Sasol base stem in om te bedank

Optoggangers voor Sasol se hoofkantoor in Sandton. (25 Oktober 2018). Foto: Reint Dykema

Die Suid-Afrikaanse petrochemiese reus Sasol het vandeesweek sy twee mede-uitvoerende hoofde, Stephen Cornell en Bongani Nqwababa, gevra om te bedank. Dit kom ná ʼn bevinding dat die ontwikkeling van die Lake Charles- chemikalieë projek (LCCP) in Louisiana, VSA, wanbestuur is.

Ná ʼn onafhanklike ondersoek van Sasol se uitvoerende oorgangsplan vir die projek het ʼn komitee, bestaande uit internasionale konsultasiefirmas en regsgeleerdes, bevind dat die bestuurspan in die VSA talle foute begaan het in die ontwikkeling van die LCCP. Die projek sou aanvanklik R130 miljard gekos het om te ontwikkel, maar dié syfer is in Mei vanjaar aangepas na sowat R188 miljard. Die maatskappy hoop nou om binne die perke te bly.

Die ondersoek het egter geen nalatigheid of onbevoegdheid bevind by die twee mede-hoofde nie, maar Sasol se uitvoerende raad voel dat die stappe nodig was om aanspreeklikheid daar te stel, vertroue van die onderneming se aandeelhouers te herstel en om ʼn kultuur van “konstruktiewe dialoog” te kweek.

Volgens die bevindings het die LCCP-bestuurspan tot só ʼn mate gefokus om koste te beperk en binne die skedule te bly, dat hulle versuim het om akkurate koste en skedules aan die mede-hoofde en presidente by die maatskappy deur te gee. Daar is ook bevind dat die bestuurspan in die projek nie die nodige ondervinding gehad het om die projek deur te voer nie.

“Die onvoldoende skeiding van pligte by die LCCP het verhoed dat sekere foute in die koste en skedule geïdentifiseer is. Daar is ook onvoldoende kontroleprosedures toegepas, wat daartoe gelei het dat die LCCP-bestuurspan foutiewe verslae ingedien het, wat nie behoorlik nagegaan is nie,” lui die bedvindings.

Sasol se uitvoerende raad het Fleetwood Grobler, die visiepresident van chemikalieë by Sasol, as die nuwe president en uitvoerende hoof aangestel. Hy sal van 1 November die pos beklee.

Dr. Mandlo Gantsho, Sasol-voorsitter, het Nqwababa en Cornell bedank vir die hulle lang en lojale jare by die onderneming. “[Die hoofde] toon voorbeeldige leierskap deur die belange van Sasol eerste te stel en in te stem om plek te maak vir nuwe leierskap.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

K P ·

Julle is elk geval deel van n maatskappy wat openlik diskrimineer teenoor witmense. So ek sal nie n traan stort as julle julle goedjies vat en pad gee. Lyk vir my behalwe vir diskriminasie julle elk geval die baie goeie werk gedoen het. Ek ry vandag nog n wye draai om n Sasol garage.

Kobus ·

Te veel skade is aangerig, dus sal die letsels bly. Hordes ervare mense het Sasol sedert 2014 verlaat. Hardekwasse wat teen die projek was is vervang. Nou is daar ook nog ‘n oorskot van eteleen in die VSA. Pryse gaan dus verder daal te midde van ‘n naderende ressessie. Sasol se verwagte opbrengs op die LCCP is skaars 50% van wat beplan is. Baie probleme lê voor vir Sasol en heelwat bates sal verkoop word. Goeie mense daar staar ‘n Eskom scenario in die gesig. Sterkte.

Vaalseun ·

Een na die ander beland die firmas en instansies wat om rassistiese redes verseg het om hulle eie presterende senior Afrikaanse bestuurders en ingenieurs as hulle hoofde aan te stel, in die moeilikheid.

Die wat buitelanders aangestel het, soos die SAA met Coleman Andrews, Anglo American met Cynthia Carroll, en nou Sasol met Stephen Cornell, betaal almal ‘n duur prys deurdat hulle die bekwaamheid, kundigheid, ervaring en lojaliteit van hulle eie bekwame senior ingenieurs en bestuurders oor die hoof gesien het. Sasol het boonop onlangs van ‘n hele vlak van hulle mees ervare wetenskaplikes en ingenieurs ontslae geraak.

Dieselfde het by Eskom en ander staatsinstansies soos die provinsiale hospitale, munisipaliteite, Dept van Waterwese, ens. gebeur, wat ook, óf buitelanders in bestuursposte aangestel het, óf rassistiese kader-ontplooiing gedoen het.

Die boodskap is duidelik, Suid-Afrika het al 50 jaar gelede genoeg in kundigheidsontwikkeling vir die land gedoen om byv. die 1ste hartoorplanting te kon doen, Sasol te stig, goedkoop elektrisiteit op te wek, die grootste vervoerdiens in die wêreld suksesvol en ekonomies te bedryf.

