Pres. Cyril Ramaphosa en dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, was gemagtig om Woensdag saam met gesondheidswerkers die Covid-19-entstof te ontvang.
Só het die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheid (Saphra) in ʼn verklaring gesê nadat die inenting van die president en minister hewige kritiek uitgelok het. Maroela Media het Woensdag berig dié twee leiers het eerste in die ry gestaan om een van die sowat 80 000 dosisse Johnson & Johnson-entstof te ontvang. Albei is by die Kayelitsha distrikshospitaal in die Wes-Kaap ingeënt.
“Hoewel hulle nie gesondheidswerkers is nie, is daar gevoel dat dit ʼn groot bydrae sou lewer om mense aan te moedig om met die Covid-19-entstof ingeënt te word,” het dr. Boitumelo Semete, uitvoerende hoof van Saphra, in ʼn verklaring gesê. Hy het benadruk dat die nodige protokol gevolg en magtiging gekry is voordat Ramaphosa en Mkize ingeënt is.
Die regering beplan om gesondheidswerkers landwyd tydens die eerste fase van die nasionale entstofplan teen Covid-19 in te ent.
Volgens Mkhize het 380 000 gesondheidsorgwerkers binne twee weke geregistreer om die entstof te ontvang. Daar is 20 entstofsentrums in die nege provinsies geïdentifiseer om 80 000 gesondheidswerkers oor die volgende twee weke in te ent.
Ek het nie ‘n probleem met die president nie, dit is die vakbondleiers wat my warm onder die kraag maak. Wie is hulle om voor die gesondheidswerkers in te druk.
hulle is chommas met die prez
Nou wie moet nou eintlik toestemming gee wie moet eerste gejova word en hoekom moet jy eers register.Ag mense moet tog groot word en ophou kerm oor wie eerste gejova word.
Kan dalk val onder Korrektiewedienste!
Ag shame geluk vir hulle. Ek is seker Cyril het dit self goedgekeur pffft asof hulle ooit protokolle volg en goedkeuring kry gggmmmfff
Hulle kan hulle maar almal ent. Ek gee glad nie om nie. Ek hou met liefde verby. Wat ek nie kan verstaan nie is dat 380 000 geregistreer het maar hulle kan net 80 000 oor twee weke ent. Wat van die res? En wie gaan dit kry en wie nie?
Ons gesin hou ook verby so dit pla my nie. Seker our people jy weet mos hoe werk die klomp Anel. Altyd rassisties pffft
Maak seker nie saak wie eerste kry nie, natuurlik sal hulle onder eerstes wees. Hele parlement en alle ANC kaders sal mos in ry gaan staan. Netnou mis hulle uit.
Geen probleem. Sal graag die hele kabaal ook genoem die kabinet in die publiek ingeënt word.
Stem heeltemal daarnee saam. Ent die hele boksomdaais: parlementslede, alle lede van die provinsiale wetgewers, burgermeesters & raadslede. Laat hulle die proefkonyne wees & ons kan dan sien of die entstof gevaar inhou, of nie.
duisende gesondheids werkers het geregistreer, nou spring hulle uit hul gate uit
Ek sien die vrees in sy oe.
Bly iemand het dit agtergekom toe hy ingespuit wod.
Lekker lag ek nou en self gedink die man lyk vir my benoud
As ek my mind sou change en wel vorentoe n inenting neem sal dit J&J wees, of glad nie.