Saru-president verdedig Kolisi ná uitlatings

Siya Kolisi die Springbokke se kaptein, voel dat oudpres. Nelson Mandela nie rassekwotas sou steun nie. (Foto Facebook)

Die president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het sy steun toegesê aan die Springbokkaptein, Siya Kolisi, en sê die omstredenheid oor dié se uitlatings oor transformasie was ʼn geval van mense wat “ʼn berg van ʼn molshoop maak”.

Mark Alexander het terselfdertyd Saru se transformasiebeleid verdedig en sy standpunt dat daar “geen kwotaspelers in die Springbokspan is nie” herhaal in ʼn onderhoud met die Afrikaanse Sondagkoerant Rapport.

“Siya het iets in sy privaat hoedanigheid gesê en mense moet kyk na wat hy in die geheel gesê het,” meen Alexander. “Mense het na net ʼn klein deeltjie [van sy uitlatings] geluister en op grond daarvan hul mening gevorm.”

Kolisi het sy mening teenoor ʼn Japannese koerant gelug en gesê wyle oudpres. Nelson Mandela sou nie ʼn kwotastelsel in rugby ondersteun het nie. Hy het ook gesê hy sou nie op grond van sy velkleur vir die span gekies wou word nie.

Dit het tot ʼn reuseherrie in die sosiale media en koerantrubrieke gelei waar talle aanhangers en waarnemers van hom verskil het.

Geen speler is in die Bokspan omdat hy swart is nie.

“Saru het nie kwotas nie,” het Alexander bygevoeg. “Ons mik na transformasiedoelwitte wat belangrik is vir die oorlewing van Suid-Afrikaanse rugby. Ons wit en bruin bevolking is aan die krimp en as ons teen 2039 steeds relevant wil wees, moet ons transformasie aangryp.”

Volgens hom is geen speler tans in die Springbokspan wat gekies is omdat hy ʼn kwotaspeler is nie.

“Geen speler is in die Bokspan omdat hy swart is nie,” het Alexander gesê. “Elkeen verdien om daar te speel omdat hy hom keer op keer bewys het. Kyk maar wie druk die drieë.”

Hy meen sekere magte, wat ʼn probleem met Kolisi as die eerste swart Springbokkaptein het, probeer verdeeldheid in Suid-Afrika saai.

“Verlede jaar was daar gerugte dat hy sy plek in die span of sy kapteinskap sou verloor,” het Alexander gesê. “Dit was fopnuus.”

Hy sê al probeer sommige mense onenigheid saai, “weet Siya waar hy staan en wat gedoen moet word”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Willie ·

Ek Wil graag weet hoeveel swartonderwysers rig middae rugby af in hul vrye tyd, gratis.?

Fanis ·

Wat wil SARU nou eintlik sê? Smaak my dit is maar net weer mooiweerspraatjies.

Johan ·

Syia hoort in elk geval nie in die span nie.
Daar is verseker beter flanke wat nie gekies word nie

Anel ·

Hy is in elke geval net kaptein in naam. Kyk maar wie het al die besluite op die veld gemaak. Ons as publiek is nie blind nie!

Docpietza ·

Gaan vra die hoofafrigter wat sy doelwit met transformasie “MOET” wees. Tog gaan hy nie dit bekend maak aan publiek nie anders is hy sy pos kwyt. Dit is maar n kwota stelsel en jammer vir almal wat ly daaronder(alle spelers ingesluit).

Swartwolf ·

2018 was sy doelwit om gemiddeld 45% van sy span op die veld kwota spelers te he. Vir 2019 is dit 50%. Dis hoekom die toets teen Wallis in USA en die All Black toets op Loftus laasjaar sulke rampe was want hy moes in druk tye die kwotas laai om by sy doelwit uit te kom. So die grap is dat die afrigter se hoof doelwit word ‘n kleur kwota op die veld en nie ‘n toetsoorwinning nie.

Al ·

Siya Kolisi praat waar woorde. Mooi so!
Hy verdien ñ plek in die span want hy speel goed.

Droom Al ·

Al, jy Moet nie die game heeltyd ‘rewind’nie dan sal jy dink daai wat laaste is lyk vir jou goed en heeltyd course. Hy IS Kwota en speel SWAK ALTYD!!

Wdp ·

Het regstellende aksie, bee en transformasie nie al in mandela se tyd begin noe

willem Botha ·

Die rugby behoort geboikot te word deur internasionale lande,dit is mos duidelik dat van die swart spelers afgeforseer word of hulle in n provinsiale span hoort of nie ,kies die vyftien beste spelers ongeag van kleur of ras dan sal ek weer sa rugby ondersteun .Huidiglik ondersteun ek die all blacks.

