Sascoc: ‘Caster-uitspraak is massiewe keerpunt’

Caster Semenya. (Foto: Reg Caldecott / ANA)

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Sascoc) het die uitspraak van die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS) teen Caster Semenya veroordeel.

Dit kom nadat die CAS Woensdag teen die 28-jarige Semenya, ʼn Suid-Afrikaanse atleet, beslis het in ʼn regsgeding om die Internasionale Vereniging vir Atletiekfederasies (IAAF) se nuwe reëls oor testosteroonvlakke in die liggaam te betwis. Die CAS het albei versoeke vir arbitrasie in die verband van die hand gewys.

Semenya sal nou gedwing word om vir ses maande voordat sy deelneem medikasie te neem om haar testosteroonvlakke te verlaag.

Semenya wat jare gelede deur dieselfde omstredenheid gegaan het en toe haar saak gewen het, het ʼn span kenners gehad om die IAAF se beslissing teen te staan. Die internasionale atletiekliggaam probeer “hiperandrogene atlete” en persone met “verskille in seksuele ontwikkeling” dwing om behandeling te ontvang om hul testosteroonvlakke tot ʼn voorgeskrewe vlak te verlaag as hulle steeds as vroue wil deelneem.

Sascoc sê in ʼn verklaring die CAS het dus beslis die reëls vir atlete met verskille in seksuele ontwikkeling is diskriminerend, maar sulke diskriminering “is ʼn nodige, redelike en gepaste manier om die IAAF se doelwit om die integriteit van vroue-atlete in professionele sport te beskerm”.

“Ons stem hoegenaamd nie met die CAS saam nie. Dit is duidelik uit die uitspraak die toepassing van hierdie reëls is steeds ʼn bron van kommer, terwyl die atlete se vermoë om deurentyd aan die maksimum toegelate testosteroonvlakke te voldoen ook ʼn probleem kan wees. Ons hou vol hierdie reëls is swak deurdink en sal ʼn groot nadeel vir die geteikende vroue-atlete inhou,” het Natalie du Toit, voorsitter van Sascoc se Atletekommissie, gesê.

“Hierdie besluit is ʼn massiewe keerpunt aangesien daar nou herdefinieer word wat ʼn vroulike atleet is. Die vraag wat ons almal vra, is hoe gaan hierdie regulasies met gelykheid, onpartydigheid en regverdigheid in internasionale sport toegepas word. Ons glo hierdie besluit sal die talent van atlete hier in Suid-Afrika belemmer, en omdat ons vir Caster ken en weet watter harde werk sy in haar sport ingesit het, sal ons al haar strewes ondersteun en agter haar staan.”

Caster Semenya. Foto: AP Photo/Mark Schiefelbein

Gideon Sam, president van Sascoc, sê daar kan nie uit die oog verloor word dat die Verenigde Nasies die IAAF se regulasies as “onnodig, vernederend en skadelik” gekritiseer het nie.

“Daar is al lank op Caster se regte getrap en ons het gehoop hierdie saak sou die kwessie tot ʼn einde bring. Dit is betreurenswaardig dat sy en talle ander vroue wêreldwyd steeds onderwerp sal word aan sulke vooroordeel en oortredings en ontneem sal word van die geleentheid om te presteer en in die kollig van die sportwêreld te staan,” het Sam gesê.

Ook die ANC en die DA het hul skok en ontevredenheid oor die CAS se beslissing uitgespreek. Die ANC het in ʼn verklaring gesê die IAAF wat veronderstel is om waardes vir atlete te beskerm, het met vooroordeel opgetree op ʼn manier wat atlete skei eerder as verenig.

Die DA het ook die saak as “algeheel diskriminerend” teenoor vroue-atlete bestempel en ʼn beroep op Sascoc en die Suid-Afrikaanse regering gedoen om alle moontlike prosesse aan te wend om die besluit teen te staan en te baklei vir Semenya se reg om op internasionale vlak mee te ding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Daan ·

Wel ek voel die da en anc sit die pot hele maal mis plaas bepaal hulle hulle by die politiek worry oor die land as wat hulle hulle neuse in die sport in druk

Caster ·

So nou weet Caster, en ANC hoe voel Steve. ..onmenslik wreed.

