Sassa begin gesprek met CPS oor toelaes

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het Woensdag formeel met onderhandelings begin met Cash Paymaster Services (CPS) om sy kontrak te hernu om welsynstoelae te versprei, alhoewel die nasionale tesourie aangedui het dat hy nie dié ooreenkoms ter elfder ure kan goedkeur nie.

“Die gesprek het vanoggend begin,” het Zane Dangor, die direkteur-generaal van maatskaplike ontwikkeling, gesê. Hy het bevestig dat Sassa Dinsdag ʼn dokument van voorneme by die konstitusionele hof ingedien het om ʼn nuwe kontrak met CPS te beding, maar het dit later teruggetrek. Die konstitusionele hof het in 2014 Sassa se kontrak met CPS ongeldig verklaar.

“So ver ek dit verstaan, moet hulle bykomende dokumentasie indien en sal die hof weer later nader,” het hy gesê.

Dangor het ook gesê Sassa sal nie die hof om goedkeuring nader vir ʼn nuwe kontrak nie, maar sal eerder die nasionale tesourie versoek om ʼn vergunning te bied om af te wyk van die reëls oor openbare finansies vir ʼn aanstellingsproses waar slegs ʼn enkele bieër betrokke is.

“Dit is die benadering en dit hang af van die tesourie se ooreenkoms,” het Dangor gesê.

Pres. Jacob Zuma het aan verslaggewers gesê hy dink dit is “bietjie onverantwoordelik om die kwessie nie te hanteer nie, want ons het geweet dit kom, soos dit aangekom het”.

Die staat het tans geen instrument om welsynstoelae aan meer as 17 miljoen begunstigdes te betaal ná 1 April nie.

Die konstitusionele hof het Sassa se kontrak met CPS in 2014 ongeldig verklaar, maar gevolglik sy uitspraak opgeskort, om te voorkom dat die toelaagstelsel ontwrig word. Dié kontrak verval aan die einde van die maand.

Sassa-beamptes het Dinsdag gesê hy versoek nie die hof om af te wyk van die bevel nie, aangesien hy nie die kontrak wil verleng met CPS nie, hy wil ʼn nuwe ooreenkoms aangaan.

Sassa moet na verwagting teen die einde van die maand ʼn volle bekendmaking by die hof indien, gebaseer op die advies van adv. Wim Trengove, wat ʼn regsmening huldig dat Sassa nie maande nie, maar jare gaan benodig om self die toelaagbetalings oor te neem soos die organisasie van plan is om te doen.

Sassa-beamptes het Dinsdag huiwerig toegegee dat dit ʼn selfgemaakte krisis is, en die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor maatskaplike ontwikkeling, Themba Godi, het gesê dit is ʼn poging om geen ander opsie te laat nie, as om weer ʼn kontrak met CPS aan te gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Bella ·

Die poskantoor sou baie baat gevind het om Sassa se uitbetalings saam supermarkte die betalings vanaf 1/4/2017 te kon gedoen het maar hulle hou aan om onderhandelings met CPS San te gaan. Ek bid net DAT korrupsie ons mooi land Nie sal vergietig.

Michelle ·

Dink jy moet feite agter mekaar kry. CPS het nie bedrog gepleeg nie, hulle keer dit. Die “irregularity” oor tender was a. g. v. “biometric verification” wat All pay (die ander tenderaar) nie in sy tender gehad het nie. CPS spaar miljoene rande vir SASSA deur biometric verifikasie en voice recognition. Hulle betaal ook pension uit in gebiede waar daar nie poskantoor of banke vir km is nie. Dit is die doel…… binne 5km radius betaling vir alle pensionarisse. Ek het terug gegaan in geskiedenis om feite te kry nadat ek gesien het waar CPS betaal,en die gebiede wat hulle dek. Ek dink nie daar’s ander maatskappy wat dit kan doen nis

Oom Johan Willemse ·

Hier is weereens “n klasieke voorbeeld van ministriele en ddepartementele onbevoegdheid. Hulle was bewus dat die kontrak tot ‘n einde kom, maar dit geignoreer in die waan dat hul “maatjies” noodgedwonge die kontrak sal kry indien daar lank genoeg gesloer word. Dis om die minste te sê korrupsie. Die minister en DG moet minstens geskors en aangekla word van korrupsie.

