Saru-hoof: ‘Ons het julle in die steek gelaat’

Mark Alexander. Foto: Facebook/Saru

Mark Alexander. Foto: Facebook/Saru

Mark Alexander, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), het in ʼn sterk bewoorde verklaring glad nie doekies omgedraai oor die stand van rugby in Suid-Afrika nie en beloof ʼn omkeerstrategie is nou die topprioriteit.

Alexander het toegegee dat die Springbokke ʼn “uiters teleurstellende” seisoen beleef het. Alexander het planne bekend gemaak vir ʼn hersiening van die SA Rugby se administrasie en die Springbokke.

“Ons het ons ondersteuners, borge en uitsaaivennote in die steek gelaat. Ek wil graag aan al ons belanghebbendes om verskoning vra vir die teleurstelling wat ons hierdie seisoen gely het. Ons almal voel baie rou en teleurgesteld en dit sal maklik wees om halsoorkop besluite te neem, maar ons moet dit nie doen nie.”

Volgens Alexander sal hulle begin deur met die afrigter en ander spanrolspelers te gesels om hul menings en terugvoer te kry. Hy het gesê daar moet onder meer krities gekyk word na die keuringsbeleid rakende oorsese spelers. “Ons het vanjaar ʼn buitengewoon hoë aantal beserings aan sleutelspelers gesien en ons verloor baie ervare toetsspelers aan oorsese klubs, wat alles groot gevolge vir die Springbokke inhou. Ons moet maniere vind om hierdie uitdagings die hoof te bied.”

ʼn Kondisioneringsindaba vir die nasionale spanne en Vodacom Superrugby-biokinetici vind op 7 Desember plaas terwyl die afrigtersindaba op 12 Desember gehou sal word. ʼn Hoofraadsvergadering vind intussen ook op 9 Desember plaas.

Alexander het gesê van die sleutelveranderinge wat beplan word, sluit in:

  • Franchise- en nie-franchise-komitees om kommunikasie tussen unies en die uitvoerende raad te verbeter en om aanbevelings te maak ten opsigte van kompetisies en wedstrydsake
  • Die magtiging van derde partye om ʼn meerderheidsaandeel te kry in unies se sakebelange
  • Die verdubbeling van onafhanklike verteenwoordiging in die uitvoerende raad tot vier lede en ʼn verteenwoordiger vir die spelers
  • Die beëindiging van die visepresident se rol (aan die einde van die termyn in 2018) om die gekose verteenwoordigers in die raad tot ses te verminder
  • Die totstandkoming van ʼn adviesraad bestaande uit toonaangewende individue uit die sakesektor en burgerlike samelewing

Alexander het gesê die topprioriteit is ʼn omkeerstrategie vir die Springbokspan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

jan ·

Min gepla, ek kyk vir paar jaar al nie meer Springbok rugby nie.

PJ ·

Eers begin by Minister Van Sport, Dan kwotastelsel hersien, die afrigeter moet defnitief gaan want hy skuil agter suksesvolle afrigters soos Jake White en Rassie Erasmus. Dan sal dinge klaar begin positief lyk….Sterkte vir die Bok Embleem

Koos1 ·

En AC se dat hy nie sal bedank nie. Dit klink of sy salaris deur die regering betaal word, en hy klink soos ‘n minister!
Mark, dink bietjie, waar kom julle geld vandaan? Daai geld kan ook opdroog, weet julle dit? Ek kan met trots sê dat ek nie Saterdag se wedstryd gekyk het nie, en weet jy wat, ek voel goed daaroor! Ek dink ek sal vir eers aanhou om dit te doen, totdat julle by SARU rugby kan reg kry. Almal weet waar is die probleem, maar julle by SARU kan(wil,gaan?) niks daaraan doen nie. So kan julle maar my geld ook groet. Sorry DSTV julle gaan ook minder van my geld sien,

MM ·

Die vorige afrigters het die skuld gekry as die bokke verloor, maar nou is dit blykbaar nie die afrigter se skuld nie! Ek kyk in elk geval nie eers meer rugby nie.

