Sasol ontken Sasolburg-aanleg is ‘onveilig’

Stakende Sasol-werkers en lede van die gemeenskap tydens ʼn protesoptog in Secunda, Mpumalanga (6 September 2018). Foto: Reint Dykema

Sasol het Sondagmiddag ontken dat die veiligheid van sy werknemers by sy aanleg in Sasolburg in gedrang is soos vroeër vandag deur Solidariteit beweer.

Alex Anderson, hoof van groepmediaverhoudinge by Sasol, het aan Maroela Media gesê die maatskappy neem kennis van Solidariteit se bewerings, maar stem nie saam dat die omstandighede by sy Sasolburg-bedrywighede onveilig is nie. “Daar was nog geen aanduiding dat veiligheid in gedrang geplaas is [by die aanleg] nie,” het Anderson gesê.

Dit volg nadat Solidariteit beweer het weens die staking bedryf Sasol sy Sasolburg-aanleg tans met personeel wat nie oor die nodige klarings en sertifisering beskik om daar te mag werk nie, en nie bevoeg is om die aanleg aan die gang te hou nie. Solidariteit beweer die aanleg by Sasolburg word nou deur mense bedryf wat tien jaar laas by Stoomstasie 1 gewerk het en dat dit die veiligheid van werknemers in gedrang plaas.

Anderson het aan Maroela Media erken dat van Sasol se werknemers nie Saterdagoggend met skofruiling by die Sasolburg-aanleg opgedaag het nie, maar sê die maatskappy het gebeurlikheidsplanne ingestel om ontwrigting van sy bedrywighede te verhoed.

Op ʼn vraag of daar waarheid steek in Solidariteit se bewerings dat Sasol se instandhoudingskedule by sy Secunda-aanleg teen Donderdag reeds 72 uur agter skedule was weens Solidariteit se staking, het Anderson gesê Sasol het reeds vroeër bevestig dat minder Solidariteit-lede as gewoonlik op 6 September vir werk by die Secunda-aanleg aangemeld het.

“Dit het gelei tot ʼn afname en vertraging in sommige beplande aktiwiteite waarna Solidariteit verwys,” sê Anderson.

“Afgesien van die beplande algehele afskakeling, is daar ander projekte by ons Secunda-aanleg aan die gang. Van hierdie projekte het effens agtergeraak weens tegniese uitdagings, maar dit is intussen opgelos en die projekte is so te sê voltooi.”

Lede van Solidariteit het vroeër ʼn memorandum aan die bestuur van Sasol in Sasolburg oorhandig. Foto: Verskaf

Anderson sê Sasol hou al die bedrywighede fyn dop om te verseker dat alles, waaronder die beplande afskakeling, veilig en volgens plan verloop.

Anderson het nie direk geantwoord oor ʼn bewering deur Solidariteit dat van sy lede onder viktimisasie en dreigemente deur onder andere die Sasol-bestuur deurgeloop het terwyl die betrokke werknemers aan wettige arbeidsaksie deelgeneem het nie. “Ons het interne arbeidsverhoudingsprosesse binne menslike hulpbronne waarop al ons werknemers hulle kan beroep indien enige kommer of probleme opduik,” het Anderson gesê.

Hy het bevestig dat Sasol Woensdag aan die bemiddelingsproses met Solidariteit by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) sal deelneem.

Maroela Media het vroeër berig Solidariteit-lede by Sasol staak al die afgelope drie weke in opstand teen fase 2 van die Khanyisa-personeelaandeleskema. Ingevolge dié skema sal swart werknemers by Sasol R500 000 aandele by die maatskappy ontvang, terwyl wit werknemers, ongeag hul posisie of diensrekord by Sasol, geensins aan die fase mag deelneem nie.

Solidariteit meen dat Sasol se beleid in ’n suiwer rassebeleid van uitsluiting ontaard het. Sasol hou egter voet by stuk dat die aandeleskema deel is van die maatskappy se transformasieplan en ten doel het om die ongeregtighede van die verlede reg te stel.

Solidariteit het Sondagoggend gesê sy staking verloop presies volgens plan en die vakbond meen Sasol sal geen ander keuse hê as om na die onderhandelingstafel te kom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Lerato ·

Die Engelse sê. You cut your nose to spite your face. So Solidariteit se veiligheids personeel staak en stel die ander werkers se veiligheid op die spel

Cherokee ·

Julle liberaliste sukkel om te aanvaar dat die Boere so geslaagd terugveg, nè:-) Ek het jou nog nooit in enige forum gesien kla daaroor wanneer ambulans en hospitaalpersoneel staak nie.

