Sasol gemaan om ‘onwettige herstruktureringsproses’ te staak

Sasol se Secunda-aanleg. Foto: Jóhni Steenkamp

Sasol se Secunda-aanleg. Foto: Jóhni Steenkamp

Die vakbond Solidariteit het geëis dat Sasol sy jongste herstruktureringsproses staak en met die vakbond daaroor konsulteer.

Volgens die vakbond het Sasol reeds begin om sy sogenaamde “Response Plan” in werking te stel sonder om vooraf met Solidariteit daaroor te konsulteer.

Volgens Deon Reyneke, hoof van die Energiebedryf by Solidariteit, het Solidariteit nog geen artikel 189-kennisgewing, soos wat die Wet op Arbeidsverhoudinge voorskryf, ontvang nie. Daarby het Sasol gister tydens ʼn vergadering in Rosebank, Johannesburg aan Solidariteit gesê dat sy nuwe herstruktureringsplan gedwonge afleggings tot gevolg kan hê.

“Sasol het dit duidelik gemaak dat hy geen behoefte het om met Solidariteit oor die proses te konsulteer nie. Die wet verplig werkgewers om met vakbonde oor moontlike afleggings te konsulteer en daarom is Sasol se optrede onwettig,” volgens Reyneke. Reyneke het bygevoeg dat Solidariteit moontlik regstappe teen Sasol sal instel indien die maatskappy nie aan die vakbond se eis gehoor gee nie.

Sasol het reeds in Januarie vanjaar aangedui dat hy beoog om met ʼn nuwe herstruktureringsproses te begin. Sasol sê dié proses kan grootliks aan die verlaging in die olieprys toegeskryf word. Intussen het sowat 1 500 werknemers sedert die inwerkstelling van Sasol se Project Phoenix vrywillige skeidingspakkette aanvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hartseer ·

Alreeds soveel onbillike arbeidspraktyk toegepas…soveel mense hartseer veroorsaak….ek hoop regtig Solidariteit keil hul op!!!

ig ·

Hartseer,jammmer om te se maar daar is geweldig baie dooie hout by Sasol.Hulle moet bo begin want daar is amper n bestuurder vir elke 3 mense.Wat die gewone werkers aan betref is daar ook heeltemal te veel werkers wat net die dag volmaak sonder om regtig produktief te wees.N fabriek wat n sekere produk,in kompetisie met Sasol, lewer twee keer soveel produksie met die helfte minder mense as Sasol .Dit is ook een van die redes hoekom Eskom so sukkel.

Eks.Nog.Jonk ·

Project Phoenix het heel bo begin. By die maatsapy se “MDs”. Dit het so lekker gegaan dat die proses verleng is. Hulle se dit is vir”koste besparing”. Ek is n Sasol werknemer. Sal nie se wie en waar nie, maar dit is nou ons besigheids eenheid se beurt. 16 feb tot einde Maart. Sal maar sien wat gebeur. Ons kan vrywillig ons pakket vat, of ons kan rondgeskyf word binne Sasol.

Eks.Nog.Jonk ·

Project Phoenix het heel bo begin. By die maatsapy se “MDs”. Dit het so lekker gegaan dat die proses verleng is. Hulle se dit is vir”koste besparing”. Ek is n Sasol werknemer. Sal nie se wie en waar nie, maar dit is nou ons besigheids eenheid se beurt. 16 feb tot einde Maart. Sal maar sien wat gebeur. Ons kan vrywillig ons pakket vat, of ons kan rondgeskyf word binne Sasol.

Christo ·

As jy vir 2 maande sonder inkomste sit na waste reg moet daar geskiet word?

Ek wonder net of jy dan dieselfde gedagte gang gaan he, jy het seker darem nog n job.

Die wiel kan vir jou ook verkeerd draai.

Stef ·

Dis net jammer die goeies loop almal.Hierdie metodes gaan erg “back fire”

Anisee ·

Ek stem saam Stef, baie van die mense wat by Sasol nou weg is, is mense wat Sasol nie baie maklik en vinnig gaan kan vervang nie. Dit is reeds besig om gevoel te word in die groep en baie mense is ontsteld oordat paar van die hoë koppe hul ‘mag’ gebruik het om van ‘kompetisie’ ontslae te raak of van mense ontslae te raak wat hulle nie mee oor die weg kom nie.

CC2 ·

Sasol moet ophou om hulle mense te sny. En op tee, koffie en sinnelose goed te sny. Sny julle profeite. Sal julle profeite maak as julle werksnemers sny? Dit bygese, julle gaan nogsteeds goeie profeit maak. Sasol is gestig sodat S.A sy eie petrol kan vervaardig toe SA in isolasie was. So dis n klug as Sasol se hulle maak nie geld nie. Julle mors met mense se lewens. Mense wat jare van hulle lewens gegee het om in dai gevaar zone te werk.

Hendrik ·

Wat hartseer is, is die feit dat Sasol met Suid Afrikaanse bloed en sweet en rande gebou is, nou word elke rand gespaar met soveel as moontlike afleggings as een van die maniere om geld te spaar.Ek verstaan Sasol is top heavy mr waar le jou lojaliteit, nou word al daai rande oorsee gestuur vir die fabriek daai kant in Lake charles net jammer al daai nuwe poste kan nie met Suid Afrikaners gevul word nie wat jare ondervinding het .

Charmaine Blignaut ·

Wonderlike goeie werkers is te na gekom. En Sasol is oneerlik. Ons tree in gebed in vir almal julle sal met nuwe beter werk voorsien word in Jesus Naam

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.