Willie E ·

Ek het y eie opinie rondaom die swak Springbok span: POLITIEKE INMENGING!!!
Kies spelers op MERIETE…ek sal vyftien swart spelers net so ondersteun as vyftien wit spelers mits hulle regte SPELERS is,at the end of the day IS EN BLY HULLE SPRINGBOKKE….en hulle SAL ons trots maak…wit,pienk,groen,geel of wat ook al hulle kleur is,net solank hulle verdien om ‘n Springbok genoem te word,ek het al net so hard vir enige swart speler geskree as wat ek in my lewe al vir enige wit speler geskree het…aan die einde van die dag is hulle ALMAL SPRINGBOKKE….maar verdien jou posisie op meriete en nie as gevolg van verdomde politieke inmenging nie….

Koos1 ·

Willie E. Dit is nie jou eie opinie nie, dit is iets wat ons almal weet, ongelukkig word dit nie erken deur SARU nie.
Jy kan geen probleem ter wêreld oplos as jy nie ten eerstens erken daar is ‘n probleem nie.
Daarom moet ons maar as betalende ondersteuners oms geld weerhou. Weet jy, geld praat baie harder as politiek!

Chris ·

Ek verstaan dat rugby deesdae ‘n “profesionele sport” is. Die probleem is dat die administrateurs en belanghebbendes belangriker as die spel geword het. Die spelers kies nie hulself nie. SARU en al die ander soortgelyke organisasies het ‘n melkkoei geword. Elke jakkals en muishond klim nou onder die dekmantel van transformasie op die wa. Die spelers trek die wa, maar daar is te veel saamryers op die wa. Nou het die wiele afgekom. Die begrip transformasie kan ek nog nie kleinkry nie. Elke ding wat nog n die land transformeer het, se wiele het vas geslaan en loop nie meer lekker nie. Wat op dees aarde het die WP rugby unie gedoen om “bankrot” te wees. Ek weet. Daar is te veel varke by die trog. Dit is so met SARU ook. Ons wag en sien. Doen weg met die Springbok, hy is uitgedien. Die Springbok behoort aan die verlede.

Hasie ·

Dit is uiters hartseer om te sê, maar ek sluit aan by Koop en MM. Ek is mal oor rugby en is gewoonlik die hele week opgewonde oor Saterdae se rugby. Daardie is nou heeltemal weg. Ek het ook nie verlede Saterdagaand gekyk nie, en voel glad nie dat ek iets gemis het nie. So hartseer.

Hasie ·

Jammer Koos. Ek het per ongeluk Koop getik, my foon vra verskoning, want hy het dit weer gedoen.

Koos1 ·

Daar’s nie fout nie Hasie. Ek is al baie erger dinge genoem en oorleef nogsteeds!
Spelfoute hier kan ek baie maklik vergewe en vergeet.
Spel foute op ‘n rugbyveld is egter ‘n ander storie!

De Villiers ·

Ek noem SARU se huidige siening oor die punte wat hulle wil aanspreek vir die omkeerstrategie pleinweg ‘beat around the bush’, want hulle spreek alles aan behalwe dit wat die werklike oorsake is, naamlik 1) die wegdoen van die kwotabeleid en enige politieke inmenging, en 2) die kies van spelers wat in vorm is (meriete) in plaas van die kies van spelers waarvan die afrigter hou, wat die afgelope 3 afrigters gekenmerk het. Dan het SARU 90% van hul probleem opgelos. Die All Blacks het ook die afgelope tyd met beserings in sleutelposisies gesit, maar hulle het dit oorkom deur die volgende spelers op meriete te kies. Die kwotabeleid verswak die spansterkte, en dit veroorsaak ook dat sommige spelers oorsese kontrakte aangaan, een van die probleme wat SARU aanspreek. SARU blyk siende blind te wees.

Henry ·

SARU se bestuur, waarvan Alexander aan die hoof staan, is verantwoordelik vir die toestand waarin Springbokrugby homself bevind.

Die jermiades en kunsmatige skulderkennings is gewoon onaanvaarbaar en onvoldoende om die swak leiding en patetiese besluitneming van SARU te verdoesel.

Hulle het vir ‘n laaaaang tydperk die geleentheid gehad om die trotse internasionale status van Springbokrugby te beskerm en te laat gedy maar… jammerlik gefaal.

Doen die eerbare ding – bedank en gee kundige en ervare mense geleentheid om die wa deur die drif te trek.

Julle het geen geloofwaardigheid nie.