Ronel ·

Nes die munispale werkers dorpe se inwoners se gesondheid in gevaar stel as hulle staak en hullis verwyder nie. Nes hulle ons gesondheid in gevaarstel deur gebarste rioolpype vir weke laat oorloop. Indien jy my nie glo nie, kom gerus na Kroonstad en kom kyk hoe vloei riool in ons strate

Henk ·

Lerato,eerstens: is dit nie veiligheids personeel wat staak, wat die onveilige toestand skep nie. Dit is die tegniese personeel wat staak,maar die onveilige toestand word deur Sasol self geskep deur dat hulle ongekwalifiseerde personeel toelaat om in te staan vir die afwesige personeel.

Twedens: In Afrikaans skryf mens nie dat iets op die spel gestel word nie. Dit word op die spel geplaas, of ń iets word daar gestel. As jy aandag soek en graag mense se bloedruk wil opjaag, is dit regso,maak net seker jy het die feite en dat jy weet hoe om Afrikaans te praat.

Twedens:

Keuses ·

Die veiligheid van Sasol se werkers is Sasol se probleem. Dit is n wettige staking. Hulle was bewus dat daar personeel afwesig gaan wees. Laat jou kommentaar eerder wees oor hoe selfsugtig die Sasol bestuur is. Gee lyk my nie veel om vir die werkers wat wel opdaag nie. Dis die eintlike probleem.

Anoniem ·

Lerato, dit is eintlik Sasol se bestuur wat die nie-stakende workers se lewe in gevaar stel deurdat hulle die ongekwalifiseerde mense toelaat om in posisies te werk waarvoor hulle nie bevoegd is nie. Wil net graag weet – wat se jy van die dokters en verpleegsters wanneer hulle staak????

Se wie ·

Dis waar ja. Maar steeds word niks gebrand nie. Steeds word niks met klippe gegooi nie. Alles verloop ordelik. Tot die sap het n fees geen rubberkoeels en traangas is nodig nie.

Askies ·

Maar as julle liberales tydens optogte mense AANVAL en trokke en geboue aan die brand steek dan kraai daar nie ‘n haan daarna nie en ALMAL van julle ondersteun die oproeriges terwyl hulle brand en breek? Sjoe darem vreemd julle libs … Julle is altyd reg en ander verkeerd.

Jerry ·

Ek het so n spesmaas dat die konsep van versoening na Woensdag se vergadering gaan begin sin maak vir Solidariteit!

Bekommerde ·

Enige plek is net so veilig soos sy swakste skakel – by die huis, skool, kerk of werk.

Wees paraat !

Jerry ·

Dit maak sin op n strategiese en operasionele vlak dat jy ondermyn en saboteer voordat jy begin staak sodat jy tydens die staking die hef in die hand het. Niks kan dan werk nie tensy aan jou eise toegegee word. Soos dit nou klink werk alles nog honkie dorrie by SASOL en tensy ek iets gemis het, gaan Solidariteit maar liefs die aftog moet blaas en versoen ten einde werkloosheidsgevolge vir die werkers te vermy!

Cherokee ·

Kla jy of brêg jy Dit neig na laasgenoemde te klink na aanleiding van die opgewonde klank in jou stem. Wag en sien… Solidariteit is ongelooflik skerp.

Alweer Jerry ·

PROPAGANDA .. SASOL verloor juis duisende, maar hulle probeer dit wegsteek en voorgee asof dit hulle nie raak nie. Nou stel hulle ONGEKWALIFISEERDE personeel aan om die dinge aan die gang te hou wat ‘n VEILIGHEIDSRISIKO daarstel .. so BLAMEER DIE REGTE MENSE< die BESTUUR .. wit en swart.

Hansie Slim ·

Snaaks as dinge moontlik raak, hoe mense se mangels draai.
Staan vas manne, staan vas.
Ongelukkig is dit waar dat meeste petrol van Sasol kom..so hulle smile!!! Maak jou siek!!!

Johan ·

Ek ry verby Sasol, sal nooit weer brandstof by hul ingooi, al moet ek n paar ekstra kilometers ry na n Engen motorhawe. Staan vas manne.

Manie ·

Ek het vir jou n verrassing oor Engen Johan. n vriend van my het sy Engen motorhawe verkoop want Engen het geweier om hom petrol te verskaf om dat hy dit sou waag om arm blankes as petroljoggies aan te stel. Die hof uitspraak het ook teen hom gedraai. Die hof het gesê die dit is Engen se reg om te besluit wie hy van petrol wil of nie wil voorsien . En hulle rede was omdat daar nie swart petroljoggies aangestel word. So ek hou by Sasol en Engen verby

Bobby ·

Anderson is n baie slim skaakspeler en skuif sy pionne rond en bont. Ons hou vir hom fyn dop. Hy sal wel n fout maak. Dan gaan hy homself verstringel. Lekker glad met die bek. In die Anglo boere oorlog was daar ook verraiers. Wag Maar! !

Dries du Toit ·

Hierdie ding kom al n baie lang tyd. Met miljoene rand in jou sak staan jy nie n kans om n Engin en Sasol motorhawe te open as jy wit is nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.