Sasol Solar Challenge: Só staan sake

Die span van die NWU tydens die tweede been van die 2014 Sasol Solar Challenge tussen Kroonstad en Bloemfontein via Theuniskraal op 28 September 2014 Foto: ©Barry Aldworth/BackpagePix ©Backpagepix 2014

Die span van die NWU tydens die tweede been van die 2014 Sasol Solar Challenge tussen Kroonstad en Bloemfontein via Theuniskraal op 28 September 2014 Foto: ©Barry Aldworth/BackpagePix ©Backpagepix 2014

Tien spanne van plaaslike en internasionale universiteite het mekaar in die Sasol Solar Challenge die stryd aangesê om met sonkragmotors die pad tussen Pretoria en Kaapstad af te lê.

Die 2014-uitdaging het op 27 September in Pretoria begin en sal binne agt dae in Kaapstad eindig. Die motors ry deur Kroonstad, Bloemfontein, Colesberg, Graaff-Reinet, Port Elizabeth, Knysna, Swellendam en uiteindelik Kaapstad.

Die deelnemers het gister in Bloemfontein aangekom en is vandag op pad na Colesberg. Die Delft Universiteit van Tegnologie in Nederland het teen Sondagaand voorgeloop. Die span van die Noordwes-Universiteit is tans die Suid-Afrikaanse voorloper.

Spanne kan daagliks ook tussen 58 en 132 km ekstra in verskillende dorpe aflê.

Na die einde van dag 2 staan sake só:
1. Delft University of Technology (Nuon Solar Team) – Nederland
2. Universiteit van Johannesburg (UJ Solar Team) – Suid-Afrika
3. Anadolu University (Anadolu Solar Team) – Turkye
4. Noordwes-Universiteit – Suid-Afrika
5. Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN Solar Team) – Suid-Afrika
6. Tshwane Universiteit van Tegnologie – Suid-Afrika
7. Near East University – Ciprus
8. Maragon Private School Olympus (Solar Eagles) – Suid-Afrika
9. Universiteit van die Witwatersrand (Wits Solar Team) – Suid-Afrika (slegs 31 km afgelê)
10. Universiteit van Kaapstad (UCTSVG) – Suid-Afrika (nog geen km’s afgelê nie)

Klik hier om die gebeure op Facebook te volg.
Klik hier om die gebeure op Twitter te volg.
Klik hier om die webwerf te besoek.
Soek die gebruiker “SaSolarChallenge” op Instagram.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Chris Joubert ·

Dit lyk na swak beriggewing: Universiteit van Johannesburg is 2de met Nordwes 4de, maar julle berig dat Noordwes die voorloper van die Suid-Afrikaners is?

Sune van Heerden ·

Dagsê Chris

Ons vra om verskoning oor die misverstand. Die ranglys is gebaseer op die uitslae ná dag 2. Noordwes was tydens die derde been op die derde dag van die wedren [Maandag] die Suid-Afrikaanse voorloper. Ons sal binnekort ‘n nuwe berig laai met die jongste ranglys. UJ het gister teruggesak tot die sewende plek.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.