Sasol: Rassespanning oor bemagtiging

dirk-hermann

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Foto: Reint Dykema

Die nywerheidsreus, Sasol, en Solidariteit gaan mekaar eerskomende Donderdag by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) pak oor dié maatskappy se uitsluiting van wit mense uit ʼn nuwe bemagtigingskema, Khanyisa.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het gesê indien die partye nie ʼn skikking kan bereik nie, sal dit die eerste keer wees dat die KVBA ʼn sertifikaat uitreik wat wit werknemers in staat sal stel om wettig te staak uit protes teen rasseuitsluiting.

“Indien ʼn sertifikaat uitgereik word, sal Solidariteit onmiddellik met ʼn stakingstemming begin. Solidariteit het sowat 7 000 lede by Sasol en verteenwoordig ʼn groot deel van die maatskappy se tegniese en strategiese vaardighede.”

Volgens Hermann loop Sasol se vorige werknemerbemagtigingskema, Inzalo, op 18 Mei 2018 ten einde. Alle werknemers, wit en swart, op spesifieke posvlakke was deel van dié skema. Die nuwe skema, bekend as Khanyisa, word teen middel 2018 in werking gestel en teen R21 miljard aandele bekom. Wit werknemers word egter daarvan uitgesluit.

“Die eerste skema, Inzalo, het die tendens in die mynbedryf gevolg en alle werknemers ingesluit,” sê Hermann.

Die nuwe skema tref ’n onderskeid tussen twee kategorieë werknemers. Die eerste kategorie sluit almal in wat deel was van Inzalo en elkeen ontvang aandele ter waarde van R100 000. “Die tweede kategorie bestaan slegs uit swart werknemers en hulle gaan aandele van sowat R500 000 in hedendaagse terme ontvang.”

Hermann sê dit beteken dat ʼn wit werknemer wat 30 jaar lank vir die maatskappy werk vyf keer minder aandele gaan kry as ʼn swart werknemer wat byvoorbeeld maar drie dae lank by die maatskappy werk. “ʼn Jong wit werknemer wat nou by Sasol begin werk, ontvang geen voordeel nie al sou hy nog 30 jaar vir die maatskappy werk, maar ʼn jong swart werknemer kry alle voordele.”

Volgens Hermann het die eerste skema, Inzalo, die verlede gedefinieer en wit mense was daarby ingesluit. Khanyisa definieer die toekoms en wit mense word daarvan uitgesluit.

“Wit werknemers se frustrasie het kookpunt bereik. Hulle voel Sasol beskou wit werknemers as van minder waarde as ander werknemers. Ten beste is hulle vyf keer minder werd as hul swart medewerknemers en ten slegste is hulle vir Sasol niks werd nie.

“Sasol is inderwaarheid net ʼn mikrokosmos van Suid-Afrika. Die vervreemdingsvlakke van wit werknemers is oor die algemeen hoog en die Sasol-dispuut kan na ander werkgewers ook oorspoel,” sê Hermann.

Volgens Hermann gaan Sasol se werkmag teen middel 2018 in twee gesny word – die een deel swart en verryk; die tweede wit en sonder enige voordeel. “Wrewel gaan ongetwyfeld aan die kant van wit werknemers ontstaan. Hulle sien wat regstellende aksie teweeggebring het en hoe medewerknemers reeds daardeur bemagtig is.

“Wit mense het reeds ʼn prys vir regstellende aksie betaal. Nou kom ʼn aandeleskema boonop by en wit mense word weer uitgesluit. Dit is nie meer bemagtiging nie, maar verryking op grond van ras. Twee werknemers op presies dieselfde vlak word nou verskillend behandel en vergoed.”

In ʼn verklaring wat onderteken is deur werkvloerverteenwoordigers van Solidariteit wat by Sasol werk, sê hulle dat Khanyisa tot rassespanning gaan lei omdat werknemers op dieselfde vlak verskillend hanteer en vergoed gaan word. Volgens dié groep Sasol-werknemers gee die nuwe skema nie erkenning aan die rol wat wit werknemers gespeel het in die opbou van die maatskappy nie en ook nie aan hul lojaliteit aan die werkgewer en hul produktiwiteit nie.

