Sasol gaan krag aan Eskom verskaf

Sasol se Secunda-aanleg. Foto: Jóhni Steenkamp

Sasol se Secunda-aanleg. Foto: Jóhni Steenkamp

Die petrochemiese reus Sasol het ʼn kragkoopkontrak met Eskom aangegaan om elektrisiteit aan die kragnetwerk te verskaf, het Business Day Dinsdag berig.

Volgens die berig sal Sasol 440 MW van sy oortollige elektrisiteit tot die kragnetwerk bydra. Alex Anderson, woordvoerder van Sasol, het volgens die berig gesê die ooreenkoms geld al van die begin van die maand af.

Sasol sal die elektrisiteit van sy Secunda- en Sasolburg-aanlegte verskaf waar 1 100 MW se elektrisiteit opgewek word deur gas wat van Mosambiek af ingevoer word. Eskom sal tot 440 MW hiervan vat namate elektrisiteit benodig word.

Medupi se eerste eenheid sal intussen glo volgende maand ten volle in werking wees en 800 MW tot die kragnetwerk bydra. Volgens Business Day is MTN ook van voorneme om elektrisiteit aan Eskom te verskaf deur middel van sy metaangas- en sonkragaanlegte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hendrik ·

Eskom se primere rol moet in die toekoms wees om genoeg krag te lewer aan die industriee, besighede, hospitale ens. Die vebruiker sal moet sorg vir sy eie krag sorg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.