Michelle ·

CPS is nie SASSA se maatjies nie. Die sisteem wat gebruik word vir uitbetaling en verifiëring is 1st wêreld tegnologie. Daarom gebruik SASSA hulle.

ken van benoni ·

Die Min. behoort aangekla te word van diefstal want vir jare het sy op haar bas gesit en nlks gedoen nie, sy moet net vir ‘n paar maande nie háár salaris ontvang, dan sal sy dalk ontwaak. Onbevoeg om haar pos te beklee! Moet net nie te veel sê dalk huil sy weer!

w ·

Iemand in die Govt het seker weer n kontak by CPS. Oe di korrupsie. Komaan ontvangers van toelaes. Stem vlg keer reg

Johannes van Staden ·

Die Min. Maak asof niks verkeerd is sy woon geen vergaderings by nie ..ek is bevrees iemand gaan maar net weer te laat wakkerskrik …hoop dit gebeur want dit is presies wat die mense voel vir die mense wat so getrou vir die anc stem …dalk net dalk skrik mense wakker.

Sipho Sehloho ·

Die minister moet tot verantwoording geroep word. Daar word nou inderhaas geskarrel on die probleem op te los. WAT gaan die minister doen op 1 April, as die 17 miljoen mense nie hul toelaes ontvang nie, en die land begin afbrand? Ons sit met ‘n tikkende tydbom.

Piet ·

23 jaar oud en het nog steeds nie geleer om iets reg te doen nie. Behalwe om dinge grootskaals op te koffie. My hart bloei vir al die begunstigdes indien hulle in April diep in die sop sal sit omdat hulle nie geld gaan hê nie. Sonder water en lug kan jy nie leef nie, maar ook nie sonder geld nie.

Johann ·

Blatante middel vinger vir Hof uitsprake…en nou gooi die onbevoegde korrupte department die bal na die tesourie toe!!!!!! Zuma en sy Zumaikies sal so waaragtag die land lam le en in ligte laaie laat opgaan solank hy en hulle kan skep en toesmeer. So obvious om Pravin die skuldige een te maak…DOMASTRANT VERBY!

Hannie ·

So is my bekommernis nie die luiperd nie maar wel die bloed dorstige krimenele wat moor en plunder so veel hulle kan.

Pieterdp ·

Die hele aangeleendhuid laat meer vrae as andwoorde. Maroela ASB lig ons beter in? Wat is CPS en deur wie word hul gedryf dat daar geen kompitiese is vir hul nie? Of is daar weer ander LP s wat baat vind uit hul eensydige kontrak? Ek kan nie gloo dat daar nie n ander instansie is of SASA self om die taak uit tevoer nie.
Dan by ge sê het ek ook van staats afhanklike mense ge hoor as SASA nie daai maand uitbetaal nie dan hou hul daai gelde vir hul self en dan is daar geen geld vir die behoeftiges nie.
ASB lig ons meer in????

Michelle ·

CPS se tegnologie met verifiëring voor uitbetaling, plaas hulle in ander lig. Dis 1st wêreld tegnologie. Ongelooflik interessante leesstof, Hulle spaar belasting betaler miljoene rande. Hulle betaal ook in baie ontoereikende gebiede waar geen banke of poskantore is nie, dis wat hulle uniek maak. Reisende bank wat afhanklik is van seine vir verifiëring van biometriese afdrukke. Dis nie ”n staatsinstansies nie maar is totaal onafhanklik. Gaan terug op News 24 om inligting te kry oor hofuitspraak, dit was oor biometriese verifikasie wat hulle in tender gehad het en dit het ontbreek by ander tenderaar. CPS se tegnologie word in oorsese lande gebruik. Ek hoop dit help en wakker jou navorsing aan om te soek na feite oor die maatskappy. Moeder maatskappy is Net1 applitec

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.