Andreas ·

Kom ek herhaal eerder die korrekte wyse van uitdrukking: Daar is lank genoeg op die regte van die ander deelnemers wat vroulik is vertrap, geregtigheid het nou geskied vir al daardie ander deelnemers en dit word nou reggestel deur Caster se testosteroonvlakke te reguleer.

Andreas ·

Ek neem dus aan die ANC is oor ALMAL se regte ewe begaan, ook daardie teen wie Caster deelneem, het die ander in die wedloop dan nie regte nie?

Frik ·

Ander vroue kan nie meeding met iemand wie se testoroonvlakke gelyk is aan n man sin nie. Om dit toe te laat is onbillik teen ander vroue atlete. Luister net na stem.
Hierdie bepaling is n poging om die speelveld gelyk te probeer maak.

Pieter Nel ·

Hoera vir CAS wat hulle nie laat intimideer nie en atlete van die hele wêreld se belange beskerm

Apie ·

Stem saam Frik. Ek glo verskeie wetenskaplike toetse van o.a. hormoonvlakke en sal die speelveld regverdig maak sodat alle atlete n gelyke kans het.

Phillie ·

Frik
Onthou net swart het geen beperkings nie net voorkeur behandeling net andere moet aan ondersoek onderwerp word
Dit is maar presies dieselfde reëls wat geld met BBEEE en kwotas

Wonder maar net ·

As SASCOC so sterk voel oor die benadeling van 1 vroue atleet, wonder ek wat is hulle siening van die kwotastelsel (transformasie) van die ander sportsoorte in SA.

Felix ·

Mens sou dink dat Natalie du Toit, voorsitter van Sascoc se Atletekommissie, sou die regte van ALLE vroulike atlete ondersteun, juis omdat sy ook ‘n atleet was, nie net Caster s’n nie wie nou deur haar uitgesonder word, maar ook daardie wat in die proses benadeel word en wat teen haar meeding.

Jeni ·

Ek hoop hulle toets nou al die oorblywende atlete van 400m en 800m. Caster ek staan agter jou jy werk hard om daar te hardloop.

Vraagteken ·

Hoe kan jy agter iemand staan wat ‘n wetenskaplike voordeel bo iemand anders geniet? Hulle doen dit al lankal – hoekom dink jy is die saak al vanaf 2009 aan die gang?

Viva ·

Nee wat Jeni, nie nodig om enige ander atleet te toets, hulle is almal vrouens.

BlinkStephaans ·

Julle sien sascoc daar is een groot ding wat julle miskyk… die CAS en IAAF werk met die feite… terwyl julle met die velkleur werk en alle ander feite ignoreer. Sodra die beslissing berus by ñ organisasie buite die landsgrense is julle bietjie gebol…. want daar tel jul vooroordeel geen punte.

Nico K ·

Ek glo die uitspraak is regverdig. Dit is baie sleg vir haar, maar sy mag steeds deelneem maar op ‘n regverdige basis teenoor haar opponente. As jy te veel manlike hormone het kan jy nie as ‘n vrou deelneem nie. Met die groot geld wat deesdae in sport betaal word is dit baie maklik om ‘n geslagsverandering operasie te kry en iewers ouers te betaal om te sê sy is so gebore. Hoe gaan mens dit verhoed. Daar kan nie uitsonderings wees nie.

Andreas ·

Jy’s 100%. Dit wat hulle hier bo argumenteer is mos nie regverdig teenoor die ander vrouens nie, waarom net Caster se ‘regte’ belig, maar wat van dié wat teen haar deelneem? Het hulle nie ook regte dat daar regverdigheid moet geskied nie?

Frank ·

Presies, sy mag STEEDS DEELNEEM.
En soos gewoonlik druk die regering sy neus weer ooral in waar dit hom glad nie raak nie.

