Sasol open myn van R5,6 miljard

Sasol se Secunda-aanleg. Foto: Jóhni Steenkamp

Die petrochemiese reus Sasol het Vrydag aangekondig hy het amptelik ʼn R5,6 miljard-steenkoolmyn in Mpumalanga geopen.

Impumelelo, wat “sukses” in isiZoeloe beteken, is volgens Sasol een van drie wêreldgehaltemyne wat hy in die afgelope dekade as deel van sy R14 miljard-mynvervangingsprogram gebou het. Die ander twee is Thubelisha en Shondoni. Die bekendstelling van die myn is deur Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne, bygewoon.

Volgens Sasol het Impumelelo die kapasiteit om 10,5 miljoen ton steenkool per jaar te produseer. Daar is tans 1 760 mense in diens van die myn, meestal van nabygeleë gemeenskappe in Mpumalanga. “Afgesien van die sowat 4 000 werksgeleenthede wat deur die nuwe myne onderhou word, is die nuwe myne ook noodsaaklik om steenkoolvoorraad vir Sasol Secunda se Synfuels-bedrywighede tot minstens 2050 te verseker,” het Bongani Nqwababa, gesamentlike president en uitvoerende hoof van Sasol, gesê.

Volgens Nqwababa is ʼn unieke aspek van die myne die belegging in tegnologies gevorderde maatreëls wat Sasol aangeneem het om die veiligheid van sy werknemers én die omgewing te verseker. “Dit sluit in afstandwaarnemingstelsels op ons elektriese spoorlose-vervaardigingsmasjiene, wat ʼn waarskuwing gee en uiteindelik tot stilstand kom indien iemand te naby aan die masjien is,” het hy gesê.

Nog ʼn tegnologiese maatreël is dat die myne elektroniese ligflikkeringstelsels het om die veiligheid van ondergrondse bedrywighede te verbeter. Hierdie stelsel trek visueel myners se aandag waneer daar beweging in die dag is. Ander beleggings is verskeie soorte tegnologie om klankvlakke te verminder.

Danksy Sasol se mynbedrywighede is hy die derde grootste steenkoolprodusent in Suid-Afrika met sowat 40 miljoen ton steenkool per jaar. Die produksie dra 13% tot Sasol se algehele inkomste by en is, volgens die maatskappy, integraal tot die energiemaatskappy se langtermynvolhoubaarheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Frikkie Geld en huis ·

Maroela, Sasol is nie ‘n steenkoolvervaardiger nie. Steenkool is ‘n mineraal wat deur Sasol gemyn word. Daarna vervaardig Sasol verskeie produkte uit die steenkool.

Katryn ·

Meer steenkool, meer besoedeling, meer skade aan die planeet. Raak van die steenkoolverslawing ontslae.

Robert ·

Steenkool myne word ook nie gebou nie, steenkool word gemyn. Katryn, doen bietjie jou navorsing en sien hoeveel skade steenkool rook aan die planeet aanrig. Die probleem is 1000 keer kleiner as plastiek.

Andreas ·

Robert, net omdat plasiek ‘n groter probleem as steenkool is, beteken dit steenkool moet nie aandag kry nie?

Katryn ·

Robert, ek praat van gasse soos CO2. En onthou, Sasol gebruik steenkool om polimere te vervaardig wat gebruik word vir plastiek. Steenkool moet uitgefaseer word.

Hans ·

SA is geseën met fosielbrndstof, wat my pla is dat ons lnd miljoene ton uitvoer en nie so nie mksimum waarde tot energie toevoeg nie. Krg owekkung deur steenkool is na water due goedkoopste en behoort lokale industrie te stimuleer.

Basjan ·

Lugbesoedeling op die hoëveld is ‘n groot en ernstige omgewings- en gesondheidsprobleem. Verhoogde steenkoolverbruik gaan die probleme net vererger.

Boesman ·

Eskom en Sasol gebruik nie noodwendig dieselfde kwaliteit steenkool nie.

Jerry ·

Dit begin alles by een myn en brei dan uit na baie myne en uiteindelik een groot mynhoop. Dit is werkskepping vir duisende kaders en besoedeling vir miljoene Suid Afrikaners! Die ANC ken die bybel, maar verstaan nie wat geskryf staan nie, daarom doen hulle presies die teenoorgestelde en solank dit vir hulle werk, vir solank sal hulle so voortploeter totdat dit SA vernietig. Kundige mense moet hulself oorsee vestig in maatskappye wat kundige dienste ten duurste aan SA verskaf en toenemend gaan moet verskaf! Witmense wat in die toekoms in SA wil werk sal dit van oorsee af kan doen!

JG ·

“Sukses” is nou nie juis iets wat ek aan Zoeloe sal koppel nie…veral na die Zuma-era…

Boemerang ·

Meer steenkool, meer koolstofbelasting. Die verbruiker sal weer moet hoes. Dit alles terwyl die oliebedryf steeds halstarrig is om Euro 5 brandstofstandaarde te implementeer.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
…toe ons sanksies teen ons gehad het k9n ons petrol self maak vir n paar sente per liter…so het ons maar ons eie ekonomie gebou….maar deesdae kry kinders wat uit Technikon kom R90 000 per maand uit as salaris wat by Sasol werk…wonder wat kry die ander wat bietjie meer tussen die ore het….hulle vat ons vir n grap met die petrol prys…..en ons riot nie eers soos Frankryk daaroor nie…..”sad”..
.
.

Basjan ·

Met diè salarisse is Sasol mos op pad na nog ‘n Eskom. Oorspandering van $4 miljard op die $13 miljard projek in Louisiana, nakoming van lugbesoedeling en brandstof regulasies wat miljarde gaan kos. Kan net beter gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.