Cherokee ·

As jy die all blacks ondersteun sal jy binnekort SA rugby ondersteun.

nic b ·

jy is reg .jy speel omdat jy daardie plek verdien moenie jou steur aan die rassiste nie Nic

Staak saam ·

Ek kyk nie rugby nie maar ek sien die rugby gemeente hou nie van hulle gekleurde priester nie.

nic b ·

Die wat niks weet en anders niks gun lewer altyd kommentaar Nic

Valkyrie ·

Ja Alexander… en Valkyrie is my regte naam.
Suid Afrika… ons verlang

Gaap ·

Ek en amper al my vriende kyk nou al vir jare nie meer rugby nie, dit is gekaap deur die politici en groot besighede vir advertensies.

Eddy ·

Ek was en is nog nooit n SiyaKolisi ondersteuner nie.Hy is ook nie n leier op die veld nie(ook nie Etsebeth nie,met sy stampkar rugby).Dis maar net om swartes se beeld te poets en te wys DAT daar moet n swart kaptein wees dat Siya kaptein is.Ek glo steeds Warren Whiteley is die ou,net jammer beserings het hom gekniehalter.

Viv ·

Wonder net of die wat die driee druk nog die driee kan druk as die bal nie aan hulle gevoer word nie?

Sanet ·

Stem saam Viv. Ek kon nie glo die stelling word gemaak “kyk wie druk die driee”, WOW het hierdie slim ou gekyk hoe die bal by die vleuels uitkom. Ek kan nie glo dat hierdie mense van my verwag om hulle meriete stories te glo nie. Ook my liefde vir die sport agv die gemors verloor.

Ian ·

Wie die meeste drieë druk. Regtig !! Ons sukkel so by onder 9 spanne om die kinders te laat besef dis die SPAN se drie. Die vleuels rond gewoonlik net die beweging af. Gun wonder die spel by die seniors wil nie vloei nie en elkeen wil SY drie druk. Dit is sulke ondeurdagte kommentaar wat maak dat die seniors so sukkel

Blaarman ·

Sy opmerkings is onpopulêr en kon hom sy loopbaan kos. Tog het hy gekies om die waarheid te praat.

Dit toon besonderse karakter, integriteit en leierseienskap.

Renier Lubbe ·

Hoeveel keer word daar ‘n berg van ‘n molshoop gemaak oor iets wat ‘n witmens gesê het?

Jean. ·

Ja Mark en hoekom raak die blankes en kleurlinge minder? Omdat hul immigreer ?Hoekom immigreer hulle Mark aangesien jy mos al die antwoorde het?
Miskien iets te make met omdat daar teen hul gediskrimineer word op elke vlak al dan nie??
Te blank om werk te mag vind, te blank om n voorkeer te mag he in watter taal jy ogevoed mag word.Te blank om grond in Suid Afrika te mag besit! Te blank om sy eie sport te mag speel!Wie het Springbok rugby so n wereld krag gemaak in Suid Afrika ? Suid Afrika rugby is verlore Markie soos jul als wil transformeer en dit is net n kwessie van tyd dat lande soos NZ en Australia sal se om teen Suid Afrika se Ngunis te speel is tyd mors….Nee wat ou Markie n kwota bly n kwota en dit sal bly wys op die wereld ranglys… Wie dink jy fool jy my ou?

@ SjN ·

Absoluut! Mark is ok net nog n clueless kwota! Daar om transformasie te help versnel na die afgronde toe in nes alles in Suid Afrika…

Diefie ·

Kinders speel mooi met mekaar. Blaarman ek stem nogal saam met jou.

JohanL ·

Ai maar kan die man (Marl Alexander) nie gorrel nie.

Aan die een kant is daar geen kwota stelsel nie, maar aan die ander kant het SARU ‘n amptelike “teiken van 50% anderskleurige verteenwoordiging” teen 2019 se Wereldbeker. Dan praat Alexander mos sommer nonsens.

Daar moet net een kriteria wees en dit is meriete. “Finish and klaar”.

Superfilly ·

Wat is die verskil tussen transformasie en kwotas in forseer?

Jacques ·

Die “game plan” vir SA rugby is van die kleinste uotjies tot die groot manne presies dieselfde , want SARU het dit so besluit . Kyk as skool panne speel en as die Springbokke speel , dit is dieselfde .Waar is die wit spelers in die sokker spanne ?????

