SAPD tree weer nie op teen rassistiese werknemer nie

sapd-saps-polisie

Foto: SAPD/Facebook

Die vakbond Solidariteit het Woensdag bekend gemaak dat hy ingevolge artikel 60 van die Wet op Diensbillikheid ʼn saak by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) aanhangig gemaak het teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) nadat die SAPD weereens geen daadwerklike stappe teen ʼn rassistiese werknemer gedoen het nie.

Solidariteit bring die aansoek nadat ʼn polisielid ondanks die Menseregtekommissie (MRK) se ondersoek wat daartoe gelei het dat hy geskors en afgedank is, weer aangestel is. Dit volg nadat die polisielid op 15 Julie 2015 teenoor witmense uitgevaar het in ’n Facebook-plasing. Die polisielid het hom na sosiale media gewend nadat sy lynhoof geregverdigde dissiplinêre stappe teen hom gedoen het. Een van sy plasings lui ondermeer: “F**k white people, Working under them and with them sucks”.

Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, verduidelik dat die betrokke lynhoof volgens standaardprosedure in reaksie op die Facebook-plasing ’n grief by die werkgewer ingedien het. Die SAPD het egter in gebreke gebly om die nodige stappe teen die polisielid te doen, en die lynhoof het gevolglik die Menseregtekommissie (MRK) hieroor genader.

“Die MRK se ondersoek het daartoe gelei dat die SAPD die persoon moes skors en uiteindelik in Maart 2016 afgedank het,” het Van der Bijl gesê. “Hierdie geval is net weereens ʼn bewys van hoe mense in gesagsposisies selektief met rassisme omgaan, vandaar Solidariteit se onlangse veldtog teen selektiewe rassisme.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gavin ·

Die begroting is veronderstel om te wees vir die armes. Of so se hulle. Besef hulle nie dat dit meer skade àan die armes gaan doen nie. Die vehooging van die bandstof levy en RAF gaan nadeligige gevolgd he vir die armes. Die kos pryse en publieke vervoer gaan weer verhoog word en ons almal weet dat die maatskapye se verhoogings nie in vergrlyking gaan wees met die verhoogings nie. Dinge gaan net meer en meer agteruit in die land

WitBlits ·

Nou het hierdie ou die regte inhoud op sy getuigskrif om een van die groot poste te beklee en bevordering is sy voorland!

Cherokee ·

Probeer om iets nuut kwyt te raak – daardie een is so oud soos die berge.

Piet Pompies ·

Die mense van Solidariteit doen behoorlik navorsing voordat hulle ‘n saak aanvat en hulle byt daaraan vas totdat dit afgehandel is. Ongelukkig is daar wette en die skuldiges sleep voete en misbruik die sisteem in die hoop dat die klaer die saak sal laat staan.
Met geduld kom sukses…

Cherokee ·

Piet Pompies, indien jy nie daarvan weet nie sal jy verstom wees om te sien watter ongeregverdigde aanvalle word van Praag gedoen op Afriforum. Praag, wat niks vir Afrikaans of vir die land doen se aanvalle op Afriforum is ongevraagd en mag selfs op jaloesie dui want hulle kon trots wees as hulle met so ‘n rekord sou kon spog.

Dit is egter nie soos die uigeholde rympie wat ‘Afrikaners wat nie kan saamstaan’ eggo nie maar dit is bloot eie aan alles nasies. Ek het gereeld daar gelees maar nie meer nie.

jean ·

We are fighting a losing battle….rassisme in hierdie land is ‘n eensydige storie….

Anton ·

…ons MOET almal ophou om rassistiese goed te se…al is dit grappenderwys…of nie…

Piet Snot ·

Anton, jy maak ‘n geldige punt.
As ons hierdie tipe rassis aan die pen wil laat ry, moet ons sy tipe geen klip gee om ons mee te gooi nie.

Klippie ·

JANEE daar word NIKS gedoen aan RASSISTIESE SWARTMENSE In die SAPD of in enige ander sektor nie, maar beweerde rassisme van blankes op FB word OPGEBLAAS in elke koerant en by die MRK. WAAR IS DIE MRK nou dat hulle die man weer aangestel het?????? Wag julle vir Solidariteit om die saak weer aan te vat? Hoekom het julle self Penny Sparrow en die ander blankes op FB gaan aankla en ondersoek? Wat se VERTROUE het die blankes in die MRK?? ABSOLUUT NIKS. Wag vir Afriforum en Solidariteit om al die werk te doen, maak ‘n uitspraak, en staan dan terug, enforce dit glad nie . hoop die storm waai oor.

Koos ·

Ek was gister by SARS na drie ure se gewag (genoeg kans gekry om alles te bekyk) is ek geroep net om deur’n baie ongeduldige SARS werknemer vertel te word hy kan my nie help nie.Al my dokumente was beskikbaar.Net voor my het hy sy ras gehelp, gelag, grappies gemaak. lekkers gedeel saam met nog twee ander SARS werkers.
Nodeloos om te se toe hy sien sy volgende klieent is blank het sy hele houding verander.l

EK stem KOos ·

Jip en SARS ignoreer enige korrespondensie of enige briewe wat jy op hulle Online sites laai of per epos stuur (eposadres wat hule self verskaf het). Jy bly oor en oor dieselfde goed doen. Het ook maar self ingegaan, daar is dieselfde dokumente net weer gelaai, en steeds geen antwoord nie. Niemand wil met jou praat of iets vir jou verduidelik nie, hulle stuur net smsse. Jy kan met niemand spesifiek praat nie, jy praat elke keer met iemand anders en elke keer het die persoon ‘n ander storie, of sy eie afleiding van wat gebeur het. Na maande het ek nog geen uitsluitsel nie, jy word soos ‘n kind behandel, maak of jy niks weet nie, meantime is hulle die incompetent ones, want dit is tog nie SO moeilik om net ‘n navraag te beantwoord nie? Hoekom het al hierdie mense werk as hulle nie WIL werk nie? Die geselsery onder die PERSONEEL kill mens as jy vir twee ure gesit het om ‘n nommer te kry, en dan moet wag tot hulle klaar GECHAT het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.