Saru het glo nie geweet van Roux-bewerings

Jurie Roux. Foto: http://whoswho.co.za/

Jurie Roux. Foto: http://whoswho.co.za/

Oregon Hoskins het ontken die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) was bewus  van ʼn ondersoek na sy uitvoerende hoof, Jurie Roux, ten tyde van sy aanstelling.

Roux het na bewering finansiële bestuurstelsels “gemanipuleer” en fondse na die rugbyprogram gekanaliseer toe hy nog in 2010 by Universiteit Stellenbosch gewerk het.

Hoskins het gesê Roux se aanstelling in 2010 is deur ʼn eksterne, onafhanklike werwingsmaatskappy hanteer. Volgens Hoskins het dié maatskappy ook die onderhoude gevoer, ʼn kortlys saamgestel en ʼn voorstel aan die hoofraad van Saru gemaak. Die voorstel is aanvaar.

Volgens Hoskins het die voorstel dat Roux aangestel word, nie enige inligting bevat oor die ondersoek na sy tyd by Stellenbosch nie.

Die DA het intussen geëis dat Roux geskors word. “Die DA neem kennis van die bewerings vervat in ʼn voorlopige verslag van KPMG, dat Roux na bewering ongemagtigde oorplasings van die Universiteit Stellenbosch se reserwefondse gemaak het aan die Stellenbosch Rugbyklub, terwyl hy in diens was van die universiteit oor ʼn tydperk van nege jaar,” het Solomon Malatsi, die DA se skaduminister van sport, gesê.

“Die verdoemende bewerings sluit in dat mnr. Roux en ʼn kollega saamgewerk het om hierdie oorplasings tussen 2002 en 2010 te doen, met behulp van sagteware wat nie ʼn ouditspoor sou laat nie en sodoende R35 miljoen van die universiteit se reserwes van die raad weggesteek het.”

Volgens Malatsi het hy in ʼn brief aan Hoskins versoek dat Roux tydelik geskors word terwyl die hofsaak tussen hom en die universiteit aan die gang is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sarel Strydom ·

Maar was dit nie Roux se veranwoordelikheid om die feite te noem nie?

Bach ·

Hoskins ontduik sy verantwoordelikhede. As so ‘n belangrike aanstelling in ‘n organisasie gemaak moet word, moet die Baas hom tog sekerlik vergewis vd persoon en sy agtergrond. Ek het lankal ‘n vermoede Hoskins trek net al die lekker voordele uit sy posisie en doen nie sy plig mbt rugby nie.
Ek is jammer vir Roux want hy is bekwaam, maar as oneerlik was moet hy sy pak vat. Nie soos die ANC mense wat met als wegkom nie.

b j smit ·

hy praat nonsens want daar is al voorheen bewerings gemaak oor die vondse in die media
so hoe kan hy nou se hulle was nie bewus daar van nie

F ·

Nee. Vraag is: Het Roux die universiteit se geld onregmatig bestee?

Henri ·

As die president en sy span daarmee kan wegkom, is dit dan nie reg nie? Hoe lui die gesegde, ” whats good for the goose, is good for the gender”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.