Sasol-aandeleskema: Solidariteit gaan hof toe

Optoggangers stap deur die strate van Sandton in protes teen rasse-uitsluiting. (25 Oktober 2018). Foto: Reint Dykema

Solidariteit het Dinsdag aangekondig dat die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) ʼn sertifikaat aan die vakbond toegestaan het om die uitsluiting van wit werkers uit Sasol se Khanyisa-personeelaandeleskema in die arbeidshof te beveg.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van arbeidsregsdienste by Solidariteit, gaan die vakbond die arbeidshof vra om te bevind dat Sasol se personeelaandeleskema ʼn bepaalde groep werkers op grond van hul ras uitsluit en dat dit op onbillike rassediskriminasie neerkom.

Solidariteit versoek dat Sasol alle werknemers, ongeag hul ras, moet insluit by die personeelaandeleskema of dat hy soortgelyke voordele aan die werknemers wat tans uitgesluit word, moet voorsien. “Hierdie geveg kan en sal ons nie ophou veg nie. Ons kan nie so vaskyk teen die verlede dat ons die toekoms van gelyke geleenthede vir almal versaak nie,” het Van der Bijl gesê.

“Ons regspan is reeds besig om die hofstukke te finaliseer en sal aan die einde van Februarie gereed wees om arbeidshof toe te gaan,” het Van der Bijl gesê.

Solidariteit het verlede jaar geskiedenis gemaak toe sy lede teen die Khanyisa-aandeleskema gestaak het, die eerste keer in Suid-Afrika se geskiedenis dat wit werknemers oor rasse-uitsluiting staak.

Khanyisa het gevolg op ʼn vorige skema by Sasol, Inzalo, wat wel wit werknemers ingesluit het. Ingevolge Khanyisa is wit werknemers asook buitelanders egter van dié tienjaarskema uitgesluit. Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het vroeër verduidelik dat die aandeleskema in praktyk beteken dat ʼn wit Sasol-werker wat al 30 jaar by Sasol werk, niks kry nie, maar ʼn swart werknemer wat drie maande by Sasol werk, kry aandeelwaarde van R500 000.

Verskeie gesprekke met Sasol se bestuur, ʼn staking deur Solidariteit-lede en ʼn massa-optog in Oktober verlede jaar deur Sandton se strate kon egter nie die maatskappy oortuig om van sy omstrede aandeleskema af te sien nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Dries du Toit ·

Hulle soek ons op straat met bordjies om ons nek. ‘n Verarmde volk kan nie weerstand bied nie. Hoe minder weerstand hoe makliker kan hulle regeer en dikteer

Tim ·

Toe dit tyd word vir Inzalo om uit te betaal word almal net in kennis gestel dat dit gekanselleer is en niemand het iets gekry behalwe die dividende van n paar rand. Toe word die nuwe skema aangekondig wat wit werkers uitsluit. Sies Sasol.

KAKtus ·

Julle raak nou net so stekerig soos my Kaktus plante…ek hoop julle aksie slaag. Anders, plant n Kaktus.

Deon ·

Baie moeilik, Sasol produkte is versteek in ander groepe se produkte.

Chris Ws ·

Veritas as alle blankes se oge net wil oopgaan vir Sasol en hulle vulstasies boikot en elder brandstof ingooi sal dit al klaar ‘n uitwerking he.
Deon ek wens mens kan erens ‘n lys kry van Sasol produkte wat onder ander name versteek word dan weet mens wat om te boikot.So lys moet dan net wyd versprei word dat die veldtog ‘n uitwerking kan he op Sasol se inkomste en ook ander besighede wat hulle produkte verdoesel en onder ‘n ander naam verkoop.Ons moet iets begin doen.

Realis ·

Chris, jy gaan nie meer lekker leef as jy alles moet uitsny waarin Sasol produkte voorkom nie. Kerse, skoenpolitoer, skoonmaakmiddels, plastieke soos bottels en sakke en ‘n duisende ander goed. Die enigste manier is om hulle in die openbaar aan te vat. Petrol is maar ‘n klein gedeelte van hulle omset.

Deon ·

Chris, Realis is reg. Plastiek waarin jou melk vars gehou word, verf, plofstof, skoonheidsmiddels om net enkeles te noem.

Andrew ·

Ek weier al lankal om hul petrol te gebruik, maar ek het verstaan alle petrol moet ‘n deel Sasol bevat.
Blankes was goed genoeg om subsidies te betaal toe Sasol begin is, nou byt hulle jou in die hakskeen.

Johann cb ·

Ek het pas my motor, soos gewoonlik, by Sasol volgemaak. Ek kon duidelik die rassespanning aanvoel en sien! Heel onaangenaam!

John ·

…Sasol moet oppas…. Boem!! en weg is Sasol… Sonder kundiges… Al gehoor van Eskom? Nie?

Willehond ·

Dis baie maklik! Stop die aanlegte! Ek het baie jare daar gewerk en dis maklik of is julle bang julle verloor julle werk? Julle het dit klaar verloor. Jy werk nog daar want hulle kan nie sonder jou nie. Word wakker!

MJ Kroezen ·

Go slow werk nie!!! Hulle moes n totale shutdown gehad het dan sou die bestuur geluister hey

@MJ Kroezen ·

Ons het n “go slow” gehad en weet jy hoeveel mense was gedreig hulle gaan hulle werkverloor as hulle saam strike? jy het nie n benul nie. So baie mense strike nie saam nie want hulle word gedruig deur Area Managers of Snr Bestuur. nou wat maak jy dan? Jy gaan maar jou werk gaan doen want jy is bang jy verloor jou werk.

