
Stakende Sasol-werkers en lede van die gemeenskap tydens ʼn protesoptog in Secunda, Mpumalanga (6 September 2018). Foto: Reint Dykema
Solidariteit en Sasol het vandag onverrigter sake uiteengegaan nadat ʼn tweede ronde van konsiliasie by die KVBA geen oplossing vir die voortslepende dispuut opgelewer het nie. Solidariteit-lede wat by Sasol werk, is sedert die begin van September besig met ʼn sloerstaking oor Sasol se aandelebemagtigingskema, Khanyisa, wat wit werkers in sy fase 2 uitsluit.
Volgens Deon Reyneke, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, weier Sasol om enigsins toe te gee aan die stakende werkers se versoeke. “Sasol is duidelik daaroor dat sy verdeling van die werkmag op grond van ras aanvaarbaar is en billike diskriminasie daarstel. Stakende werkers se duidelike versoek om inklusiwiteit word eenvoudig van die tafel gevee,” verduidelik Reyneke.
Solidariteit sal die staking en bewusmaking oor hierdie belangrike kwessie verskerp deur ʼn nasionale dag van protes deur sy lede aan te kondig sowel as deur ʼn protesoptog na Sasol se hoofkantoor in Sandton te hou. Volledige besonderhede oor die protesoptog sal eersdaags bekendgemaak word.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
51 Kommentare
Solidariteit, hierdie is maak of breek, moet net nie ingee nie, anders sal hulle en die regering die aanslag teen die wit mense verskerp.
Alle witmense moet deelneem aan die staking deer net eenvoudig nie sy produkte te koop nie Sasol sal baie vinnig voel en dan gehoor gee. Dis al gaan gooi ander petrol in klaar.
Sasol moet oppas. Hierdie fat cat kan beland waar die res van die semi-staatsinstellings tans is. Die bestuur glo die wit werkers is so ordentlik en so hardop vir werk dat hulle maar net weer soos soet kindertjies die papiere op die speelgrond sal gaan optel sodra meneer die fluitjie blaas. Miskien het die nuwe base nog nie ‘n erge krisis by Sasol beleef nie. Een ondeurdagte aksie van ‘n onkundige en daar’s chaos… en dan moet die wit ooms weer gratis overtime om die base se baste te red.
Is dit nie tyd dat Solidariteit na ‘n hoër rat oorskakel en Sasol op hul knieë dwing nie? Lyk my hulle (Sasol) is baie hardkoppig en moet tot ander insigte gedwing word.
I slaved for sasol 33 years and not feeling good that I worked for sasol.I fill my cars with caltex diesel and petrol across of sasol garage in Modimolle .I feel sorry for the people that are still working for sasol.