Sasol-man geskors oor ‘rassistiese’ twiet

'n Skermskoot van Nkala se beweerde Facebook-inskrywing.

‘n Skermskoot van Nkala se beweerde Facebook-inskrywing.

Sasol het bevestig hy het ʼn werknemer geskors en met dissiplinêre stappe begin nadat die werknemer glo rassistiese uitlatings op Facebook gemaak het.

ʼn Woordvoerder van Sasol het aan Maroela Media bevestig die werknemer is Maandag geskors oor ʼn uitlating op Facebook. Die werknemer, Siphosethu Nkala (38), het glo geskryf: “Eers as ons afgeleer het om mekaar dood te maak en leer hoe om hierdie wit rooinekke of enige ander rassistiese varke dood te maak, sal ons gerespekteer word.”

Verskeie Facebook-gebruikers het die inskrywing onder Sasol se aandag gebring, waarna die maatskappy gesê het hy sal onmiddellik probeer vasstel of die man inderdaad ʼn werknemer is. Sasol het kort hierna die skorsing aangekondig.

Die inskrywing is intussen ook van Facebook verwyder. “Ons veroordeel rassisme in enige vorm. Ons sal nooit enige taal wat beledigend is of teen ons waardes indruis, goedkeur nie,” het Sasol gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

François ·

Mooi SASOL. As hy nie wil hoor nie, moet hy voel. Wys hom waar is die deur. Altyd ‘n sekere element wat die rassistiese kaart uit trek.

Susan ·

Mooi Sasol. Ek hoop net hy word nie betaal solank hy geskors is nie.
Sodra ons almal(Wit,Swart, Bruin, of watter kleur ookal) leer om mekaar te respekteer sal ons weer ‘n wonderlike land hê

GES ·

Mooi so SASOL. Roei die euwel uit onder almal met die klem op almal.

Dee ·

Mooi Sasol, as julle daarop voortbou sal ek oorweeg om Sasol in die tenk te gooi.

Maddox ·

En waar is die grootbek DA en ANC nou……O ja ek het vergeet, nie die regte kleur om ‘n bohaai oor op te skop nie.

Jaco ·

Dis vreemd dat SASOL die man skors, want gewoonlik is rassisme net rassisme wanneer wit mense lelik is teenoor swart mense. Wanneer swart mense lelik is teenoor wit mense, is dit OK of dis “transformasie” of dit word baie lig gestraf….

Christo Visagie ·

Maroela media julle moet ‘n bietjie julle leser se kommentaar aan die DA stuur dat hulle besef ons is nie dom nie, ons sien raak hoe hulle teen die wit mense van die land diskrimineer.

Anesta ·

Sjoe, ek het op hierdie man se facebook profile ingegaan, mens kan nie glo hoeveel rasse haat hy aanhits nie!

Swannie ·

Jaco en Maddox.
Ja julle is albei reg. As dit nou Jan Swanepoel (38) van Volksrust was wat dit van enige iemand anders as ‘n blanke gepubliseer het, sou dit lankal hoofnuus gehaal en internasionaal bekend gewees het. Jan sou nie net gekors wees nie, hy sou waarskynlik ook gearresteer wees, al sy elektroniese apparate gekonfeskeer wees met sy naasbestaandes onder observasie!

Loeis ·

Na bewering het die hoof van ‘n ander brandstof maatskappy gese dat hulle nie witmense nodig het nie. Wel, dan het hulle seker ook nie ons geld nodig nie. SASOL daarteenoor, laat geregtigheid geskiet. Dis waar ek van nou af (alleenlik, indien moontlik) petrol sal ingooi.

sybrand ·

Watter brandstof mpy se hoof se hulle het nie witmense nodig nie. Ek wil ook weet sodat ek hulle kan vermy soos kfc en mc donalds.

Neem kennis ·

Engen het gestaaf dat geen Engen stasie aan ‘n blanke verkoop sal word nie.

Melissa Marais ·

Wat vir die een geld moet vir die ander ook. Mense moet hulle woorde begin tel maak nie saak watter kleur jou vel is

Deloris ·

Mooi so Sasol, maak ‘n voorbeeld van hom. Hy praat van respek, ek wonder WIE is die meeste skollies en gemors en moordenaars wat daar buite rondloop en met moord wegkom !!!!! Hoop hy sal nou ‘n ander “attitude” he.

Liewe lulu ·

Hier op ons dorp sien ek weinig voertuie by die Engen garage. Dankie Sasol

Berhalet Beukes ·

Ditsem Sasol! Dankie dat JULLE die eerste tree geneem het om die anderkant van hierdie Facebook heksejag ook ‘n slag vas te vat! Dis mos net reg!

Dee ·

Julle kommentaar oor die DA – wat van die mense wat saam met ons hier skryf en maak of hulle deel is van ons groep maar in stilte DA stem.

Maddox ·

Nou maar wat stop jou, snuffel hulle self uit, en hang hulle aan die groot klok. Hoekom moet ander mense dit vir jou doen.

Trolle ·

Ek het eers weer gedink dis nou alweer n wit oor swart storie.Lyk of daar tog n liggie aangaan as hulle ook dit nou oorkom om geskors te word.Gee mens weer n bietjie hoop vir die land,sal net graag wil weet wat se ons goverment of dit nou onregverdig gewees het.

Elizabeth Bosman ·

Die regering moet verantwoordelikheid aanvaar. Dis hulle wat rassisme en rassehaat aanblaas. So ook die EFF. Hulle wil nie he wit en swart moet oor die weg kom nie. Dit sal hul ondersteuners se oe oopmaak.

Gerhard ·

Dee – Baie duidelik is jy ‘n regse persoon met jou stelling wat jy maak. Wie gee jou die reg om persone te oordeel vir watter party hulle stem. Sover my kennis strek kan enige persoon op hierdie netwerk ‘n opinie lig, ongeag vir watter politieke party gestem word. Dis snaaks dat meeste Afrikaners alleenreg opeis op iets of ‘n onderwerp en sodra iemand verskil is jy nie deel van die “ons ” nie. Wakker word jou koffie is oppad om koud te word.

Pietie ·

Net soos die studente wat tans die absurde “#Rhodesmustfall” veldtog by Qxford dryf terwyl hulle daar studeer danksy ‘n Rhodes-beurs wat aan hulle toegeken is, besef hierdie kêrel ook nie die ironie daarvan om haat vir wittes te verkondig terwyl hy werk vir ‘n maatskappy wat 100% deur wittes uitgedink, beplan en opgebou is nie. En presies daar is die probleem. Die waarde stelsels is bloot net te ver verwyder van mekaar om ooit versoen te kan word.,

sarie van heerden ·

Rassisme sal met wetgewing NOOIT uitgeroei word nie. Rassisme is iets wat wereldwyd voorkom en NIE net in Suid-Afrika nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.