Daardie vermoë is duur verwerf met die wilskrag en toewyding van en onder leiding van die Afrikaners. As besture en ministers aanhou om ons eie bewese kundigheidsbronne te misken deur rassistiese regstellende en vreemde aanstellings, is al wat hulle uiteindelik gaan oorhou bloot rassisme en mislukkings, want rassisme het geen kundigheid nie en rassisme is geen kennis- of finansiële bate nie.

Disselboom ·

Stadig en versigtig met die gevolgtrekkings: daar is ‘n paar heel Afrikaanse name in hierdie projek – sommiges uit Suid-Afrika verplaas VSA toe spesiaal daarvoor. Hierdie saak betrek baie mense en baie probleme.

Sven ·

Eers is die staatsdiens, munisipaliteite en staatskorporasies opgevoeter, nou begin die private sektor intuimel. Gevestigde name kou klippe, insluitend banke. Die eerste ding wat top bestuur doen is om te “herstruktueer” en dus werkers af te lê. Ervare mense wat die besigheid ken word laat gaan, dikwels onder die vaandel van transformasie. Die uiteinde is dat mededingheid daal en die ekonomie krimp. Almal verloor.

Pieter ·

Sal nie eers hulle brandstof in my kar gooi nie wat nog by hulle bele

marous ·

Hulle word gevra om te bedank en dan word hulle bedank vir hul voorbeeldige leierskap ?

Mm ja nee ·

Het 27 jaar daar gewerk, ek kry n trofee vir beste presteerder in die een hand en n meriete papiertjie in die ander wat my meedeel ek kry 2% minder verhoging as my kollegas… Mag dit goed gaan met Sasol

Lou ·

Klink vir my ook maar na n snaakse storie. Hoe is hulle in die eerste plek aangestel om die projek te bestuur as hulle nie die nodige ondervinding gehad het nie ? Maar maak geen fout nie, hulle gaan nie honger ly nie. Op daai vlak is hulle multi miljoeners net uit hulle aandele opsies.

Kallie ·

Die probleem is dat daar besnoeings gaan wees. Gewone werkers sal hul werk verloor, en hulle ontvang reeds nie reusagtige salarisse nie. Die groot base het oor die afgelope paar jaar reeds stewige bonusse ontvang wat gegrond is op vae beloftes. Maar dis seker hoe kapitalisme werk.

Jimmy ·

Terwyl ek so na die foto van Sasol se nuwe blink hoofkantoor in Sandton kyk herhinner dit my aan wat Warren Buffett een keer gesê het: Hy raak skepties indien ‘n maatskappy ‘n blink kantoor aanskaf.

Lindtjies ·

Meneer Stephen Cornell was die een wat gesê het daar is nie ‘n manier wat die blanke Sasol werknemers daardie R500 000 se aandele gaan kry nie. Maar hy het so baie voordele by Sasol gekry. Miljoene rande in bonusse en salarisse. Hy kan nou in gemak gaan aftree oorsee waar hy vandaan kom. Sasol moes nooit twee CEO’s gelyktydig gehad het nie, net een.

Marius ·

Kry vir julle sashol julle wil met die blankes mors die wiel draai.

John ·

58 miljard later reageer die toppbestuur eers. Ook maar lekker aan die slaap. Miskien moet hulle ook bedank om beleggersonthalwe. Swak menere, swak!

kobus ·

Of jy nou Sasol petrol in gooi of nie Total en baie ander fulstasies stuur hulle petrol trokke na Sasol om brandstof te kom haal vir die fulstasies

JohanR ·

Ek het amper bly geword!. Dog die hoof berig se “Eskom base stem in om te bedank”!

Biodiesel ·

SASOL is oppad na waar ESKOM nou is, net n kwessie van tyd!

pieter ·

Het rukkie gelede na 38 jaar diens op vroee pensioen gegaan het lankal gese di 2 moet loop ma sasol moet onder toe ook kyk wat da aangaan die manne da bo eet lekker terwyl die manne onder suffer veral skof werkers moet in die koue nagte die ekonomie aan gang hou ens ens eks bly ek is kla gemaak

Leon S ·

Sasol het seer gekry met die koms van die Kanadees David Constable en die twee buitelanders wat hom opgevolg het….dankie tog julle is oppad uit !!

Tanya ·

Ek stem saam. Constable was die eerste spyker in die doodskis.

Christa ·

EK het wel Sasol ingegooi voor EK gehoor het van hul rassisties neigings dat e’en Kan aandele kry en die ander nie. Dus gooi ek al Paar Jaar nie meer Sasol in nie. Dis SA petrol en Kos dieselfde as die ander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.