MikeT ·

Dis maklik gesê vir hom en al is ek nie groot fan van Allister nie is hy die ou om nou onder die bus in te gooi. Alexander het nog niks bewys of gedoen nie… hy praat net. In April het verskeie Nieu-Seeland afrigters dit voorspel. Afrigter wat nie sy eie bestuur en afrigting span kon kies nie en “kontrak” moes onderneem om kwotas te handhaaf is absurd. Ons het uitstekende spelers … wit en sg kwota maar mens moet tog ordentlike plan en benadering volg want jy het individuele spelers wat as span moet saambind veral omdat hulle vanuit verskillende afrigting in unies uitkom. Maar die ding kom al lang pad…. Ons volg nog steeds Meyer se stampkar rugby en hy het maar geen nuwe jonger spelers begin intrek gedurende sy tyd nie. Mens kan nie van bv paar Lions spelers verwag om skielik te “shine” veral nie as hulle uit omgewing van aanvallende afrigting kom en nou skielik net moet inpas binne paar dae by rugby styl wat die afgelope 5 jaar al mislukking is nie.

Kiepie ·

Hierdie hele verklaring kan in twee sin opgesom word nl: “Ons, die adminsitrateurs wat in beheer is van SA Rugby, is onbekwaan en het gevaal in ons mandaat maar ons gaan nie die regte ding doen en bedank nie. Ons gaan ook niemand van die afrigtingspan afdank nie maar ons gaan eerder nog bietjie voort ploeter en kyk of dinge nie dalk vanself regkom nie.”

Liesl D ·

Tyd dat die SARU hoof dit sê wat dit is Transformasie, Kwota stelsels. Noem die span nou maar sommer die Proteas want Springbokke is hul wragtig nie!

Hennie Theart ·

Hierdie rugby series het my rugby lus gedemp. Ek hoop die borge die straf SARU en ontrek alle borgskappe totdat hulle bewys hulle kan weer rugby groot maak. Alexander klop alklaar by verkeerde deure. Sy oplossings is nie waar die probleme is nie.
Alexander moet “root cause analysis” doen en die probleme prioritiseer.
Hoekom loop ons jong spelers weg?
Hoekom word mense aangestel wat nie die werk kan doen nie.?
Hoe kan provinsiale ondersteuning die bokke help?

Annatjie ·

Kort en kragtig. Luister na die mening van die toeskouers en ernstige rugby ondersteuners. Dit is waar julle geld vandaan kom. Niemand gaan ‘n getransformeerde verloorspan ondersteun nie. Die tyd is lankal verby dat spelers op grond van kleur gekies moet word. As jy nie goed genoeg is om die span op meriete te haal nie hoort jy nie daar nie.

Ruby ·

Mark, as ek my werkgewer in die steek laat, rol my kop.

Wat van jou?

Ondersteuners, borge en uitsaaivennote moet hulle stem hard en duidelik maak. Ek sal begin by my, al betaal julle my weier ek om die wedstryd te kyk.

Pietman ·

Sy sogenaamde voorstelle bevestig net een ding. Die bestuur van SA rugby is te veels te dom om dinge om te keer. Sterkte maar ek dink die beste ding wat die bestuur kan doen is om te bedank. Die manne met die vet pense en plat koppe is soos ‘n meulsteen aan SA rugby. Indien hierdie onbevoegdes nie bedank nie gaan ons maar net verder verswak.

Thyskotze ·

Ek wou die telling Wallis 32 Bokke22 maak maar het vergeet ek het laaste 2 toetse nie gekyk nie want ek het geweet bokke gaan verloor dan word ek kwalik geneem solank kwotas volhou word sal bokke agteruitgaan as ek springbok was sou ek nie my beste gee vir (junk state)nie .Ek voel innig jammer vir nuwe SA VIR VOLGENDE 20 JAAR

P Erasmus ·

Ha ha ha…..
Die man leef in n droom wereld, hoe sal vergaderings die stand van sake verander?
Doen weg met mense wat niks van rugby weet nie en doen ook weg met julle verdomde kwota stelsel en behou so ons top spelers in die land

Nicky ·

Hoekom word als in die land eers goed opgeneuk dan erken hulle hulle het aangejaag en belowe dan om als reg te maak. Hoekom nie dinge van die begin af reg doen ni.

Frik van Staden ·

Kyk lank al nie meer . Dit is die beste protes .Stem met jou voete .

