Sasco verloor by KZN-kampusse oor ‘interne redes’

Die South African Students Congress (Sasco), wat met die ANC verbind word, het Maandag gesê die verlies van vier sleutelkampusse in KwaZulu-Natal is weens sy eie swakhede en nie omdat opposisiepartye verstewig het nie.

Sasco het die afgelope maand sy meerderheid studenteraad (VSR)-posisies aan die Ekonomiese Vryheidsvegters se studentevereniging (EFFSC) afgestaan.

KwaZulu-Natal is ʼn ANC-vesting en die EFF is ʼn klein rolspeler in die provinsie se politieke arena, so dié gebeure het die ANC onkant gevang, veral in die lig van die nasionale verkiesing wat in 2019 plaasvind.

Die EFF het in die begin van September al agt setels by die Durban- Universiteit van Tegnologie verower (EFFSC 8 setels, Sasco 0), en agt setels verlede week teenoor Sasco se drie setels by die Mangosuthu- Universiteit van Tegnologie (EFFSC 8, Sasco 3).

Die EFF het oor die naweek ook die verkiesing by die Universiteit van Zululand gewen en al tien setels by Sasco oorgeneem. Hulle het ook al tien setels by die Universiteit van KwaZulu-Natal se Howard College-kampus verower.

“Ons is baie jammer oor die verliese wat ons op vier kampusse gely het. Hierdie verliese kan slegs toegeskryf word aan ons eie interne swakhede, en nie die sterkte van ons ideologiese opponente nie,” het Mqondisi Duma, voorsitter van Sasco in KwaZulu-Natal, tydens ʼn perskonferensie by die ANC se provinsiale hoofkantoor in Durban gesê.

Duma het gesê hy neem kennis van “vals gerugte” wat die verliese by sommige instansies vergroot het.

“Dit is belangrik om te noem dat Sasco 98 VSR-verkiesings uit die 102 kampusse in KwaZulu-Natal, insluitend TVET-kolleges en universiteite, universiteite van tegnologie, en privaat instansies van hoër onderwys, gewen het terwyl die EFF slegs op vier kampusse die verkiesing gewen het,” het hy bygevoeg.

“Daar is geen behoefte om die politieke paniekknoppie te druk nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Keelvol ·

Los die politiek op die kampusse en bepaal julle aandag by die akademie.
Dit is die hoofdoel van ‘n kampus.

marous ·

As een verswak en die ander nie , dan het die laaste verstewig .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.