Sasolburg-pedofiel gevonnis: ‘Ons kan nou afsluiting kry’

Argieffoto

Argieffoto

Die pa van een van die slagoffers van die berugte Sasolburg-pedofiel het gesê die man se skuldigbevinding gee hom ʼn mate van afsluiting na sy dogter se traumatiese ervaring.

Die pa, wie se naam nie genoem mag word nie om sy dogter se identiteit te beskerm, het na afloop van die verrigtinge Woensdag in die hooggeregshof in Bloemfontein aan Maroela Media gesê dit was ʼn lang pad tot hier, maar nou kan die gesin uiteindelik aanbeweeg. “Ons is baie tevrede met die uitspraak en ons weet dat hy swaar gevonnis sal word. Ons wil net sien dat hy vir ewig uit die samelewing verwyder word sodat hy nooit weer iemand kan seermaak nie,” het die pa gesê.

Maroela Media het vroeër berig die 52-jarige man is skuldig bevind op 933 seksuele aanklagte, onder meer verkragting, seksuele aanranding en die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie. Hy sal in November gevonnis word.

Die man se dogter het in 2011 in die kloue van die pedofiel beland nadat sy by sy huis gaan oorslaap het toe sy vriende gemaak het met een van sy dogters. Die meisie was toe agt jaar oud. Haar ouers het eers van die molestering bewus geraak nadat die polisie hulle gekontak het.

Die pa het Woensdag aan Maroela Media gesê hy glo nie die beskuldigde is rehabiliteerbaar nie. “Hy het self tydens die verhoor erken hy is ʼn pedofiel. Dit lyk ook nie asof hy enige berou het oor wat hy gedoen het nie. Selfs terwyl die hof die uitspraak voorgelees het, het hy nog in die beskuldigdebank gesit en sy kop geskud. Hy moet lewenslank toegesluit word.”

Volgens die pa kan sy dogter, wat nou 12 is, nou berading ontvang aangesien die hofsaak verby is. “Sy kry nog woede-uitbarstings en sukkel om haar emosies te hanteer, maar dit gaan goed met haar. Ons sal sorg dat sy die regte hulp kry om hierdie ding te hanteer.”

Die pa het die ondersoekspan bedank en spesifiek kapt. Veronica Banks en kapt. Leon Bester, wat nou by die saak betrokke was, bedank. “Ons wil ʼn beroep op ander ouers doen om hulself in te lig oor hierdie kwessie en te weet waarvoor hulle op die uitkyk moet wees. Elke ouer moet kennis oor hierdie onderwerp hê.”

Operasie Cloud 9, ʼn voortgesette veldtog wat spesifiek op die been gebring is om die seksuele uitbuiting van kinders aanlyn te ondersoek, sal op 12 Oktober weer ʼn geleentheid by Weltevrede Leeuplaas in Heilbron hou. Die geleentheid is spesifiek daarop gerig om mense bewus te maak van kindermolestering en ander seksuele misdrywe en ouers in te lig oor hierdie gevare.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ansie ·

Mense besef nie hoeveel skade kinders wat verkrag is het nie. Ons wag vir die hofuitspraak die 25 Augustus om te hoor of die man wat ons kleindogters verkrag het skuldig bevind gaan word. Ons sien elke dag die gevolge van dit woede uitbarstimgs, nagmerries en n onsaglike vrees dat die man gaan uitvind waar hulle bly. Die saak is al twee jaar aan die gang. Sterkte aan die familie en hoop die hoofstuk kan afgesluit word.

Lae luis ·

Lae luis, wens ons kon jou uitsorteer, ek kan nie glo mens kry sulke siek mense nie, vir hom is dit pret en plesier om siele te vernietig. Sulke tye bid ek vir ‘n weerligstraal!!!!!

Columbiana ·

Gemors. ‘n waste of human skin. Dis so bitterlik jammer dat hierdie oortreding nie maar net van die planet verwyder word nie. Die gemors kan nie gerehabiliteer word nie. Vat hom uit in die tronk

Laura Joubert ·

En dit is hoekom my kinders nêrens oorslaap. Hulle maatjies kan maar hier kom kuier, maar ek is bitter jammer, ek vertrou niemand

Louise ·

Daar is geen woord in die HAT wat hierdie slegte, gemors kan beskryf nie !! Weet hy hoeveel stukkende kinders daar buite rondloop deur hom – hoeveel leë oë en harte. Dit wat hierdie uitvaagsel gedoen het, is ingebrand in siel en liggaam — dis deel van die mens wat geskape is, want hy het die mooi vernietig.!! Mag jy kry wat jy verdien en nooit weer die buitekant vd samelewing sien nie ! Sterkte, genade en liefde vir die wat verniel is deur sulke uitvaagsels !!

Jaco ·

Terregstelling die Bewusmaking is 8 Oktober te Weltevrede Leeu Plaad

Leon Pit ·

Wat ek graag sal wil sê sal Maroela nie plaas nie. Jammerte

Anoniem ·

En daar is pa’s ook wat die goed aan hul eie kinders doen…..Mense is siek!!!!!!!!!!!!!!!!!!

peanut ·

Nee jong Tamboti, sy naam sal mos beskerm word, hyt mos ‘menseregte’,
Of het jy vergeet in SA is die kriminele op meer geregtig as die slagoffers

Rina Kotze ·

Bring terug die doodstraf!
Party mense moet net eenvoudig permanent verwyder word uit die samelewing!
Nie eers onderhou word in die tronk op belastingbetalers (en slagoffers se families se geld nie!)
Hulle verwoes kinders se lewens, maar moet “rehabiliteer” word???
Snert!
Sterkte aan alle kinders wat daardeur was en besig is met berading.
Ek weet nie of mens ooit daaroor kan kom nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.