Net die Waarheid ·

…..die probleem is so logies maar het so groot geword dat dit nie maklik weer reggestel sal kan word nie. Dit begin by skole waar talentvolle spelers van meriete weggelaat word om transformasie teikens te bereik. My seun het ‘n paar jaar terug sy provinsie by die Akademie week in Durban verteenwoordig. In hul provinsiale span was ‘n paar gekleurde spelers wat nie eers vir hul skool se 1ste span kon speel nie gekies ten koste van baie beter en talentvolle spelers. Die kinders weet presies wat aanvaan, en besef dat hulle te na gekom word en verloor belangstelling in rugby. Helfte van provinsiale skoolspanne word met transformasie teikens gevul en die wat eintlik daar moet wees verloor belangstelling vir die sport. Baie spelers wat dus deurgaan na die groter spanne moes eintlik nie eers daar gewees het nie. Ons het dus ons rugby basis al so verswak en so ook ons interne kompetisies dat ons eers elke keer realiteit ervaar wanneer ons internasionaal meeding. Om ‘n span soos die All Black’s te klop met ‘n vol meriete span is al verskriklik moeilik, met net 1 speler wat nie op meriete is nie, is dit al hoogs onwaarskynlik…..wat nog van 2 of 3 of meer. Al hoe dit gered kan word sal wees as daar GEEN inmenging in sport is nie. Spelers moet slegs op meriete gekies word….ongeag ras ens. Anders is ons rugby maar net die volgende SAL of ESKOM ens.

Rupert Ashford ·

Ek soek al lank iemand wat die probleem van sy oorsprong af kan beskryf en ook die gevolge. Welgedaan. .. Ek blameer geen jong manne wat sommer van die skoolbanke af al oorsee gaan nie. Nou sien ek die Vrystaat wil ‘n Franse span skadevergoeding laat betaal oor so ‘n geval. Kan hulle die seun waarborg dat hy altyd slegs op meriete beoordeel sal word? Nee.

chrisp ·

Net die waarheid.
Jy doen jou naam gestand. Ek het op MM se berig nl “dieselfde ou storie en ‘n springbokrekord” dit ook probeer tuisbring. Kwotas die afgelope jare op skoolvlak en verder vermoor ons rugby,

Paul dB ·

Net die waarheid…
Jy is heeltemal korrek! Die kwota/poletiek ding begin op slolevlak. Laerskole! Dit verrot die vondasie en laar die standaarde verkrummel. Dit maak dat belowende talent net wegdraai van die, en ander, sport. Kinders op skoolvlak stel nie meer belang nie. Dit is nou maar ‘n feit. Ons rugby is van onderaf deur Kwotas en poletiek verguis! Dit gaan jare neem om dit weer reg te stel en sal op skoolvlak al moet verander!!! Die skole kompetiesie was nog Altyd Sa se stek voedingsaar. Dit is hier waar die sport al agteruit gaan en die nasionalespan is maar net die gevolg van wat op grontvlak fout is! Dit is ook nie net die spelers waar poletieke korrektheid impak het nie, maar ook by die administrateurs! Dus is ons rugby, en sport in die algemeen, in groot moeilikheid, Wat nie sommerso reggestel gaan word nie. Dit geld verseker ook vir die res van die land en die sg “establishment”. Dis opgevoeter deur rassisme en poletiek…..

Seeklong ·

Groot asseblief, doen die omdraai strategie….DRAAI ALLE SPRINGBOK BAADJIES EN TRUIE OM MET BINNEKANT BUITE SODAT ONS NIE MEER DIE BOK EMBLEEM KAN SIEN NIE, GAAN SPEEL DAN VERDER SODAT DIE BOK EMBLEEM NIE VERDER DEUR DIE MODDER GESLEEP WORD NIE.

Johan Coetzee ·

Hier is die oplossing: verwyder alle blanke spelers, die span moet soos bafana bafana, swart wees. Dan is hulle mos op dieselfde vlak as sokker en gaan dus alles verloor soos bafana. Ek kyk eerder tele tubbies op tv as rugby!!

Help Tel ·

Hoeveel goeie Suid Afrikaners speel oorsee? Hoe lank dreig julle met kwotas en borge wat onttrek agv geen/te min transformasie ens? Ongelukkig pluk mens nie onmiddellik die vrugte van dom politieke besluite nie, jy pluk dit eers heelwat later. Een nou jou VY!

