Saskok maak ommeswaai oor belonings vir medaljewenners

Tatjana Schoenmaker het onder meer ‘n goue medalje in Tokio verower. (Foto: Anton Geyser/SASPA)

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese komitee (Saskok) sê nou Tatjana Schoenmaker en Bianca Buitendag gaan wel prestasiebonusse ontvang vir die goue en silwer medaljes wat hulle by die Olimpiese Spele verower het. Dít ná verskeie berigte dat Saskok nié spesiale bonusse gaan gee aan atlete wat medaljes by die Spele verower het nie.

Die komitee wil hom egter nog nie tot ʼn bedrag verbind nie. Suid-Afrikaanse oud-atlete meen egter daar is lank reeds ʼn tekort aan geld vanaf Saskok en dat daar nie langer van atlete verwag kan word om te presteer sonder die nodige ondersteuning vanaf die regering nie.

Dit is geen geheim dat Saskok in ʼn finansiële krisis gedompel is nie. Berigte dat Suid-Afrikaanse medaljewenners nie beloon gaan word nie, het Suid-Afrikaners egter die josie in gehad en ʼn skarefinansiering is selfs van stapel gestuur om Schoenmaker en Buitendag vir hul besonderse prestasies in Tokio te beloon.

Schoenmaker het goud in die 200 m-borsslag en silwer in die 100 m-borsslag verower, terwyl Buitendag silwer in branderplankry behaal het.

Meer as R100 000 is reeds binne die eerste uur ingesamel, berig Good Things Guy.

Barry Hendricks, president van Saskok, het egter in ʼn verklaring deur Team South Africa die mediaberigte as onwaar bestempel en gesê Schoenmaker en Buitendag, asook die medaljewenners van die Paralimpiese Spele in Tokio, sal wel bonusse ontvang.

“Dit is waar dat die bedrae nie reeds uitgeklaar is nie, aangesien onderhandelinge [met vennote] aan die gang is. Daar was egter nog nooit ʼn punt waar ʼn besluit geneem is om glad nie prestasiebelonings vir medaljes aan te bied nie,” het Hendricks Dinsdag gesê.

Bianca Buitendag het ‘n silwer medalje huis toe gebring. (Foto: Twitter)

Luidens die mediaberigte kan die sukkelende Saskok nie die prestasiebelonings van vorige jare se Olimpiese Spele – waaronder R500 000 vir ʼn goue medalje en R200 000 vir ʼn silwer medalje – vanjaar bybring nie.

Volgens Hendricks wou die komitee bloot gekeer het dat die prestasiebelonings die aandag van die prestasies van atlete by die Olimpiese en Paralimpiese Spele moes aflei.

“Ons is nou tussen die Olimpiese Spele en die Paralimpiese Spele, en ons glo dat ons konsekwent moet wees in ons behandeling van atlete. Ons wou dus nie sê ‘ja, ons bied aansporings vir die atlete en die aansporings is x, y en z’ nie.

“Ons wou hê dat die atlete slegs op hul prestasies moes konsentreer. Die Olimpiese Spele in Tokio én die Paralimpiese Spele word in ongekende tye gehou weens die Covid-19-pandemie. Ons sal medaljewenners beloon en die bedrag vir elke medaljewenner sal mettertyd bekend gemaak word sodra ons die onderhandelinge met ons vennote afgehandel het.”

Die oud-Olimpiese 400 m-hekkiesatleet LJ van Zyl het Dinsdagoggend in die lig van die mediaberigte aan Maroela Media gesê die kwessie rakende prestasiebonusse is maar “die puntjie van die ysberg” wat finansiële ondersteuning – of eerder die tekort daaraan – aan die Suid-Afrikaanse Olimpiese span betref.

Span Suid-Afrika (Foto: TeamSA2020/Twitter)

Van Zyl glo dat Schoenmaker en Buitendag beslis vir hul uitsonderlike prestasies beloon moet word, maar dat diegene “op die vlak net onder hulle” ook beloon moet word. Dit sluit in die Suid-Afrikaanse atlete en swemmers wat net-net nie die paal in Tokio gehaal het nie, maar moontlik die medaljes by die Olimpiese Spele 2024 in Parys, Frankryk, gaan inoes.

Hy wys daarop dat Suid-Afrikaanse atlete en swemmers die Olimpiese droom op eie onkoste najaag. Dit sluit in die reis na ander lande om bloot te kan kwalifiseer, asook afrigting en mediese onkoste soos vir fisioterapie.

Volgens Van Zyl is daar geen aansporing vir diegene wat maande en selfs jare daaraan wy om Suid-Afrika by die Olimpiese Spele te verteenwoordig nie.

“Wat van die volgende Tatjana en Bianca?

“Hoe motiveer ek ʼn atleet [of swemmer] om aan die Olimpiese Spele deel te neem op eie onkoste en daar is geen beloning nie?”

Van Zyl sê voorts sportsoorte soos atletiek het al te veel sportmanne en -vroue aan ander sportsoorte soos rugby afgestaan, waar spelers betaal word vir hul harde werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Danie ·

Dit is n absolute skande dat hierdie atlete, wat SA verteenwoordig, nie ondersteun word nie. Daar word daagliks miljoene in die water gegooi maar daar waar fondse benodig word, is geen prioriteit nie. Atlete wat hul eie kostes moet dra moet ook gegun word om hul self te verteenwoordig en nie dat n land soos ons sin hulle plek in die son eien as hul atlete nie.