Edward ·

Die belangrike waarheid wat Siyakolisi uitgelig het is dat Madiba nie ‘n pad van kwotas sou stap nie. Meeste wit seuns begin al op 6 jaar rugby speel. Vat nou die pad deur Hazyview, Bosbokrand en Acornhoek en jy sien 30 skole langs die pad sonder enige sportgeriewe. Hoeveel skole in tradisionele swart gebiede het nie sportgeriewe nie? Die slim ministers moet liewer hulle vingers iewers uittrek en hulle geld sit waar hulle grootmonde is.

Lindtjies ·

Rugby is maar nou net nie meer dieselfde as ‘n paar jaar terug nie. Net soos baie ander dinge in Suid – Afrika wat agter uit gaan. Goeie rugby spelers gaan almal vir oorsese spanne speel.

Swartwolf ·

Kolisi moet krediet moet kry vir sy opmerkings oor kwotas asook dat hy die tekortkominge op skoolvlak uitwys. Daarvoor verdien hy respek want wat hy se is wat die cANCer nie wil hoor nie. Mark Alexander moet nou intree en mooi broodjies bak want hulle kan nie nou vir Kolisi fire as kaptein in die wereldbeker jaar omdat hy die waarheid praat nie. Wonder wat sou gebeur het as ‘n wit bok kaptein dit gese het ? EFF en BLF sou ge “white capital en white priviledge” het tot ons moeg is daarvoor en Rassie sou gedwing wees om ‘n ander kaptein te kies deur die minister van sport. Dis eintlik ‘n grap. En in elk geval is Kolisi nie regtig die beste speler in daai posisie of die beste leier in die span nie. Tussen Vermeulen, Pollard, Marx en du Toit kan enige een van hulle kaptein wees want hulle is almal natuurlike leiers. En almal van hulle tel onder die beste in hul posisie in die wereld.

bollie ·

Kolisi is ‘n gebore leier en goeie speler. Net ontslae raak van die useless afrigter.

Swartwolf ·

Die kwota priesters moet nou versigtig wees wat hulle verkondig, hulle eie kwota leier skiet die sisteem in die publiek af saam met ‘n horde internasionale rugby figure maar hulle hou aan die afrigter blameer terwyl die kwotas op die afrigter afgedwing word. Hoe sou die Bokke presteer het SONDER afgedwonge kwotas ? Dan was daar niks fout met die afrigter nie of wat ? Of moet ons weer praat oor die duidelike impak van kwotas bv Bokke vs All Black Loftus 2018 ???

kolla ·

Daar’s net 4 spelers van kleur in die beginspan, almal uitstekend en jy kla. Elke swartspeler in die span is op meriete daar. So terloops, die wit ouens wat as reserwes opgekom het in die Loftus toets het SWAKKER as die swart plaasvervangers gevaar. Gaan kyk maar weer. Rassie moet die skuld kry vir die fiasko, hy was nie gedwing om enige speler te vervang gedurende die wedstryd nie.

Swartwolf ·

Die kwota priesters moet nou versigtig wees wat hulle verkondig, hulle eie kwota leier skiet die sisteem in die publiek af saam met ‘n horde internasionale rugby figure maar hulle hou aan die afrigter blameer terwyl die kwotas op die afrigter afgedwing word. Hoe sou die Bokke presteer het SONDER afgedwonge kwotas ? Dan was daar niks fout met die afrigter nie of wat ? Of moet ons weer praat oor die duidelike impak van kwotas bv Bokke vs All Black Loftus 2018 ???

Swartwolf ·

Beginspan 4 spelers van kleur dus 26% van die 15 bokke op die veld. Sommige van hulle kwotas. Bokke 30 All Blacks 13 met 18 min om te speel. Tussen dan en einde van die wedstryd maak die afrigter 6 subs, almal kwotas behalwe Koch en Snyman. Eindtelling Bokke 30 All Blacks 32. Gekleurde spelers op die veld meeste kwotas 8 of 53% van die 15 bokke op die veld. Die afrigter moes die bank waarvan meeste kwotas is in die spel sit om so na as moontlik aan sy 45% kwota doelwit te kom. So op 62 min bokke voor met 17 punte. 4 kwota subs later en bokke staan 19 punte af in 18 min. Wil jy nog stry oor kwotas in die toets?

Rugbyheld ·

Hy se, swart spelers is daar omdat hulle verdien om daar te wees, ‘kyk wie druk die driee’ ??? Is dit nie die hele span wat saam werk om n drie te druk nie ? Wie skop die beste ? Watter ouens se taktiek is beter ? Ai, enige iets om net die kwotas te regverdig en goed te laat lyk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.