Realis ·

Chris, jy gaan nie meer lekker leef as jy alles moet uitsny waarin Sasol produkte voorkom nie. Kerse, skoenpolitoer, skoonmaakmiddels, plastieke soos bottels en sakke en ‘n duisende ander goed. Die enigste manier is om hulle in die openbaar aan te vat. Petrol is maar ‘n klein gedeelte van hulle omset.

aj ·

Internasionaliseer die SASOL RASSISME!

Internasionale vakbonde?

Internasionale hof?

Adam ·

Interressante kommentaar. Afrikaners wat wil staak, boikot en saboteer. Dit wil voorkom asof ons tot die vlak daal van diegene wat veroordeel word. Neem julle aandklasse by die ANC en Cosatu. Nee wat, los maar eerder vir Solidariteit wat weet hoe om sulke vergrype aan die kaak te stel.

@Adam ·

Adam ek glo nie jy self weet waarvan jy nou praat nie…. nie voordat jy in ‘n Sasol werker se skoene staan nie! Bly jy eerder stil en aanvaar maar wat om jou gebeur maar ONS WIT SAOL WERKERS sal NIE agteroor sit en kyk hoe rasisties Sasol raak nie.

Jacques ·

Kyk net so vinnig na Sasol se geskiedenis volgens Wiki. Hulle noem dit nie, en ek staan onder korreksie, maar ek onthou so vaag weg dat daar ‘n heffing op petrol geheg was om vir die aanlegte te betaal. M.a.w. dis ‘n publieke maatskappy.
In the 1920s, South African scientists started looking at the possibility of using coal as a source of liquid fuels. This work was pioneered by P. N. Lategan, working for the Transvaal Coal Owners Association. He completed his doctoral thesis from the Imperial College of Science in London on The Low-Temperature Carbonisation of South African Coal.
In the 1930s a young scientist named Etienne Rousseau obtained an MSc from the University of Stellenbosch. His thesis was entitled, The Sulfur Content of Coals and Oil Shales. Rousseau became Sasol’s first managing director.
Weereens, sonder ons, was daar niks.

Andrew ·

Sover ek kan onthou was die eerste petrol olie aanleg buite Ermelo. Torbanite of so iets was die naam.

Adrian ·

In boksbueg was daar ook so een jare trug met die naam satmar

Adrian ·

In boksburg was daar ook so een jare trug met die naam satmar

Heinrich van Zyl ·

Dankie Solidariteit.

Jy boikot nie noodwendig ‘n maatskappy omdat jy dink jou geld gaan ‘n verskil maak nie.
Soms sal jou geld ‘n verskil maak, soms nie.
Jy boikot ‘n maatskappy sodat jy elke keer die ou in die spieël in die oë kan kyk sonder om skaam te kry.

Piet Pompies ·

Die gemiddelde Suid Afrikaner weet nie waar het die geld vandaan gekom om Sasol van die grond af te bring. Dit was gedurende die ru-olie sanksie tyd, inkomste belasting betalers is gevra om bykomende belasting te betaal om die projek te betaal. My pa het dit gedoen, hy is wit en sy geld is gebruik, hoekom nou witmense uitsluit!
Sasol gaan die duur prys betaal.

Nico ·

Piet, jy is reg. Ek het nou nog my belastingaanslae waar ons as belastingbetalers addisionele belasting betaal het om Sasol by Secunda te bou. Toe aandele deur Sasol beskikbaar gestel is, is my aansoek vir ‘n skamele R15,000-00 afgekeur en my geld teruggestuur. Selfde het met talle van my vriende en kennisse gebeur al was ons die ouens wat Sasol gefinansier het. Aan vreemdelinge is blokke aandele verkoop!! Toe was ene Danie Steyn die Minister !! ‘n Klomp skurke wat ons uitgebuit het !!

Hoc est bellum ·

Hoop van harte julle Ouens is suksesvol. Sasol mag dalk vertragingstaktiek gebruik soos met die Spoorwegwerkers gedoen was om sulke aksies oor jare uit te rek.

Eddy ·

ek het op SASOL se webwerf gekyk,hulle maak dit sommer intrapslag duidelik dat hulle regstellende aksie toe pas en voorheen benadeeldes sal eerste voorkeur kry.dit skrik mens nogal af indien jy graag daar will aansoek doen vir werk.Ek sal ook n boikot teen SASOL ondersteun.ek gooi lank reeds nie petrol by hulle in nie.

Adrian ·

Maroela gee ons tog nuwe vars nuus jul is ver agter teen news 24

Gerhardus ·

Adrian, wys ons ‘n bietjie waar hierdie inligting op News24 verskyn.
Jy is welkom om die linkse media aan te hang as dit jou pas, maar moenie karring aan Maroela wat die ware feite publiseer sonder om die linkses te probeer paai nie.
Terwyl jy daar rondhang kan jy sommer ook vir ons die skakels stuur waar die 24’s nuus oor plaasmoorde dek.
Lekker lees aan jou Huisgenoot

Roger ·

Hoeveel SASOL-verwante produkte word uitgevoer na die buiteland? Buitelanders mos opgemaak met mensregte en rassisme. M.a.w. diegene wat van SASOL koop, ondersteun ook rassisme. Huigelaars is egter die oral.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.