’n Fabriek wat blikkiesvis in St. Helenabaai aan die Weskus vervaardig, het die naweek sekere blikkies sardyne in tamatiesous aan die mark onttrek.
West Point Processors sê in ’n verklaring hy het ter wille van die veiligheid van verbruikers besluit om sy 400 g-blikkies sardyne in tamatiesous te onttrek. Dit sluit spesifiek blikkies in met die verpakkingskode ZST2 en ZSC2.
Luidens die verklaring is daar ’n skrale kans dat sekere blikkies van die sardyne oneetbaar is nadat ’n fout met die inmaakproses ingeglip het. Hoewel die meeste blikkies reeds by die fabriek teruggehou of van die rakke van kruidenierswinkels verwyder is, het verbruikers waarskynlik wel enkele van die blikkies gekoop.
Verbruikers word gemaan om dus nie blikkies sardyne in tamatiesous met dié spesifieke kodes te eet nie. Handelsmerkname sluit in Cape Point, Saldanha asook die huishandelsnaam van Shoprite (Ritebrand), Checkers, OK en U-Save.
“Ons werk daaraan om die probleem te identifiseer en te verseker dat die produk aan die hoë standaarde voldoen waarop ons verbruikers geregtig is en wel van ons verwag.”
Nou wie de swernoot gaan na die kodes op die blikkies kyk as dit nie oral in die media verkondig word nie.
Vra dit, ek weet nie eers hoe die blikkie lyk nie ;-p
JO maar mens speel mos nie met vis nie…
Jy word dodelik siek van vis wat nie reg is nie.
En hoekom word daar ook nie oor n tydperk gepraat van wanneer die vis min of meer geblik was nie.
Almal koop nie n blik vis nou en gebruik dit dadelik nie.