Jan maak n Plan ·

Die hele SARU direksie moet ‘GEFIRE’ word. Laat die sogenaamde transformasie en politiek weg. Privatiseer SA Rugby m.b.v. erkende mense wat al gebloei en gesweet het vir die Springbok trui, soos Jake White, Rassie Erasmuns, Nick Malletn Naas Botha, ens. Dan sal rugby stadig maar seker regkom.

Oom Piet ·

Daar is niks fout met ons rubyspelers nie , die fout is die regte manne word nie gekiesnie . Om hierdie probleem op te los moet daar weer proef wedstryde gehou word om die beste manne in aksie te sien . Daar moet ses spanne gekies word wat oor ‘n tydperk van twee weke ten mekaar uitgedun word en dan kan die keurders die beste manne identifiseer. Eerstens moet daar ses keurders gekies word wat die spel ken.

Vark ·

Ag nee Alexander jy hoef glad nie om verskoning te vra nie – ons het dit nie net geweet nie maar ons sè dit vir julle al vir jare – BEDANK net dan hoef jy jou nie meer oor die “stuff” te bekommer nie

Arie ·

Ek stem! Die hele Sarfu moet bedank die bokke het professionele bestuur nodig nie n spul…. O mag nie Die woord gebruik nie……

Johan ·

Kan Maroela Media hierdie kommentaar asb net so aanstuur vir Saru, dan spaar hulle sommer baie geld op onnodige vergaderinge… Terloops, daar word al 20 jaar teen nie-swart kinders gediskrimineer by al die sporte, nie net rugby.

miv ·

Boikot die rugby. Laat Solidariteit vir ons n lekker rugbyspan bymekaar kry.

kat ·

JA ne nou het julle met julle kwotas dit reg gekry om die springbok te verneuder en so ook die trotse rugby manne.julle moet julle goed vat en voetsek en rugby vir die regte mense los

Jan ·

DSTV net so skuldig. De Villiers genadiglik van die veld af. Sit nou lekker in die ateljee. Nou is hy skielik slimjan. Weet kamtig nou hoe en wat wie moet doen op die veld. Gelukkig pas sy skielike wonder kennis by swak rugby.

Oom Kalahari ·

Sedert rugby deur politiek oorgeneem is, het dit ‘n speelbal van ‘n ander rigting geword. Die geleidelike ontrekking van ondersteuning deur die publiek is sigbaar en verskyn die woord rugby en veral “Springbokke” minder op mense se tonge. Dalk moet sy Edele Mnr Fikile liewer oorweeg om van die “Springbok embleem” onslae te raak, net kwota spelers aanstel en nuwe borge bekom onder die swart elite en hul geaffileerde swart bemagtigings maatskappy bekom en rugby na nuwe wêreld hoogtes lei. Die tyd is nou ryp vir nuwe hoogtes tot ‘n volledige swart span soos ook al voorheen voorgestel deur Mnr Marius Fransman in die Kaap. Met tong in die kies, kom dit werklik voor of die witspelers die status van wêreld rugby en Internasionale posisie huidiglik benadeel.

Johann ·

Van n minder fanatiese rugby ondersteuner: wonder hoe voel dit om aan die ontvangkant te wees van n “beleid” wat se jy hoef nie goed…of goed genoeg…of beter…of beste te wees in enigiets nie. Solank jy swart is…net nie wit nie. Word nie gekies op grond van kompeterende hoë WERELD standaarde nie..nee wat…standaatde se ouma. PATETIES….ek sal my GAT af skaam as ek onder sulke “standaarde” my gesig moes wys as n “uitverkorene”. Maar dan oorweldig n gewetenlose kultuur van selfbeheptheid ons land….?

jan ·

Hy klink soos ANC . Kletsvergaderings en komitees wat op niks uitloop nie. En die afrigter trek die Zuma kaart. Gaan nie bedank nie. Het sy kontrak nie ń prestasie-klousule nie?

Johan ·

Die grootste verloor “game” wat die Springbokke in die gesig staar is die verloor van hul ondersteuners.

REAList ·

Die grootste verloor wat rugby in die gesig staar is die onttrekking van hul borge asook leë paviljoene.
Die hele spel is gebaseer op finansiele vergoeding – van bo tot onder.
Dit gaan die borrel laat bars.
Ek ondersteun rugby nie meer met tyd of geld nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.