“Ons is daarvan oortuig dat modelle vir werknemeraandeleskemas wat meer insluitend is, wel bestaan. Ons is by talle ander werknemeraandeleskemas betrokke en in bykans alle gevalle is wit mense deel van die bemagtigingsaksie. Ons het reeds opdrag aan ʼn kundige gegee om ʼn alternatiewe voorstel te formuleer,” sê Hermann.

“Om ʼn onderskeid te tref tussen werkers wat langs mekaar werk, is bloot onbillik. Die Sasol-transaksie is nie moreel regverdigbaar nie. Iets wat nie die morele toets kan deurstaan nie, is nie volhoubaar nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Frans C ·

Die gevolge veral op ekonomiese gebied van ‘n swak onderhandelde skikking word met die dag duideliker.

Adam ·

FransC, enige persoon wie onder die indruk verkeer dat daar ‘n “onderhandelde skikking” was, leef ongelukkig in ‘n droomwereld. Dit is so dat ‘n behoorlike skikking nodig was aangesien 5m nie 50 m (vandag se getalle) behoort te oorheers nie, net soos dit vandag belaglik is dat 50m teen 5m diskrimineer. Waar in die ganse wereld het ‘n enorme meerderheid dit nodig om hulle teen ‘n klein minderheid te “beskerm”? Die sg “onderhandelde skikking” was destyds bloot ‘n geval van die ANC wat aangedring het op wat hy wou kry en die NP het gegee wat daar was om te gee. Vergeet asb van ‘n wonderlike Grondwet en Manifes van Menseregte. Papier is geduldig en woorde beteken niks. Die ANC ignoreer bloot die Grondwet en die ANC se opvolgers sal eendag daarmee voortgaan. BBBEE, EE ens beteken weinig en na bykans 25 jaar behoort dit geen bestaansreg te gehad het nie. Die groot probleem is dat ons onbevoegde regering dit nie kan insien dat die ekonomiese koek groter moet word nie, maar eerder verkies om die staatskas te plunder en die ekonomiese koek keer op keer te probeer herverdeel. Dit kan en sal nooit werk nie en Solidariteit is gewis op die regte pad deur dieselfde medisyne te gebruik wat destyds deur die huidiglik bevoorregte kant gebruik is.

Rika ·

En dan is daar nogsteeds mense wat my wil oortuig dinge gaan beter word en ons moenie ons kinders vat en Australië of NZ toe trek nie. N wit vel beteken niks in hierdie land nie.

Johnno ·

@Rika, ja nee, ek’t 11 jaar gelede die besluit gemaak om SA te verlaat en myself te vestig in NZ, die beste besluit wat ek nog ooit geneem het. Ons kinders kan buite speel, fietsry en dan veilig slaap, ons kan braai sonder dat mens dink “gaan iemand ons aanval” as my vrou langs die pad gaan staan met die motor, worry ons nie.

Hendrik ·

Johno gaan dit goed met die engelsmannetjies, ek meen jou kinders ;-) ?

Deloris ·

Nog altyd respek vir Sasol gehad en net goed graat van hulle, nou dink ek niks van hulle nie, van my lys gedelete.

Wiehan ·

Ek glo nie Solidariteit sal enige iets regkry nie. As die Afrikaner nie saamstaan nie, soos die geval nou is, is ons in ons glorie. Daar is geen terug baklei en trots in die Afrikaner oor nie. Waar voor het ons voor ours baklei. Net sodat ons ales mahalla weggee
.

jaco ·

omgekeerde diskriminasie beteken diskriminasie is eintlik iets net wat wit mense aan swart mense doen en dat dit die “norm” is en skielik uit die bloute teen alle verwagting in “omgekeer” word as swart mense dit aan wit mense doen. Dis egter onwaar. diskriminasie en rassisme is net wat dit is. dis nie n wit eienskap wat nie by ander rasse voorkom nie. almal is daartoe in staat. party Zulus hou nie van xhosas nie. party kleurlinge hou nie van swartes nie. party Zulus hou nie van indiers nie. Hutus en Tsutsis in Rwanda is almal ewe swart, maar moor mekaar uit. jode en arabiere in Israel is almal ewe wit of ligbruin, maar haat mekaar.
en so kan en aangaan en aangaan
ons wittes moet ophou om met ons verkeerde terminologie die swart heersers van SA te laat glo dat net ons “verkeerd” is en hulle deurgaans “reg”.

