SAPD waarsku teen ‘polisiemanne’ wat roof

Foto: SAPD, Facebook

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het ʼn waarskuwing uitgereik in verband met misdadigers wat hulle glo as lede van die polisie voordoen voordat hulle mense beroof.

Dit volg nadat drie verdagtes van Welkom in die Vrystaat vroeër vandeesmaand onder valse voorwendsels toegang tot ʼn vrou se huis verkry het haar huis daarna geplunder het.

Volgens die Welkom-polisie is niks in die voorval gesteel nie.

Die verdagtes is glo deur veiligheidsbeamptes by die hek voorgekeer nadat die vrou die polisie in kennis gestel het.

Volgens die verklaring is die verdagtes tydens die voorlopige ondersoek ook verbind met ʼn soortgelyke voorval in dieselfde woonbuurt.

Volgens die verklaring is twee van die verdagtes ʼn voormalige polisiekonstabel en ʼn polisiereservis wat nié meer in die polisiediens werk nie. Die derde verdagte het geen band met die polisiediens nie.

Die verklaring waarsku dat lede van die publiek bewus moet wees van die outentieke uniform wat polisielede dra en ook ekstra waaksaam moet wees wanneer ʼn sogenaamde polisieman daarop aandring om toegang tot jou eiendom te verkry. Die polisie benodig ʼn lasbrief om jou huis of perseel te deursoek.

Die drie verdagtes word onder meer aangekla van huisbraak en die rig van ʼn vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Swartkat ·

As mens kyk na nuusberigte die afgelope paar maande is daar heelwat polisiemanne wat betrokke is by diefstal en misdaadvso hoe moet die publiek onderskei, wie is ‘n eerlike polisieman en wie is ‘n skurk.Kan die minister van polisie dalk ons inlig

Max ·

Op twee dorpe by ons in Suid Kaap dra buurtwaglede polisiebroeke, hemde en selfs”bulletproofs” wanneer hulle saam met Polisielede werk. Een buurtwaglid het selfs ‘n Polisie glimbaadjie aangehad op ‘n padblokkade terwyl hy die voertuie gestop het. Ek het dit by die stasiebevelvoerder aangemeld. Daar het niks van gekom nie. Polisielede voorsien die buurtwagte van ou Polisie uniforms.

Shaun ·

Hi Max . Wanneer buurtwag lede ( of GPF of enige lid van enige veiligheids stuktuur ) , met die SAPD saamwerk , soos bv by n padblokkade , mag en verkieslik moet hulle glinbaadjies dra . Van hierdie glimbaadjies het die bewoording ” Sector Police ” op . Dit maak ook net goeie sin om ” bulletproofs ” te dra . Die wet magtig hulle om so op te tree . Hoop dit klaar dit so bietjie op .

Max ·

Hi Shaun.
In hierdie geval was ‘n Polisie glimbaadjie met die woorde “Police” daarop gebruik en is die bulletproofs ook Polisie uitreikings. Dit is Polisie eiendom en geen persoon wat nie aangestel is as ‘n Polisie beampte mag in besit wees van sulke uniforms of uitrusting nie. Ek is ‘n reservis by een van die polisiestasies.

Wynand ·

Ek vertrou geen polisiemanne nie. Nie in die nuwe bedeling nie want almal is totaal verrot .Ek vertrou net die ou bedeling se polisiemanne wat rugraat en integriteit het.Die nuwes weet nie eers wat rugraat en integriteit beteken nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.