SARU sê oor rugby-uitsaairegte

Foto: ASICS / SA Rugby.

SA Rugby het Vrydag ’n twee dae lange vergadering oor die uitsaairegte van rugbywedstryde afgesluit wat met die departement van sport en rekreasie asook die vakbondfederasie Cosatu gehou is.

Jurie Roux, hoof uitvoerende beampte van SARU, het gesê die vergaderings is in ʼn goeie luim gehou en dat hulle “beslis vordering gemaak het in terme van die dialoog oor die onderwerp van uitsaairegte”.

Volgens mediaberigte het Cosatu vroeër aangedring dat rugbywedstryde ook regstreeks op SABC-kanale uitgesaai word.

Andy Calquhoun, woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) het gesê daar is bestaande ooreenkomste in plek rakende die uitsaai van rugby in Suid-Afrika.

“As dit nie vir die geld was wat deur dié ooreenkomste gemaak word nie, sal rugby in ons land nie kan oorleef nie. Dit laat ons toe om in die spel te bly,” het Calquhoun gesê.

Volgens hom het hulle ooreengestem om weer met al die relevante partye te vergader en met hulle te skakel oor die werking van die uitsaairegte van plaaslike wedstryde in die toekoms.

Calquhoun het aan Maroela Media bevestig Saterdag se wedstryd teen Nieu-Seeland sal soos normaal regstreeks op DStv uitgesaai word en twee ure ná afskoptyd op SABC-kanale.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Stoffel ·

Hoekom op dees aarde sal Cosatu wil he dat die wedstryde op SABC regstreeks wys ? Sal hulle nie liewer die sokker wedstryde wil aanmoedig nie, bedoel dit nou nie lelik nie maar dink daar is veel meer kykers wat belang stel in Bafana as in die Bokke.. en buitendien, soos hulle albei nou speel, weet ek nie of enige iemand na hulle regstreeks in elk geval meer wil kyk nie

Chris ·

Ek het nie veel tyd vir COSATU en die heer Ehrenreich nie. Een ding waarmee ek saam stem is die aanslag teen SARU. Looi hulle. Ek het dit al sien kom, dat die toeskouers aan die spelers voorgestel word. Dit is ‘n geldmaakstorie van eerste water.

lollie ·

Ek het ook nie veel tyd vir COSATU nie maar hier pak hulle iets aan wat vir die algemene publiek van belang is en i.p.v deur onmiddellik negatief te reageer, behoort ons hulle in die saak te ondersteun. Sokker en krieket kry regstreekse dekking en daar is geen rede hoekom rugby uitgesluit moet word nie . Dit gaan nie alles oor geld nie (alhoewel die fatcats by SARU ons dit wil laat glo). Dis in elk geval vreemd dat hoofborge soos MTN nie hier ingryp nie, groter blootstelling beteken meer besigheid vir hulle..

Koos ·

Ehrenreich het kennelik nie Rekeningkunde 101 geslaag nie. Die SABC kan nie betaal nie, en sonder eerste aanspraak op intydse uitsendings gaan DSTV nie betaal nie.

lollie ·

Geld dieselfde nie vir sokker en krieket nie? Sover ek weet het DSTV al daai uitsaairegte ook maar wedstryde word steeds op SABC uitgesaai. Plaaslike toetse in alle sportsoorte behoort regstreeks deur die openbare uitsaaier uitgesaai te word. SARU kan dit laat gebeur maar hulle sien net die dollar signs.

Willem ·

Een naam: Naspers
Hulle neem in elk geval al ons spelers se gelde.
Ek staan nie op vir COSATU nie maar hulle vat ‘n groot reus aan wat niemand durf doen nie.
Super sport(NASPERS) beheer ALLE regte op sport , Ja tot skole rugby(waar is die geld vir die skole?)dit het dalk tyd geword om ander rigting te kyk.
Dink mooi daar oor.

Wdp ·

Wonder of daar even cosato lid is wat regtig in rugby belangstel

Marius ·

Ek is nie ‘n Cosatu aanhanger nie maar ek stem heelhartig saam met hulle oor dié een. SA-rugby maak miljoene met toets-uitsaairegte en Jurie Roux en kie lag al die pad bank toe. Ek dink dis pure uitbuitery. Ons is lankal nie meer ‘n rugbykrag nie maar mense moet steeds ten duurste opdok vir toetse op DSTV. Koos Bekker (NASPERS) belê reeds elders met die miljoene wat uit DSTV gemaak word so hulle is veilig as alles ineen tuimel op ons aandelemark. Proporsioneel word byna niks in rugby belê nie. ‘n Kamtige besoek van ‘n paar beskikbare springbokke aan een of ander township en dan noem hulle dit ontwikkeling. Dis ‘n bemarkingsfoefie. Jammer maar Cosatu is reg oor dié een.

Boet Fasie ·

Stem saam dat rugby regstreek op SABC uitgesaai word, sokker word op SABC en omtrent al wat Supersport is uitgesaai, wat vir een geld, geld seker vir almal.

JOHN COX ·

Rugby spelers se salarisse is nog altyd n groot geheim, ek wonder hoekom ? Of is da dalk iemand wat weet wat “PAY” hulle . (bokke en provinsiaal)
Om na hulle te kyk kos ons amper n duisend Rand p/m. Ek dink dit is ondeursigtig ,ons betaal ons het die reg om te weet.

Leahim ·

Ek stel glad nie meer belang in ons kastige rugby nie kan nie eers onthou wanner laas ek n n wedstryd van die sharks gekyk het nie.