Koos ·

Wonder watter politici word weer verryk deur ‘n groot deel van skema aandele wat aan een enkele persoon gaan. Gaan kyk maar na die tipe skemas in ander JSE maatskappye. Gewoonlik ‘n groot deel aan een individu of maatskappy waaruit een persoon voordeel trek. Die oorblywende deel word dan aan die meerderheid verdeel.

Gert ·

Ons moet Sasol se vulstasies ook boikot in simpatie met die wit werkers.
Ek het tot onlangs binne Sasol gewerk as ingenieur. Dit gaan verskriklik! Swart vroue “ingenieurs” word op die koop toe bevorder ongeag van hulle vermoë en die ervare witman moet nog steeds als op sy skouers dra. Die ou wit werkers kan nie wag vir aftrede en die jonges loop so vinnig hulle kan na die buiteland. Binne enkele jare as die grootste gros afgetree het, gaan Sasol meer moeilikheid he as Eskom

Tokkie ·

Stem saam met Johan kom ons boikot Sasol – kyk hoe vinnig het Spur van deuntjie verander toe almal saamgestaan het – eendracht maakt macht

theo ·

Ek gooi al lank nie meer Sasol in my motors nie, by Shell kry ek punte op my Clicks kaart.
Wat ek nie kan verstaan, wat het verkeerd geloop by die 1990-1994 onderhandelings dat daar steeds teen wit persone gediskrimneer word, dat regstellende aksie nog steeds aan die gang is???
groete

Eish ·

Theo,
Ek dink die FW de Klerk stigting skuld ons n antwoord.

Kabous ·

Afrikanervolksgenote, die skrif is aan die muur! Gebeure oor die afgelope tyd soos die Grondwethof se UOVS-uitspraak en nou hierdie Sasol-besluit bevestig weer eens dat blankes in die algemeen, en Afrikaners in die besonder, uitgelewer is aan ‘n haatdraende en gewetenlose regime. Ons staan op ons eie en word soos vyande in ons eie land behandel. Ek doen ‘n beroep op Solidariteit om Plan B te versnel en ook om alle moontlikhede rakende kulturele, ekonomiese, intellektuele en, les bes, territoriale selfbeskikking vir Afrikaners te ondersoek en te realiseer.

Petrus ·

Hoor hoor!

Dit maak geen sin om aan te karring met plan A terwyl ons kinders en al ons jong talent oorsee vlug omdat hul geen toekoms in Suid-Afrika sien nie.

Plan B, hoe pynlik ookal, is die enigste plan wat oor die lang termyn vir ons ‘n kans op oorlewing in Afrika bied. Territoriale selfbeskikking bied ook ‘n baie beter basis om Afrikanersnin die res van suid-Afrika te ondersteun.

Dit help nikson BOU net sodat alles wat ons bou afgebreek en afgevat kan word nie. Koop eers die erf en bou fan die huis. As jy op oemand anders se erf bou is jy mos net stupid!

koos ·

wit mense by SASOL moet bly wees hulle het hoegenaamd werk en wgbly van vakbonde, stakings ensovoorts. eendag is eendag wat hulle almal, selfs dié wat nie staak en na die CCMA toe gaan nie, afgedank word NET omdat hulle wit is en dan kom die beskuldiging dat hulle “reaksionêr” is en nie “transformasie” kan aanvaar nie.
Uiteindelik gebeur wat met die wit mense in Zimbabwe gebeur het: ‘n klein groupie het die MDC begin steun en gefinansier en toe jaag Mugabe amper al die wit mense uit Zimbabwe uit.
Soos wat dinge nou in SA gaan, moet wit mense eenvoudig aanpas en deurdruk daarmee. al is dit hoe moeilik. kla, staak en allerhande ander aksies gaan net maak dat ons vinniger nog meer onderdruk gaan word

Sann ·

Ai Koos, ek wens jy was reg, want as ons nog méér kon aanpas of toegee, en gesien het dat dit met ons beter gaan, dan het ons sekerlik almal daardie myl gestap. Maar hoekom word plaasaanvalle elke jaar meer en bloediger? Hoekom betaal ons duurder vir dienste maar sien al hoe minder resultate?… Ek dink jy weet waarheen wil ek stuur. Die punt is dat ons nie met redelikheid te doen het nie. Daar’s geen balans meer aan die gevolge van ons dade nie. Goeie mense word vermoor, afgedank, verneder en misbruik. Maar ek behou liewer my sin vir waarde, reg en verkeerd in ‘n verlore wêreld, as wat ek verlore raak in die wêreld omdat ek nie meer myself daarvan onderskei nie.