AndrewL ·

Snaaks dat apartheid nie die skuld kry nie. Maar nou ja, in Suid Afrika is diskriminasie net so ‘n goeie rede vir enigiets.

Norman ·

In atletiek moet appels met appels vergelyk word anders is daar geen regverdigheid nie. Die uitspraak is in my opinie reg.

Scruffy ·

Ek dink dis die regte besluit As persoon het ek niks teen haar nie maar wat reg is is reg Kyk anderskleurige atlete is net uitmintend op die afstand wat sy hard loop en ek glo hulle sal wen As aantree dy die weg spring weet jy al wie gaan wen en jy kan sien sy draf saam met die ander atlete

Johan ·

Die bepaling is ten einde almal ñ gelyke geleentheid te gee. Vorige toepassing, voor die appel ens. het/kon ons atleet nie haar onlangse vertonings handhaaf nie. Wat sê dit?

IK ·

Selfs jou stem as jy praat kan weggee of jy neig na manlik of vroulik of is ek verkeerd? Dis mos nie só ingewikkeld?

marous ·

Berus maar daarby , nes andere wat by die mrk en konstitsionele hof se besluite moet berus al hou hulle nie daarvan nie .

Harry ·

Hul moet hierdie beginsel van gemiddelde hoeveelheid testosteroon, insluitende rooi bloedselle, op almal toepas, manlik sowel as vroulik – diegene wat dan meer as die maksimum vlakke besit, moet eerder in hul eie kategorie teen mekaar meeding, soos die paralimpiese atlete tans doen.

SjN ·

Verskaf asb die atleet se borge sodat ons hul reaksie en optrede kan verneem insake hofuitspraak en die pad vorentoe met die geval.

Schalk ·

As Caster werklik ‘n vrou gebore is voel ek jammer vir haar. Indien nie wel dan is die uitspraak dalk nie onregverdig nie want jy is wie jy gebore word. Te veel mense meng in met God se skepping.

Joe ·

Die regte besluit is geneem! Nou kan die ander vrouens weer deelneem.

Piet ·

Ek dink die beslissing is onredelik. As it gaan oor regverdigheid, hoekom word dit net op sekere items toegepas? Alle baanitems en velditems behoort dan aan dieselfde reels onderhewig te wees.

Johann M van Heerden ·

Ek voel jammer vir vir Caster maar voel ook bly vir vroue atlete wat teen Caster moes meeding. Enigeen wat iets oor die biologie weet, sal lankal besef het dat vroue atlete beskerm word omdat hulle nie met mans kan meeding nie. Ek dink daar moet dalk ‘n derde kategorie geskep word vir sulke atlete soos Caster. Daar moet baie wees. Om nou ‘n politieke en ras speelbal daarvan te maak is net eenvoudig belaglik. Die DA behoort van beter te weet as om daarby ingesleep te word.

Veritas ·

Niemand het gesê dat sy nie meer mag deelneem nie maar wel dat sy medikasie moet gebruik om haar testosteroonvlak af te bring tot die toelaatbare vlak.

Ma ·

Leah liewe Leah, dit is ni di punt nie. Hulle is steeds vroue. En almal lank, maar as daar ń lang man saam met di lang vrouens spring sal dit onregverdig wees. Dit kan tog nie soooo moeilik wees om te verstaan nie. As jy ń dogter het wat baie goed presteer in bv gewigstoot en julle spandeer ure en baie geld om haar bo uit te kry sal jy ook verontreg voel as jou bloedjie teen ń “man” moet deelneem omdat sy net nooit ooit sal kan wen ni. Silver medalje is al wat sy oooooit sal bereik. Dit is mos onregverdig!

Willi ·

Hy moet alle medaljes terug gee en alle prestasies en rekords moet tot niet verklaar word om op gelyke vlak teen ander vroue te kan deelneem. Man sal hy wees tot aan die einde van dae.

jaco ·

As sy wit was, het sy die saak gewen. Vir dekades lank het wit atlete van veral Oos-Duitsland en die Sowjetunie uitgeblink, terwyl almal geweet het hulle word met oordosisse hormone ge-dope. Maar hulle is uitgelos…

Salamander ·

Is die Russe nie verbied om aan die vorige Olimpiese Spele deel te neem nie? Die tegnologie om op hierdie vlak te toets bestaan nog nie lank nie.

