Sassa-amptenaar jare ná aanstelling vas oor vals matrieksertifikaat

Die verdagte tydens haar inhegtenisneming in Volksrust. (Foto: Verskaf)

’n Voormalige werknemer van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) is in hegtenis geneem nadat dit aan die lig gekom het dat sy 15 jaar gelede met haar aanstelling by Sassa ’n vals matrieksertifikaat ingedien het.

Die vrou (59) het sedert haar aanstelling in 2006 meer as R4 miljoen aan jaarlikse salarisse en bonusse onbehoorlik verdien. Sy word nou van bedrog aangekla.

Kapt. Sekgotodi Dineo Lucy, woordvoerder van die Valke, sê die verdagte is destyds as spanleier in ’n administratiewe pos aangestel. ’n Interne ondersoek na werknemers se dokumente by Sassa het egter onlangs aan die lig gebring dat die verdagte ’n vals matrieksertifikaat ingedien het toe sy destyds om die betrokke pos aansoek gedoen het.

’n Saak is in Desember 2020 teen die vrou aanhangig gemaak en sy het bedank.

Die saak is intussen na die Valke oorgeplaas waarna lede van die Valke in Mpumalanga se eenheid vir ernstige korrupsie die vrou gisteraand in Volksrust in hegtenis geneem het.

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Nelspruit verskyn op aanklag van bedrog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Tanniepetoors ·

Daar is baie sulkes. Kry groter salarisse want dit is moeiliker om die werk te doen as jy nie die vermoë en kwalifikasies het om die werk na behore te doen nie en dus moet delegeer na ander wat wel kan. Eish.

Dries ·

Ja Munisipaliteite sit met derduisendw sulke onbevoegde mense. Kwalifikasies is ondergeskik aan kaders.

SomeOne ·

nog r4 miljoen down the drain, sal dit nooit uit haar uit kry nie, dalk net ‘n klein boetetjie en daar gaan sy
wat van haar naam en van, of is dit ook classified info

Cherokee ·

Onbehoorlik verdien? Waarom onbehoorlik? Baie ongekwalifiseerdes doen beter werk as gekwalifiseerdes. En as sy haar werk onbehoorlik gedoen het, sou sy daarvoor aangekla gewees het. As sy die werk gedoen het waarvoor sy betaal is, dan is daar niks onbehoorlik aan nie.

wim ·

Ja, as sy haar werk behoorlik gedoen het, maar sy was by Sassa “in diens”.

LANA is ELANè ·

Hierdie sg salarisse van mense in diens van die staat maak net mooi geen sin vir my nie.

marius ·

As sy die werk goed gedoen het , kan sy maar ‘n ere matriek sertifikaat kry . Daar is duisende wat met sogenaamde grade sit wat net uitgedeel is . Gaan doen maar ondersoek na diegene wat dosente met suur bomme by UN gegooi het en toe deurgesit is na hulle nie eksamen wou skryf nie . Een spesifiek slaan nou die groot trom .

Vuiluil ·

So bedrieglik. Gaan die regering die geld terug eis? Ek dink ons moenie ons asems ophou nie.

Gatvol... ·

Miskien moet hulle by die regering ook ondersoek instel

Jaco ·

Almal gooi nou klippe, maar WAT maak jy as jy werksaansoek na werksaansoek wegstuur en jy kry absoluut NIKS? Ek weet hoe dit voel. Ek het mooi eerlik my matriek en my 2 universiteitsgrade op my CV gemeld en keer op keer moes ek behalwe vir die velkleur stories, hoor dat ek te hoog of verkeerd gekwalifiseerd is. So, later moet jy maar “kreatief” wees om werk te kry. Ek het die teenoorgestelde van wat dié vrou gedoen het gedoen: volgens my CV was ek wel op universiteit, maar ek het niks daar bereik nie. Vreemd, maar niemand het my ooit daaroor uitgevra daaroor en uiteindelik het ek ordentlike werk gekry. Net jammer dat die werklose jare wat ek so eerlik op my CV was, beteken ek sit met BAIE skuld en daars geen kans van eendag lekker aftree nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.