Anno ·

Duidelik het of werk jy nie vir Sasol nie. Jy besit dan seker ook nie aandele wat sonder vergoeding van jou weg geneem word en vir swart werknemers onder ‘n nuwe “scheme” gegee word nie!

Johan ·

Ek gebruik so 200 000 liter n maand desel sal hulle móét boikot

Loubcher ·

Nou hoe anders moet transformasie in hierdie land ooit plaasvind? Hoe anders gaan die bose kringloop van wit ekonomiese oorheersing dan ooit verbreek word?

Basson ·

Deur ekonomiese groei, nie deur herverdeling.

(O ja, wit ‘oorheersing’ is eintlik ‘wit prestasie’)

Swart regering kan nie groei bewerkstellig of ondernemings suksesvol bestuur nie, viz ‘SOE’ ondernemings.

m.d.r. ·

Nou wanneer sal transformasie ooit voltooi wees ?

Wat is hierdie “transformasie” se finale eindbestemming…?
Jy kan tog nie vir ewig transformeer nie…..!

Dit lyk al van dag 1 af asof die werklike doelwit van transformasie is om alle witmense uit SA te verdryf.
Gaan lees biejtjie die Duitse geskiedenis vir die jare 1930 tot 1939—-
Adolf Hitler was eintlik die uitvinder van regstellende aksie–hy was die eerste een wat geeis het dat alles in Duitsland die “demografie” van die land moes weerspieel–maar sy doelwit was om die Joodse minderheid uit Duitsland te dwing deur allerhande onderdrukkende ekonomiese maatreels–net soos die ANC in SA teen die wittes doen.
Dit is die teiken van “transformasie”–soos Hitler altyd geskree het–Deutschland –Judenfrei….!
…..’n Witvrye SA….nie waar nie…?

Stefaans. ·

Ek werk by Sasol en ek is bitter negatief. Dankie Solidariteit en kom ons almal staan saam. Ons kan.

John ·

Is Sasol nie destyds met lenings van wit belastingbetalers begin nie… sommer so afgetrek sonder toestemming wat glo weer terugbetaal sou word (met rente??). Die huidige hoofbestuurder is glo ‘n Kanadees… of is hy ook reeds vervang? Sasol ploeg met Afrikaners wat die bedryf met groot insette en baie oortyd help opgebou het vir wat dit vandag is. Baie opofferings is genoodsaak, ook van die gesinne van werknemers en die nuwe dorpe het aanvanklik glo baie probleme opgelewer…. En nou word die nageslag met ‘n vrot vis geslaan… wat baie ruik soos die lug wat mens inasem as jy deur die dorpe ry. Om agteroor te val om regerings te plesier/om te koop was nog nooit slim nie… wat Sasol dalk te laat sal besef…

Basson ·

Daar is amper 5m swart middelklas vs omtrent 2.5m (en krimpende) wit middelklas. Bevolking is> 50m.
Al gee jy AL die wittes se ‘middelklas’ vermoë aan swartes het jy nog nie juis ‘n duik gemaak aan die vlak van armoede in SA nie,. Daarom is groei belangrik, goeie ekonomiese en politieke beleid. Swak bestuur van die land is grootliks verantwoordelik vir die skreiende armoede. BEE (verryking van klein elite) korrupsie ens. Mag en vraatsug laat letterlik miljoene honger gaan, dis nie die wittes se skuld. (Indeendeel het wittes se inisiatiewe baie hiervan ontbllot)

Vinnigste ·

Die MAG en KEUSE van verbruiker is beste en goedkoper as hofsake ook vinnigste en effektiefste wees ….moet uitvind van nog produkte wat die sasoltjie vervaardig.

johan ·

wat het gebeur met die 1990-1994 onderhandelings dat daar nog steeds teen wit persone gediskrimneer word.

