Saskok bevestig Statebondspele in Durban

Statebondspele, Durban 2022 (Grafika: Durban-2022.com)

Statebondspele, Durban 2022 (Grafika: Durban-2022.com)

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het Vrydag berigte verwerp dat Durban nie in staat sal wees om in 2022 die Statebondspele te kan aanbied nie.

Saskok het in ʼn verklaring gesê hy is bewus van mediaberigte wat verband hou met uitlatings deur die LUR vir finansies in KwaZulu-Natal dat die provinsiale regering nie geld het om die Spele aan te bied nie.

“Ons wil dit benadruk dat Saskok, as beskermheer van die Statebondspele in Suid-Afrika, vol vertroue is dat die Spele in 2022 in Durban aangebied gaan word, en ons is toegewyd om ʼn eersteklasgeleentheid aan te bied,” lui die verklaring. “Ons het met verskeie vlakke van regering in verbinding getree – nasionaal, provinsiaal en plaaslik – en ons is vol vertroue dat die nodige ooreenkomste aangegaan sal word en alle befondsing bekom sal word.”

Gideon Sam, president van Saskok, het gesê hulle het reeds met verskeie aandeelhouers kontak gemaak om aan die verpligtinge te voldoen, soos uiteengesit in die tenderdokument. “Ons het gesprekke gehad met die nasionale regering en dit duur voort. Ons is bewus van die huidige ekonomiese klimaat, maar ons is vol vertroue dat ons aan ons verpligtinge sal kan voldoen om ʼn wêreldgehaltebyeenkoms op die Afrika-kontinent aan te bied. Onderhandelinge met die nasionale regering en tesourie duur voort. Ons word gelei deur besluite wat op ʼn nasionale vlak geneem word.”

Tubby Reddy, uitvoerende hoof van Saskok, het bygevoeg verskeie ooreenkomste is reeds met die nasionale regering aangegaan. “Ons werk onverpoosd om enige uitstaande kwessies op te los, insluitend befondsing vir die Spele. Ons benadruk dit dat Saskok ʼn wêreldgehalte Statebondspele sal aanbied waarop ons almal gaan trots wees. Ons vennote in die regering werk saam met ons om seker te maak dat die eerste Spele in Afrika onvergeetlik sal wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kaspaas ·

Daar gaan nog n paar honderd miljoen vir hand outs en korrupsie.

PJ ·

En die klere vir die atlete sal seker weer in China gemaak word

GES ·

Met 2 graderings bo rommelstatatus / bankrotskap wonder ek of dit ooit gaan realiseer.

david ras ·

Met die ekonomie in so ‘n vrot toestand, en die kans op sinvolle herstel–wonder ek waar die borge vandaan gaan kom ?
As mens na die astronomiese koste van die E-tol paaie kyk wonder ek of die Durbaniete gereed is om vir die volgende 30 jaar pa te staan vir die koste van hierdie byeenkoms ?

Terloops, is die Moses Mabida stadion darem al betaal ?

Eddy ·

Wil iemand wat graad 1 geslaag het nie vir die anc gaan ekonomie aanbied nie.

GES ·

Eddy, hulle sal eers ‘n oorbruggingskursus moet doen. Graad 1 ekonomie is moeilik. ;-)

Dee ·

Moet nie sê ek het so gesê nie maar vra vir hulle of hulle of hulle enige inkomste genereer uit die Moses Madiba Stadion wat teen ‘n astronomiese koste opgerig is. Die spele kan liewer in Jo’burg gehou word. Julle kan dit ondersteun met e-tol. As dit hier gehou gaan word gaan ons dalk suffer met allerhande munisipale prysverhogings. Dit kan in E-Tol-Land gehou word. Julle brêg altyd dat dit is waar die geld is.

GES ·

Dee, nee asb. ons stel nie belang nie. Die wit olifant stadion in Durban moet gebruik word. Ons probeer juis om van e-tol ontslae te raak en nou word dit goed gepraat. ;-)

Dee ·

Nee Ges! Ek ry daagliks by ‘n tjoepstil Moses Madiba Stadion verby waar bôggerol aangaan! Julle kan nie dit aan ons doen nie! As ons nou mooi redeneer sal jy saamstem dat julle etol-mense kan dit bekostig om die gekroekte land aan die brand te ry.

Dee ·

LOL….. GES, ek spot met jul tolhekke maar ek weet as dit nie was vir die groot fight wat julle opgesit het, was dit reeds ons voorland ook. Eintlik baklei julle namens die hele land. :-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.