Saru-president vaar uit teen transformasie-kritiek

Oregan Hoskins. Foto: Saru/Facebook

Oregan Hoskins. Foto: Saru/Facebook

Oregan Hoskins, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), het Woensdag in ʼn ope brief aan Suid-Afrikaners gesê rugby het sedert 1992 op “groot skaal getransformeer”.

“Een-en-dertig trotse Suid-Afrikaners, hul afrigter en bestuurspan klim Vrydag op ‘n vlug na Londen om op ‘n groot avontuur te gaan, met een doel voor oë: om die Rugbywêreldbeker terug te bring vir hul mede-Suid-Afrikaners,” begin Hoskins sy brief.

Hy sê verder nie een van die spelers het homself gekies vir die span nie. “Tog is daar diegene wat hulle teëspoed en selfs mislukking toewens as ʼn vorm van protes teen rugby en dit wat hulle as ons transformasierekord beskou.”

Volgens Hoskins het transformasie in rugby sedert 1992 op groot skaal plaasgevind. “Die idee van ‘n ‘eksklusiewe’, ‘wit-gedomineerde’ spel is om die minste te sê, lagwekkend. Wat ons is, is ‘n suksesvolle, hoë werkverrigting-sport in ‘n mededingende internasionale omgewing; ons is ‘n verantwoordelike korporatiewe Suid-Afrikaanse burger en ons is ‘n sake-onderneming. Ons besef om relevant en vol entoesiasme en energie in ons land te bly, moet ons ontwikkel.”

Hoskins noem verskeie “mylpale” wat volgens hom reeds deur Saru bereik is in terme van trasformasie. Hoskins verwys onder andere na die transformasieberaad wat in November 2012 gehou is en ʼn verslag wat daarna bekend gestel is. “Ons het dit gedoen omdat iemand truie gebrand het of ons hof toe gevat het nie, maar omdat ons duidelik die pad vorentoe kon sien en presies geweet het wat gedoen moet word. En dit was nie net oor die getalle in Springbokspan nie.”

Hy het ook uitgevaar teen die kritiek dat daar slegs agt swart spelers in die span van 31 spelers is. “In ons digbevolkste provinsie, KwaZulu-Natal, speel 97% van die skoolseuns nooit rugby nie. En die persentasie is dieselfde in Limpopo, Noordwes en Mpumalanga, vier van ons grootste provinsies waar slegs 3% van seuns toegang het tot rugby op skool. Dit is nie veel beter in Gauteng, die Vrystaat, die Noord-Kaap of die Oos-Kaap waar 85% van seuns nooit toegang het tot rugby op skool nie. As jy nie op skool begin rugby speel nie, sal jy nooit ʼn Springbok word nie.”

Hoskin eindig die ope brief met ʼn versoek aan Suid-Afrikaners om die Springbokke te ondersteun tydens die Wêreldbekertoernooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Tascha ·

Dis alles goed en wel maar kan Mnr Hoskins dan verduidelik waarom daar in baie Engelse skole wit kinders is wat sokker leer speel maar daar slegs 1 wit persoon in die nasionale sokker span is? Mnr Hoskins jy kan maak en sê wat jy wil maar SARU het toegelaat dat politiek by die spel betrek word en dit is om daardie redes dat daar eerder gefokus word op kwotas instede van spelers wat kan speel, en dit is myns insiens die grootste rede hoekom die Sprinkbokke nie gou weer ‘n wêreld beker wedstryd sal wen nie!

louis ·

Ja ne. Nou praat hy eers… Maar was doodstil toe Cosatu hulle eiers gele het.

chris ·

Wie’s ons Willie?
Ek is saam met Jurgens op die een.

All Blacks en Iere vir my.

Jurgens ·

Ek kla nie oor spelers van kleur in ons huidige springbok span nie want dit is nie swak keuses vir wat heineke moes doen onder omstandighede en druk van regering en organisasies nie. Ek stem net nie vir die springbokke nie want ons speel vir n land wat onder beheer is van n regering wat my taal en mense wil uit wis… Asof ons nog nooit n doel gehad het nie… My hartseer is dat mense vandag word gebore met n plakkaat op hulle voor kop wat se “gebore n rassis om dat hy wit, afrikaans asook omdat die regering so se” en ek aanvaar nie sulke beledigings nie….

paul ·

Hy het eers iemand gekry om vir hom die brief te skryf, wat weet wat aangaan,,dit is hoekom hy nou eers die brief stuur

Lynette ·

Ek mag dalk verkeerd wees, maar ek dink nie sy brief was op ons gemik nie. Ons het nie gekla dat daar te min transformasie in die span plaasgevind het nie. Dus moenie die arme man sommer oordeel nie.

Fanie ·

Feit is SARU het sedert 1992 meer verrig, uitgerig en gevorder as ons regering aan bewind.
En nou word hulle nog gekruisig ook deur ANA.
Wat het ANA gedoen?
Jy kan nie ‘n sokkerspeler in ‘n rugbyspan laat speel en resultate verwag.

pop ·

Ag hou tog op neul en kla. As niemand iets se nie dan mor julle, en as iemand wel iets se dan mor julle harder.

Estelle ·

Ek dink hulle sal eers tevrede wees as hulle rugby af getrek het tot op die standaard van sokker!! Wat is hulle kommentaar op die laagtepunt van Bafana Bafana?

Kobus ·

Ek dink sy woorde is reg. Transformasie beteken nie 90% spelers van kleir nie. Die sisteem het wel verander. Daar is n groter meerderheid blankes wat rugby speel as enige ander ras of kleur. Go Bokke!

ekke ·

As ‘n ou dit verdien kan hy seker die plek kry. Weet net altyd so lekker of dit die spelis wat dit verdien nie of die kleur van die vel is wat dit verdien nie

J.Z ·

John Voster is beskuidig dat hy politiek in sport toegepas het.Maar vandag se ANC laat hom na n sondagskool piekniek lyk.hulle druk nie net hul politieke neuse in sport nie,hulle kies somer die speelers ook.of is agtergebleewe te swak om dit te verdien?.

Leona ·

Ek stem. Ek is 100% agter Hoskins omdat jy oop en eerlik oor die aspek praat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.