Sasol Solar Challenge: Meer as 10 000 km op sonkrag afgelê

ukzn-solar-car

Die span van UKZN Solar Car ontspan ná dag 5 Foto: Sasol Solar Challenge

Die tien spanne wat aan die Sasol Solar Challenge deelneem, het reeds gesamentlik meer as 10 000 km afgelê deur slegs van sonkrag gebruik te maak.

Dit is vandag die sesde dag in dié wedren tussen Pretoria en Kaapstad waaraan plaaslike en internasionale universiteitspanne deelneem. Die spanne het vandag die pad van Port Elizabeth na Knysna toe aangedurf. Die spanne sal na verwagting môre in Swellendam aankom en Sondag in Kaapstad eindig.

Die punteleer het Woensdagaand na dag 5 só gelyk:

  1. Delft University of Technology (Nuon Solar Team) – Nederland
  2. Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN Solar Team) – Suid-Afrika
  3. Anadolu University (Anadolu Solar Team) – Turkye
  4. Noordwes-Universiteit – Suid-Afrika
  5. Tshwane Universiteit van Tegnologie – Suid-Afrika
  6. Maragon Private School Olympus (Solar Eagles) – Suid-Afrika
  7. Near East University – Ciprus
  8. Universiteit van die Witwatersrand (Wits Solar Team) – Suid-Afrika
  9. Universiteit van Kaapstad (UCTSVG) – Suid-Afrika
  10. Universiteit van Johannesburg (UJ Solar Team) – Suid-Afrika

‘n Video van Dag 5 se hoogtepunte volg onderaan die berig.

Klik hier om die gebeure op Facebook te volg.
Klik hier om die gebeure op Twitter te volg.
Klik hier om die webwerf te besoek.
Soek die gebruiker “SaSolarChallenge” op Instagram.

Lees meer oor die Sasol Solar Challenge.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.