by myne uitgedeel word as AURORA wat bedryf is deur ANC hooggeplaastes se families hulle in die steek gelaat het … DAN HET SOLIDARITEIT geen kleur nie … SOLIDARITEIT GEE DAN VIR ALLE KLEURE KOS – is jou vraag beantwoord?

SARIE VAN HEERDEN ·

Rassisme behoort nie so aan die groot klok gehang te word nie. As daar ‘n aanmerking gemaak word op my wit vel ignoreer ek dit eenvoudig want maak nie saak wat gese word nie, ek bly wit.
Ignoreer rassisme om watter rede ookal want dan kry niemand lekker nie.

Klug ·

SAPD tree nie op teen rassisme teenoor wittes in eie geledere nie, die MRK tree nie op teenoor rassisme teenoor wittes nie, die EFF spraak geen sprook nie, ook nie die DA of die Cachalia Fund, of enige ander politieke party nie. Die Universiteite tree nie op teenoor rassistiese swart studente nie, net teenoor wittes. As Solidariteit en Afriforum nie so af en toe ‘n saak aanhangig maak teen SWART rassisme teenoor WITTES nie, gebeur daar ook niks, selfs die DA is tjoepstil, so bang hulle verloor hulle liberale ondersteuners .. dis ‘N KLUG!!!!!

buks ·

Wie gaan die miljoene betaal. Gerrie het Selebe se saak gedoen sy regskostes het ons byna R20 miljoen gekos en toe is hy nie eers tronk toe nie. Onthou jy kan nie die duiwel by die satang aankla nie.

Liza ·

Ek is nou al regtig g *&^%$#@ l vir die woord rassisme, kan mens dit nie verander na iets anders toe nie………

Fanie van Heerden ·

Adv Gerrie Nel sal nie al die misdadigheid van die korrupte owerheid kan hokslaan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.