Hierdie aksies sal deel vorm van die SAPD se Operasie Paseka waardeur die polisie probeer om opportunistiese misdaad en padongelukke te voorkom.
Die SAPD het in ʼn verklaring gesê dat swaar verkeer op die land se hoofweë oor die Paasnaweek verwag kan word, omdat talle mense na familie of jaarlikse geloofsbyeenkomste reis. Dit lei tot ’n verhoogde voorkoms van padsterftes, veral as gevolg van bestuurders wat die spoedgrens oortree, onverskillig bestuur en bestuur terwyl hulle moeg of onder die invloed van alkohol is.
Die polisie sê dat padblokkades en patrollering op al die hoofroetes gedoen sal word, motors gestop en deursoek sal word en onbeplande besoeke afgelê sal word by besighede wat tweedehandse goedere verkoop om te verseker dat geen gesteelde eiendom verkoop word nie.
Volgens die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, sal Operasie Paseka ook ingryp om gewelddadige misdaad soos huisbrake, motorkapings en veediefstal te voorkom. “As deel van Operasie Paseka sal ons alles in ons vermoë doen om te verseker dat misdadigers nêrens het om weg te kruip nie,” het Phiyega gesê.
“Ons het ʼn toename in die voorkoms van spesifieke soorte misdaad waargeneem en die mans en vroue in blou sal seker maak dat die Paasvakansie so veilig en misdaadvry as moontlik is.”
April fool!! Amper glo ek dit..
””’ padgebruikers wat verkeersreëls oortree aan die pen te laat ry.
Tensy hulle blouligte op die dak het wat aandui dat hulle bo die wet verhewe is.
‘n Uiters goeie poging maar waarom nie ELKE oomblik van die dag en nag? Verkeersmense is so skaars soos hoendertande op ons paaie. Waar kom hulle nou skielik vandaan? Of overgezet synde, wat doen hulle buite publieke vakansietye? Toegegee dat hierdie lyk soos SAPD alleen?
Heeltyd hoor n mens dat padgebruikers wat die verkeers reels oortree aan die pen gery gaan word/ Elke Maandag hoor jy hoeveel is gevang agv van spoed. Maar nerens sien jy ooit dat taxis of busse aangekeer is vir spoed nie.
Sien gereeld hoe Taxi maklik 150 -160km per uur ry op die hoofweg, terwyl hulle net 100 mag ry. Duidelik word daar uitsonderings gemaak. Of moet ek eerder se omkoop geld is seker betrokke.