Saskok ontken atlete moet self opdok

Argieffoto (theweek.com)

Argieffoto (theweek.com)

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het gerugte ontken dat atlete vir hul eie vlugte na die Olimpiese Spele wat volgende maand in Rio de Janeiro begin, sal moet betaal.

Saskok het in ʼn verklaring gesê alle atlete van die Suid-Afrikaanse span vlieg 23 Julie met ʼn SAL-vlug na Brasilië. “Nie een van hulle sal vir hul eie vlug betaal nie.”

Saskok het gesê sy beleid maak ook voorsiening vir atlete wat verkies om nie saam met die SA span te vlieg nie. Die atleet se eie federasie sal aanvanklik betaal maar dan deur Saskok vergoed word.

Saskok het atlete voorheen met R10 000 vergoed, maar hulle sal vanjaar R12 000 ontvang.

Tubby Reddy, uitvoerende hoof van Saskok, het gesê alle atlete is deeglik deur hul eie federasies ingelig oor die aangeleentheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Balskop ·

Mense, ons moet nou regtig begin ophou bekommerd wees oor sport en konsentreer op dinge wat regtig belangrik is en sektors in die ekonomie wat werklik ons gaan ophef. Speel bal en hol rond in jou spaartyd om fiks te word en vir fun, maar moet dit nie meer aanbid nie. Sport het ons ondergang veroorsaak.

Hendrik Havenga ·

Sjoe bietjie kras balskop en SASKOK lieg soos die res

Daan Erasmus ·

Balskop. Ek dink jy sit die pot mis. Dit hoef mekaar nie uit te sluit nie.

Balskop ·

Baie Afrikaners het Ja gestem destyds en een van die grootste oorwegings was om sport internasionaal te gaan speel. Dis as gevolg van sport dat almal nou sit waar hulle sit. Die Afrikaners het hulle siele verkoop en geliefdes prysgegee vir sport. Nou het ons niks.

Nelie ·

Balskop, ek stem volkome saam. Ons het toegelaat dat sport – soos baie ander aktiwiteite (TV, leefstyl en en……) – afgode word in ons lewens. Fokus op wat belangrik, reg is!

Jordaan ·

Vlugte na Rio kos meer as R12000 – dus moet atlete wel self (ten minste deels) opdok om te reis.

Jan maak n Plan ·

Balskop en Nelie – julle 2 het seker ook Ja gestem ne. Maar los dit nou daar, want al die Ja stemmers is nou al dood. Die probleem wat die atlete het, is dat net die atlete dalk ‘n kaartjie kry Rio toe. Hulle afrigters moet tuis bly sodat die hele SASKO gespuis en die kabinet, RIO toe kan gaan. Ek sal enige persoon ‘n wedenskap aangaan, dat daar erens in een van ons Olimpiese spann, individue is wat alles self sal moet betaal. En dit is wat vir my ‘n groot skande is.

Balskop ·

Ek was slim genoeg om nie so te stem nie, en ook slim genoeg om te se dat sport dwelms was vir die Afrikaner.

jennefer ·

Nog erger, dat sport die belangrikste geword het op skool, vandag is daar n hele paar 1e Span spelers wat nie verder kan studeer omdat skoolwerk 2e gekom het.

Wern ·

Dit is waarom ons nou weerloos is. Ons kan nie werk skep of onsself verdedig met balvaardighede nie. Ons moes baie meer van lewendige industriee en hoe tegnologie geweet het.

Lance ·

Hoekom sal die atlete nou jok wonder ek ….he Saskok ….weet julle wat om julle aangaan of moet julle die minister van sport dalk loop vra ….vir julle kwota geld ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.