‘Sasol aan verkeerde kant van mynbouhandves’

Stakende Sasol-werkers en lede van die gemeenskap tydens ʼn protesoptog in Secunda, Mpumalanga (6 September 2018). Foto: Reint Dykema

Die vakbond Solidariteit het vandag gesê dat Sasol hom nou aan die verkeerde kant van die mynbouhandves bevind. Dit volg nadat die mynbouhandves vandag gepubliseer is. Die handves bepaal dat werknemers in aandeelhouding van maatskappye moet deel en dat alle werknemers die voordeel van personeelaandeelhoudingskemas moet geniet. Die handves tref derhalwe nie ʼn onderskeid tussen werknemers op grond van ras nie.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het Solidariteit gevra dat Sasol sy Khanyisa-skema wat wit werknemers op grond van hul ras uitsluit, aan die hand van die nuwe handves moet aanpas. Die vakbond het ook aangedui dat hy die departement van minerale hulpbronne en die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) versoek het om die partye te kom inlig oor die bedoeling en gees van die handves.

“Sasol moet voldoen aan die mynbouhandves omdat hulle binne die mynbedryf val. Die nuwe mynbouhandves is die produk van intense onderhandelinge met en konsultasie tussen die regering, mynhuise, vakbonde en die gemeenskap wat oor jare gestrek het en wat uiteindelik tot konsensus gelei het. Indien Sasol nie sy Khanyisa-aandeleskema aanpas nie, verbreek hulle daardie konsensus wat tussen die partye in mynbou bereik is,” het Hermann gesê.

Volgens hom was die uitgangspunt tussen onderhandelaars van die handves dat werkers bloot werkers is en dat daar nie op die werksvloer onderskeid getref moet word op grond van ras nie. “Sulke onderskeid by aandeelhouding kan tot rassespanning lei, wat inderdaad nou by Sasol gebeur het.”

Solidariteit en Sasol ontmoet mekaar weer eerskomende Woensdag 3 Oktober by die KVBA. “Solidariteit gaan tydens dié geleentheid vra dat die dispuut tussen die partye opgelos word binne die definisie van die Mynbouhandves.”

Solidariteit het intussen aangekondig dat daar gewerk word aan die beplanning van ʼn reuse-optog na Sasol se hoofkantoor in Sandton.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Maro ·

Sterkte met die staking.
Ek vra net want ek weet nie…ontvang die stakers darem nogsteeds ñ salaris? Hoe kan die gewone publiek hulle ondersteun?

Yvonne ·

Enige staking, beskermd of onbeskermd is sonder betaling. Die beginsel van no work no pay geld.

Van ·

Begin Solidariteit ook nou soos die swart vakbonde met stakings en optogte? Ek dink ons verlaag ons standaarde as ons ook nou tot daai vlak daal! Wat is volgende? Sasol afbrand en plunder? Beveg dit liewer in die hof en nie met sinnelose stakings en optogte nie!

Sarel ·

Alles was mos nou al probeer, as staak en afbrand dan nou die laaste uitweg is, laat dit dan so wees.
Die morele hoegrond kan net werk indien mense dit verstaan. As hulle slegs skade maak verstaan , alle ander remedies is uitgeput en bly nog net dit oor.

barend ·

ons is almal by die werk ,dit was net vir een daqg en dit was die 6 September

barend ·

VAN kan ek jou atwies gee ,bly liewers stil jy weet nie wat jy van praat nie ,ek werk by Sasol en ek was nog nooit so onwelkom by my werksplek nie .ek werk al 30 jaar by Sasol

Johnnie ·

Barend ek stem saam met jou die Van ou weet nie waarvan hy praat nie want hy was seker nog nooit in so n posisie soos julle nie kry seker n vet salaris. Dis tyd dat ons as blankes ook begin om te staak en alles af te brand sodat ons kan sien of die ander spul die land weer sal kan opbou of nie. Hulle kan in elk geval niks sonder die witman doen nie, dit is al orals in die wereld bewys.

bekommerd ·

“Mark my words” Na die berig hierbo gaan Sasol wel die aandele goedkeur, maar wanneer dit by indiensneming kom sal hulle besluit “wie” hulle indien neem….al vat dit 10jaar maar “jy” sal gestraf word hiervoor. KOM ONS KYK!!! Ek hoop ek is verkeerd.

Jerry ·

Baie verlig om te hoor julle werk terwyl onderhandelinge aangaan. Wees dankbaar dat julle die werk het en hou aan om julself onmisbaar te maak.

Willie ·

Ek dink did tyd dat ons n blanke handels network begin… As jy n probleem met my velkleur het, het jy seker ook n probleem met my geld?

Sarel ·

Toe Sassol begin is was dit gedoen deur n brandstof heffing vir befondsing.
Tot vandag toe het die verbruiker nog geen voordeel tov die brandstofprys wat toe belowe was ontvang nie en is dit aan privaat persone oorgrdra.
Dit sou n ondersoek na korupsie regverdig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.