Eish ·

Wat n kwade dag!
Die voortdurende margilarisering van wittes twee en n halwe dekades in die nuwe bedeling in, laat n mens eenvoudig sprakeloos!
Staatsinstellings op enkele uitsonderings (SARS)het feitlik geen blankes in diens nie, privaatmaatskappye word wittes uit n toekoms geboelie met BEE, jy kan niemand skeef aankyk sonder om uitgekryt te word as n rassis nie. Die howe wil ons nie sien of hoor nie.
Quo Vadis?
Ek is totaal keelvol om as n apologeet te leef.
Ek dink die tyd het aangebreek om radikaal te protesteer. Des te meer indien blankes nog strategiese posisies in die maatskappy bekleë.
Ek hoop van harte dat die blanke werkerskorps eendragtig agter die versetaksie sal verenig.
Dit sal n blye dag wees indien die blanke werknemers se aksie die maatskappy tot stiltstand dwing weens gebrek aan kundigheid. Mag die burgerlike verbruikersboikot ook effektief wees.
Die Vader weet, hierdie aanslag op ons welstand met soveel wat reeds verarm het, het net een doel voor oë en dit is n verarmde, uitgerangeerde blanke bevolking wat in totaliteit geen invloed in hierdie helhool het nie.
Mag die Hemelse Vader ons behoed in hierdie tye van genadelose, haatverklaring as persona non grata!

Wanda ·

My man werk vir SASOL en was deel van die eerste skema. Al die beloftes vir niks. Wat gaan van die nuwe een word? Dink bietjie. Groot woorde en KLEIN dade. Al vir hoe lank? ‘n Mens kan ook net soveel keer opstaan en probeer aanhou loop. Beloftes kan ‘n mens ook net sover dra. Iewers moet iemand opstaan en GENOEG SE. Maar weereens ook verstaan en besef. ONS IS DIE MINDERE NOU. TAKE IS OR LEAVE is nou ons voorland. Ons kan baklei en mountain en kerm, maar sonder STERK ONDERSTEUNING gaan ons nêrens kom nie. Die game MANOPOLY is hier betrokke. Die oomblik wat jy al die kaartjies het, dan wen jy die game… Ons het nie meer kaartjies oor nie…

Saartjie ·

Ek is Sasol pensioenaris met Inzalo aandele. Verduidelik asb wat word van my huidige aandele en wat kan ek verwag. Vandag se berig is nie herltemal duidelik vie my nie. Word my Inzalo aandele vervang of gaan ek dit verbeur??

Ig ·

Die handjievol Blankes wat nog by Sasol is sal hulle water en ligte afsny as hulle staak agv hulle kundigheid.Dit geld ook vir al die ander maatskappye wat net eenvoudig die blankes misken ter wille ban BBE ens.

GenoegGehad ·

Ek self werk vir Sasol en kan sê dat die bestuur in Sasol ook die grootste klomp leunaars is. Hulle sê een ding en doen anders… en meeste van die wittes in n posisie om invloed te hê ploeter maar net voort, want hulle het reeds genoeg geld enas dinge in mekaar stort gaan hulle wel genoeg af wees. Nog n ding: Twee CEO’s is baie baie verdag… en ons vermoed sterk dat sodra die Amerika aanleg op en in bedryf is gaan hulle Sasol in 2 deel… een deel is Sasol SA met al die BBBEE en ander gemors, en die res Sasol Internationaal want dan gaan die regering minder geld uit Sasol kan kry… alles te danke aan die vraatsige kortsigtelikeheid van ons regering…

Jean ·

Erg rassisties die nuwe Suid Afrika…hoe is dit veel anders as die apartheids dae waar seker areas en werk bespreek was net vir sekere rasse! En bul kan nie eens die werk reg doen nie ai,,,,Nee wat Suid Afrika suig!

Kosie Kramer ·

`n Motorhawe eienaar het jare gelede vertel dat alle brandstof in SA eintlik Sasol is, met `n verskillende bymiddel. Bv. Total gooi `n pers bymiddel by, en Shell `n groene. Indien dit so is, sal die boikot van Sasolpompe nie veel help nie. Ons sal kreatiewer moet dink.

Koos ·

Ek self ook da gewerk paar jaar terug, glo my Sasol is n tyd bom!! Met die kwaliteit van ambagsmanne en die bestuurders wat besluite moet neem gaan daai plek nie meer lank staaan nie..ook maar bly ek is weg van daar! En met die aandele storie gaan dit net erger wees,,

Zachrys ·

@ Kosie, brandstof deur piroliese van ou bande / plant materiaal / huishoudelike afval soos plastiek… Ek kan op hierdie oomblik 5000liter per dag kry van iemand wat dit met ou myn bande maak. Fraksioneel geïsoleer kry jy so 10 % vliegtuig brandstof 10% petrol 30% diesel en die res is hfo soos wat skepe gebruik en so bietjie teer. Die hele Europa gebruik die eenvoudige proses en wek krag op daarmee Duitsland veral. hierdie is ń alternatiewe antwoord vir werk aan die ex Sasol werkers as teenfoeter vir die ou regerinkie van hierdie land…

Etienne ·

Ja, en as die nou om ge ruil was het die EFF Sasol gaan af brand en by elke petrol stasie gestaak.