Sarel ·

Lees die Komentaar van ons geagte Minister van Sport en u sal al die antwoorde kry. Is SASKOK Regeringsorganisasie??

Harley Davidson ·

Ek dink hulle harte pyn om vir die twee geld te gee vir obvios reasons natuurlik.

Mieke ·

Dis beteken vanselfsprekend… ‘n Goeie verstand het ‘n halwe woord nodig.

TRP ·

Ongelukkig presies wat ek vanoggend gedink het toe ek die nuus luister.

Blomme ·

Is daar nog ń instansie in die land wat aan die staat gekoppel is wat nie in ń finansiële verknorsing is nie?

My siening ·

Hierdie atlete is nie jul kinders waar voor julle n stokkie lekker belowe en dan sê julle daarna nie vir julle nie!

Kobus ·

Ons minster van Sport en Kultuur is maar stil.Lawaai net as dorpsname verander word. Kan die pers dalk die salarisse bekend maak wat Saskok bestuur verdien? SA is sekerlik die bespotting van die wereld.

Marius ·

Dit is baie ironies . Met die vorige spele het Wayde Van Niekerk n Audi gekry wat reeds op OR gestaan het toe hy daar aangekom het . Tatjana het ook n WR gebreek en daar word besluit of sy IETS gaan kry .
Siestog , maar die land is darem pateties met al sy kaders .

TRP ·

Hoe bitter hartseer is dit nie. Dit laat ‘n bitter smaak in die mond. Vrouedag, vrouemaand maar ons druk ons vroue atlete wat presteer, ‘n put.

marbacca ·

“Ons wou hê dat die atlete slegs op hul prestasies moes konsentreer.” – Ek dink ‘n R500 000 bonus is ‘n goeie motiveerder…

Vrijburger ·

Uiters swak bestuur! Prestasiebonusse moes lank voor die Olimpiese Spele plaasgevind het al vasgemaak en aangekondig gewees het. Saskok word soos ‘n Spasa-shop bestuur.

Anoniem ·

Nou waar is die miljoene wat Saskok dan vir die verwagte 13 medaljewenners opsygesit het? Het dit nou verdwyn omrede net 2 blanke atlete medaljes gewen het?

Cecilia ·

Minister Mthethwa se bek is dik omdat geen vd “minderbevooregtes” eers 1 medaljetjie kon kry nie!
Wat my verstand te bowe gaan. Atlete gaan op hul eie kostes Olimpiese spele toe. Maar toe d 2 atlete medaljes wen toe is d minister op d lughawe om hul geluk te wens.
Geld is weer diep in kader sakke ingedruk ipv om atlete te betaal wat presteer.

Anel ·

1. Om sport te kan en daarvoor betaal te word is ‘n massiewe voorreg, nie ‘n reg nie. Saam met harde werk is dit ‘n God gegewe talent wat jy ontvang het. Hoekom nog beloon word.
2. In vandag se tyd is mense wat sport doen, bevoorreg om daarvoor betaal te word.
Of dit nou op skool of universiteit is spot word meer beloon as akedemie of kuns en kultuur. Almal kan nie sport doen nie, al wil baie mense baie graag. Daar word so baie geld spandeer aan ‘n kort tydjie se plesier. Maar ‘n akademikus of kunstenaar wie se werk vir meer mense iets beteken, moet hulle dood werk, om dalk eers na hulle dood vereer te word. Maar voor ek gestenig word, mense geniet sport. Net jammer in ons land word mense nie vir hul prestasies beloon nie, slegs vir hul velkleur. 2 blanke meisies verower gedogte plekke en medaljes onder die land se vandel. Die regering is nou ongelukkig. Hulle veroorsaak die spanning. Beloon die bestes, my maggies. Staak politieke inmenging.

piet ·

Hoekom nie se hulle kan dit en dat verdien as hulle presteer nie? Klink vir my na gesonde aansporing. Miskien presteer ons atlete dan beter en gooi minder tou op.

Esme ·

Is dit nie skokkend dat sport, wat ‘n nasie verenig, nie atlete kan vergoed vir prestasies nie? Hierdie atlete het byna geen ondersteuning ontvang nie en hoe demotiverend moet dit wees om te presteer met die wete dat jou land jou nie ondersteun nie.
Skandelik is die beste beskrywing van die situasie.

Hardekwas ·

Vergeet die regering, sascoc, anc en wie ookal nog. Ons blankes sal na ons self kyk. Al hindernis wat nog voorlê is die kwessie van ons moet ons eie belasting kan bestuur en spandeer.

Miskruier ·

Die Departement moet ook ons dorp biblioteek se wi-fi betaal en dis nie gedoen nie. Duisende kinders kan nie skoolwerk opvang nie.

Jacobus ·

Ons probeer onsself in kalmer gemoedstoestand kry maar die gesamentlike patetiese houding van minister en sy skoenlekkers maak mens onbeskaamd woedend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.