Sasolburg-pedofiel skuldig op honderde aanklagte

hof-hamer

Argieffoto

Die Bloemfonteinse hooggeregshof het Woensdag ʼn pa van Sasolburg skuldig bevind op 933 seksuele misdrywe, waaronder die seksuele aanranding van sy eie twee dogters.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media bevestig die 52-jarige man is skuldig bevind op een aanklag van gemeenskap met ʼn minderjarige jonger as 15 jaar, 37 aanklagte van verkragting, 18 van onsedelike aanranding, 541 van die besit van kinderpornografie, 108 aanklagte van die verspreiding van kinderpornografie en 228 van die vervaardiging van kinderpornografie.

Die man sal van 1 tot 4 November gevonnis word en sal in polisieaanhouding bly tot dan. Die staat sal intussen sielkundige verslae bekom wat ter verswaring van vonnis ingedien sal word.

Die man is op 16 Oktober 2014 in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk van Interpol ontvang het. Die man het glo ʼn netwerk vir pedofiele aanlyn besoek en foto’s opgelaai van hom wat sy twee dogters en ander meisies seksueel aanrand.

Die polisie het vroeër gesê die man het foto’s op ʼn webwerf geplaas waartoe slegs sekere mense toegang het. Die webtuiste se gebruikers moet eers ʼn foto van kinderseks oplaai voordat hulle toegang tot die webtuiste kry.

Tydens die man se inhegtenisneming by sy kantoor in Kew, Johannesburg, het die polisie op talle rekenaars, DVD’s, selfone, boeke, seksspeelgoed, onderklere en foto’s beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jakes ·

Kon berig nie deurlees, en het nie kommentaar. SIEK MAL. Ek vra net..400jr tronksrak te kort selfs…SKADE aan kinders sooo ongevraagd!!!

Leeutjie ·

Ek stem Jakes….hoe siek is die wereld nie en waar gaan die mensdom heen? Sy eintlike probleme gaan begin die dag as hy sy kop neerle!!

Piet Pompies ·

‘n Paar jaar terug vang ek my bure se laerskool seun en dogter waar hulle in ‘n groot sak wegkruip en mekaar betas. Ek glo daaraan om die yster te smee terwyl hy warm is en roep die pa. Die pa is geskok maar besef dit is ‘n saak wat dringend aandag nodig het, die ma sluit by die gesprek aan en reageer met woede en ontken dat so iets kon gebeur het. Na die gesprek het ons buurmanskap suur geword, die mense het verhuis en ons verneem dat hulle geskei het. In die tyd van suur buurmanskap het die vrou se volwasse broer wat ongetroud is gereeld kom kuier en saam met die kinders onder die bakkie se seil gespeel. Hier was dit ‘n geval van ouers het geweet iets is verkeerd en wou nie die waarheid ontbloot. Die kans is groot dat albei die jong kinders eendag as hulle groot is dieselfde gaan doen want hulle is nooit geleer wat is reg en verkeerd.

Anoniem ·

Piet pompies dit is jammer jy se so iets want dit is nie waar nie, diegene wat se “ek weet nie dit was verkeurd nie of ek dogdi t is normaal” is n lieg storie! Jy hoor daagliks van dit op sosiale media, in die nuus etc so die kaans dat hulle nie gaan weet dit is verkeurd is groot, so ek glo nie daai stories nie! Wat my te bowe gaan is dit gewoonlik mense wat agter die kerk weg kruip en oudelinge van n kerk! Ja ek was daar deur en van wat ek geleer het met groot word… Ek sal vermoor wie dit met my kinders net try, ek sal hulle glo voor ek die groot mens glo maar ek het nie groot geword met die idee dit was normaal nie, n mens kan net bid dat nie meer kinders daar deur gaan nie en jy jou kinders teen so iets probeer beskerm, glo my kinders weet dit is verkeurd maar as jy klein is en iemand se vir jou ” jy better niks se nie of ek maak jou dood of jou ma” glo my jy gaan bang wees om iets te se, toe ek groter is om iets te wou se was daar vir my gese ek moet stil bly oor dit n familie lid was en dit sou die ouer mense se dood veroorsaak het en dit sou die familie uit mekaar skeer

Mariaan ·

Hoekom word sy naam nie genoem nie?? Dis glo om die slagoffers te “beskerm”, maar dis net in Suid-Afrika dat dié rede aangevoer word, maar eintlik beskerm dit die pedofiel. In die res van die wêreld word sulke seksoortreders se name bekend gemaak juis om ouers bedag te maak en te waarsku.

tammy ·

Is daar iemand wat die moed het om sy naam vir ons te gee. Die skollie!!!!!

Nicolene Schultz ·

Sluit hom toe en gooi die sleutel Baie Ver Weg!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.