Noël ·

Wel, van vandag af gee ek dan net vir sekere karwagte, sekere bedelaars geld en kos, sal slegs sekere mense aanstel. As ons land so rasisties wil wees, dan kan ons ook maar.

Frans C ·

Die voorbok in die veldtog teen die Blankes en dan veral die Afrikaners was en bly steeds President Zuma.

Hy het dan ook: ( De Klerk stigting 2015):
Three years ago at the ANC’s 8 January celebrations in Bloemfontein, President Zuma sang the “Shoot the Boer” song to a stadium full of ANC supporters. It is on YouTube for all to see. The words are as follows:

“We are going to shoot them, they are going to run;

We are going to shoot them, with the machine gun;

They are going to run. You are a white man –

We are going to hit them – and you are going to run!

Shoot the Boer!

….We are going to hit them – they are going to run!

The Cabinet will shoot them with the machine gun!

The Cabinet will shoot them with the machine gun!

Shoot the Boer!”

Dit is dus geen wonder dat dit so in die land gaan.

Hendrik ·

Julle ek werk nou al vir 7 jaar aan Plan B en dit werk. Hou op praat en spring aan die werk. Ek is van die water netwerk, krag netwerk en mense in omgewing gaan net van krag tot krag, sonder SASOL, ESKOM, TELKOM, Rand Waterraad ens.

kobus ·

Wat nou by sasol gebeur het het 20 jaar terug in die staatsdiens gebeur.Ek was daar en moes toe kyk hoe swart kleurling en indiers wat n derde van my ondervinding het bo my bevorder is, toe het die privaat sektor nie veel te se gehad nie.Die punt is dat die anc regering gaan nie stop om sy swart stemme te aan hou vergoed vir hul steun nie

Lizette ·

Indien hulle kan voorsien ek dat blankes Sasol se diens sal verlaat, ek hoop almal kan, indien wel is daar Geen toekoms vir Sasol nie. As jy die motor uit jou voertuig haal, gaan hy nerens heen nie.

sondernaam ·

Ek is jammer dat ekskuilnaam gebruik, doen dit as n reel nie. Ek is werksaam by SBAH in pretoria. Werk nou al in die omgwing van 30 jr da.Het van onder af begin en my opgewerk tot waar ek nou is, en verder weet ek sal ek nie vorder nie, ek is wit en n man en makeer niks, gesond soos kan wees. Dit is waar wat jul sê, wat die wittes uit dan val als plat en uitmekaar. Ons ver in die minderheid daar,tog is dit ons wat als aanmekaar hou en op wie staat gemaak word as die popo die fan strike. Ek doen wat ek doen vir die pasiente wat soontoe moet kom, dit wat ek doen is my passie en ek sal dit aanhou doen solank ek kan en die kans en geleentheid gegunword. Ek kan en het nog nie van probleme of my verantwoordelikheid weg gehardloop nie. Ek en my ou pelle het baie gebloei en deur gemaak vir die land. Dit is n baie hartseer tyd wat ons ingaan, geen toekoms niks. Tog reken ek dit is wat jy kan doen. Ek doen my deel al is dit hoe klein en gering ek doen dit met oorgawe, want dit is wat ek geleer is om te doen en geglo het dit is wat die witmens gebring tot waar hy nou is.

Fanie ·

Saartjie,
Sasol se duidelik as jy nie 2017 in hulle diens was nie , kry jy geen voordeel!

OOk 30 jaar vir hulle gewerk en kry nou niks !

Verstom ·

Ja-nee, ons kry die boodskap. As ‘n maatskappy sonder om ‘n oog te knip so blatant teen sy eie lojale werknemers kan diskrimineer, weet ons baie mooi hoe laat dit is en ons verstaan duidelik hoe die wind waai. Die onsinkbare Titanic is besig om te sink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.