Andre ·

Dit was lank gelede en gebeur nie meer nie.Hierdie is n geslagskwessie,nie die raskwessie wat die linkse SA media
daarvan maak nie.Lance Armstrong is van sy titels getroop en beboet en niemand het n problem daarmee nie. Ek wonder hoe die Media tekere sou gaan as Lance Armstrong nie-wit Suid Afrikaner was .

LHS ·

Hoekom dink jy het die reels intussen so baie verander Jaco? Verseker is dit nie gelos.

Sandra ·

Ek stem saam Frik, dit is geen prestasie vir Semenya om teen hulle te wen nie. As ek een van daai ander vroue atlete was het ek geweier om teen haar te hardloop.

B ·

ASA / SASCOC het self die leeutjie geskep en groot gemaak. Hulle moes destyds seker gemaak het van al die feite voordat HULLE CS vir die wolwe gegooi het. Hulle is 100% te blameer vir dit waar CS nou is.

Boer ·

Ek vind die DA se standpunt “algeheel skreiend” teen normale vroue atlete. Die DA is besig double speak verby enige iets te neem wat die ANC nog ooit kon doen.

Frans C ·

Dit so ‘n regverdige uitspraak gewees het as die testosteroonvlakke kunsmatig verhoog is.
Van tyd tot tyd kom daar atlete wat sonder hul toedoen,hul is so gebore,’n voordeel bo ander atlete het.
Niemand het ooit tekere gegaan oor die feit dat Thorpe besonder groot voete het 17 teenoor Phelps en Lochte 14 en 5 goue medaljes gewen het het?Niemand kla ook dat lang vroue hoogspringers ‘n natuurlike voordeel bo hul korter deelnemers het.

Andreas ·

En hier spring jy toe onderdeur die dwarslat van 3 vt hoog.

LS ·

Daar is nie kort hoogspringers op internasionale vlak nie Frans, net so ook is daar nie vroue atlete met manlike hormoonvlakke wat meer is as die gemiddelde man nie. Jou aanname kan nie wetenskaplik getoets word nie, dus bewys jou mening eintlik maar net presies die teenoorgestelde van wat jy graag sou wou.

LHS ·

Nee daar is nie genoeg sodanige atlete om n eie kompetisie te regverdig. Nee n lang persoon sal hoogspring want almal is lank, die lang persoon kan nie korter gemaak word nie, hormoonvlakke kan verhoog of verlaag word. Nee, stem nie saam dat Caster dan nou so hard gewerk het om daar te kom nie, haar onnatuurlike voordeel het haar daar gebring van skoolvlak af reeds. Gaan vat 10 van haar mededingers, gee toestemming dat hulle, hulle manlike hormoonvlakke met n sekere persentasie mag verhoog en Cassie moet syne dieselfde persentasie verlaag, al 10 gaan hom stukkend hardloop. Hierdie nuwe reël moet egter vir alle items geld, vlg.jaar is daar miskien n soortgelyke gewigstoter en dan sit IAAF weer waar hulle nou was, dit moet sommer deurgetrek word na alle sportsoorte. Hoekom sodanige reel nie lankal ingebring is nie, is n raaisel want daar is heelwat wenners en rekords wat agter soortgelyke atlete se name staan. Verder lyk dit asof die atlete uit die verlede en dan nou huidiglik wat met sodanige onnatuurlike voordeel geseën of gestraf is almal vanuit dieselfde oerouers afstam.

Spike ·

Die besluit is reg geneem. Die lewe gaan oor regverdigheid en caster se deelname is verseker nie, maar in die eerste werêld lande tel dit, maar nie in derde werêld sa nie.

Thys ·

Semenya het haar saak teen die Atletiek Federasie verloor.Blykbaar het sy appeal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.