‘Sassa-aftrekkings moontlik strydig met wet’

Argieffoto

Hoewel die hooggeregshof in Pretoria onlangs beslis het dat aftrekkings wel van die maatskaplike toelaes gedoen mag word, verbreek dit moontlik steeds die Wet op Verbruikersbeskerming.

Só sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder, nadat dié party in ʼn verklaring gesê het hy gaan die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) vra om ʼn ondersoek na dié bevinding te doen.

Alberts sê hy het die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor handel en nywerheid in Maart vanjaar reeds versoek om die betrokke bank waar die aftrekkings gedoen word te gelas om voor die komitee te verskyn.

Hy sê dit is lank reeds deur mediaberigte bekend dat NET1 UEPS, die houermaatskappy van Cash Paymaster Services (CPS), wat die betaling van die toelaes behartig, ander filiale het wat onder meer mikrolenings en versekering bedryf, en dat CPS moontlik onbehoorlik misbruik is om bemarking vir dié filiale te doen.

“Die komitee is deeglik bewus van die uitbuiting van veral behoeftige Suid-Afrikaners deur die onreëlmatige toestaan van krediet en daar is tans selfs ʼn proses aan die gang om die Nasionale Kredietwet te verander om groter beskerming aan mense te verleen wat op dié manier uitgebuit word.

“Die mense wat toelaes ontvang, is reeds in ʼn desperate geldelike situasie, en alles moontlik moet gedoen word om hulle van uitbuiting te beskerm,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

snoefie ·

dít is eintlik n hartseer storie. mens weet mos jy het elke sent self nodig. hoekom gaan jy dan n lening aan en kla dan dat sassa hulle geld “vat”? jy weet mos as jy skuld moet dit betaal word. tog is die nood groot.

Chris ·

Ek sou graag die volgende wou vra ivm die aftrekkings, behoort daar nie ‘n geletterdheid toets gedoen te word voordat mense net lenings links en regs kry nie? Ek is seker dat baie mense uitgebuit word deur maatskappye wat aan hulle lenings gee en nie eintlik besef waarvoor hulle hulself inlaat nie weens ‘n gebrek aan geletterdheid?

John ·

… wil die mense nou al hul skuld afgeskryf kry? Miskien is ‘n ANC-bank nodig dan kan dit alle skuld gereeld afskryf… die R14 000+ sitkamerstelle, Apple-fone, groot tv-skerms en nuwe bakkies terwyl die stokou eienaars elk voor ‘n gratis hophuis in die son sit en uitwerk hoeveel beeste in die tuisland op die uitgestrekte plaas hierdie somer aangekom het…

pieterdp ·

SASA ged. Wat se geld?? Die geld wat SASA lede ontvang is n kwart van die miniemim loon wat die Regering daar gestel hetvir almal. Hoe is dit moontlik dat instansies en geldskieters enigings vir die lede nog lenings kan gee.

Sussie ·

HOEKOM doen hierdie mense soveel goed wat STRYDIG is met wette en met die konstitusie en met al wat ‘n reel is in die land. WIE gee die opdragte en WIE authorise die aftrekkings en betalings, dit is mos nie net een persoon wat hierdie goed goedkeur nie, of hoe verstaan ek dit nou? Ek het al in die staat en by parastatals en privaat maatskappye gewerk en die wragtie weet . daar is gewoonlik DRIE mense wat oor hierdie goed moet besluit en by wie jy ‘n handtekening moet gaan kry .. hoe kan hulle dan nie genoeg kennis he om besluite te neem WAT TEENSTRYDIG met landswette is nie hmmmm?

HAIBO ·

Die probleem is alle GELDINSTELLINGS is ‘n hele paar jaar gelede VERPLIG om aan ALMAL lenings toe te staan anders diskrimineer hulle teen die minderbevoorregtes en swartes. Daarom moes alle banke toe bontstaan en lenings links en regs uitdeel anders word hulle gestraf .. so ja . hulle het dit gedoen, maar in ooreenstemming met die KULTUUR In die land van dat jy alles VERNIET moet kry .. het hulle NOOIT daaraan gedink dat jy dit moet terugbetaal nie want die vorige regering se mense het dan ‘niks terugbetaal nie, hulle het alles verniet gekry’.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.