Anita ·

Ons het afgetree kan nie meer die duur DSTV bekostig nie. Ons sien nou nooit meer enige rugby op tv. Ons sport kanale is nou net permanent SOKKER. Dis n skande geen wonder die bokke verloor in hulle nersderms in. DSTV julle ontneem baie mense van hulle geliefde sport!!! Kamtige Rugbymal land wat geen wedstryd mag kyk nie. Die groot baas van DSTV haat rugby hy is n sokkerman!!!!!

Pietie ·

Baie geldinge argumente
DSTV ly aan chroniese inhaligheid en is te arrogant om aanspreeklikheid teenoor die breë publiek te aanvaar.

Nico ·

Departement van Sport en Reakreasie ? Wat het van die Departement van Sport en Ontspanning geword? Om watter rede is die “Ontspanning” nou verander?

Nico ·

Jammer, ek is so uit die veld geslaan dat ek selfs spelfoute maak … Rekreasie!!!!

Callie ·

Sonder die geld uit uitsaairegte sal daar slegs amateur rugby oorbly. Einde van rugby in SA. Dalk kan dit die proses verhaas. Daar is nie veel oor met AC en sy kwotas en belaglike spankeuses nie

Uncle Buck ·

my vraag is net hoekom moet almal wat geld het bevoordeel word. Die mense ,alle rasse, kry nie so ‘n groot salaris soos sommige mense nie en wil ook maar graag rugby kyk. Dit is net premium wat rugby uitsaai en al die ander kanale nie. Ek vra net hoe regverdig mens so ‘n ding. Lyk my as jy geld het kry jy alles, bokker die res tot daar stemme gewerf moet word, dan draai die wiel vir ‘n wyle

Petro ·

Ek het die premium pakket en sou graag my dstv wou laat afsit maar kyk graag rugby. Dit sou n aanwins wees om die rugby per direkte uitsending op Sabc te kan kyk dan spaar ek amper n duisend rand n maand.

Manie ·

Ek het al verskeie kere hier gesê dat DStv byt veral die blankes en rugby liefhebbers uit. Rugby was net op die duurste opsie beskikbaar. Sokker op al die goedkoper opsies

Leon ·

En nie ‘n woord van SARU oor die oproep om wit strike te dra in solidariteit teen plaasaanvalle nie!!

Irene ·

Kyk al lank nie sport nie dit val onder ons politiek en moeg vir dit so hou maar die sport

Boet Fasie ·

Leon die dra van wit bandjies hou nie vir SARU geldelike voordele in nie en daarom sal nie enige aandag kry nie.

Leon ·

Boet Fasie jy is seker reg op kort termyn. Indien SARU egter die oproep, wat ek glo deur talle rugby ondersteuners gesteun word, ignoreer, sal die verdure vervreemding uiteindelik hulle sakke raak. Kyk maar in watse gemors is krieket waar tradisionele ondersteuners meer en meer wegbly van wedstryde.

Daagliks sien ek kommentaar op Maroela Media m.b.t. berigte oor plaasaanvalle waar mense vra “….wat kan ons doen?”. Hier is nou ‘n effektiewe wyse om aandag op die moorde op Boere en hul werkers onder die aandag van die wereld te bring. Boikot internasionale wedstryde asook die bod om die 2023 toernooi aan te bied.

Japie ·

Ek hoop regtig cosatu het sukses hiermee. Dit sal wonderlik wees as ons almal weer rugby kan kyk sonder om dstv se duur pryse te betaal.

Soos die bokke tans speel moet rugby maar na die cartoons kanaal skuif.

Koos ·

Meeste van julle is net teen cusato se idee omdat julle teen cusato is. Plaas julle dit ondersteun. Dit sal gaaf wees as almal rugby op sabc verniet kan kyk.

Boet Fasie ·

Stem saam Leon, kyk hoe effektief is die Spur boikot nogsteeds na maande, die gemeenskap kan ‘n verskil maak as hulle net besef hulle geld praat en kan besighede seermaak.

Francois le Cochon ·

Hierdie keer stem ek saam met COSATU. Hoekom is rugby, en dan veral Springbok rugby, slegs toeganklik vir die rykes. As die Springbokke vir die Land speel, hoekom kan net die rykes die uitsending lewendig kyk. Speel die Springbokke dan regtig vir die hele Land, of net vir die rykes in die Land?

Piet Nel ·

Ek stem saam. Al kan ek dit bekostig het ek ook nie die grootste DSTV pakket nie, dis geldmors.

Piet Nel ·

Rugby kan slegs op die duurste DSTV pakket in SA gekyk word. Geen wonder die belangstelling daaraan kwyn onder die publiek nie en kinders nie.

Kos op tafel ·

Lig jou agterend en los rugby wees eerder betrokke by voedsel vermeerdering,Die all blacks gaan seker vannaand kos skenk aan ons, want vannaand se wedstryd het ons n paar miljoen landbou ure gekkos!Doen eerder iets wat tot voordeel van die land is,asb mense more is almal honger en die game verby! Kom ons kry ons dinge reg in n beproefde tyd van ons wese!

Toppie ·

Kos op tafel – Jy boer ook nie vreeslik hard as jy tyd het om op MM kommentaar te lewer nie, almal is nie in die landbou betrokke nie , maar verdien ook ons daaglikse salaris.

Boet Fasie ·

Klink vir my soos ‘n bakkie boer, sit en drink koffie ‘n die bakkie en laat die volk boer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.