Sassa-betalings op pad, maar…

Bathabile Dlamini. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die departement van maatskaplike ontwikkeling en die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het Sondag gesê hulle is gereed om in April maatskaplike toelaes aan nagenoeg 17 miljoen begunstigdes uit te betaal.

“Bathabile Dlamini [die minister van maatskaplike ontwikkeling] wil alle kwalifiserende begunstigdes gerusstel dat hulle van 1 April hul toelaes soos gewoonlik sal ontvang,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

“Soos begunstigdes weet, word betalings deur middel van verskeie kanale gemaak, waaronder handelaars, verkoopspunte, banke, kitsbanke en Sassa-betaalpunte. Volgens normale prosedures sal Sassa-betaalpunte egter nie op 1 April oop wees nie, omdat dit op ʼn naweek val. Sassa-betaalpunte sal op Maandag, 3 April, normale bedrywighede voortsit.”

Die departement het gesê bestuurders sal ontplooi word om begunstigdes met navrae by te staan en spesiale voorsiening sal landwyd gemaak word by die besigste betaalpunte en banke.

Mense met navrae kan die Sassa-inbelsentrum op 0800 60 10 11 bel.

Die konstitusionele hof het op 17 Maart beslis Cash Paymaster Services (CPS) se kontrak met Sassa moet vir nog 12 maande verleng word, om te verhoed dat die betaling van maatskaplike toelaes onderbreek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Buitestander ·

Is nuwe reëlings besig om vorm aan te neem óf word daar weer gewag tot middernag om reëlings in plek te kry ?

Anna ·

Ek weet nog steeds nie hkm betaal sassa nie ons geld direk in ons bank in nie, ons moes spesiaal n bank rekening gaan oop maak, hoekom?

trevor ·

Daar was maar nie meer nie en sassa werkers wil geld steel

w ·

tu begunstigdes se toelae in hul bankrekeninge inbetaal was het als perfek gewerk ma nee toe wil die govt aan dit karring om wee mense te bevoordeel. Hu pateties

Sonica ·

Nou moet al daai mense 3dae la ger wag om KOS TE KOOP HOEKOM ????

Johann ·

Want die absurde “minister” werk nie oor naweke nie! SKIIS….dis sekwr hoekom als so n gemors is…sy dink dis elke dag laaaaaaang naweek! Hier kom GROOOOOTTTT bolla! Vir die wat op die minimum moet oorlwef, is 3 dae; 3dae van honger en dors! Maar wat gee Dlamini.om? Solank.sy en jaar Zumaikies die staatskaste kan leeg stroop!

Sonica ·

Hoekom moet hulle 3dae langer WAG OM KOS TE KOOP OP DIE 1STE VAN ELKE MAAND IS ALREEDS TE LANK EK KAN NIE SIEN HOEKOM NIE HULLE JAN HUL KOS BETYDS AANKOOP MAAR DIE SASSA PENSIOENTREKKERS MOET MAAR ALTYD DIE KORTSTE END TREK

Juffrou ·

Ag ja nou is sy grootmond! Wag tot oor 12maande! Sassa net useless. Sit di geld net ini mense se bankrekening!

christine ·

Laat ek julle vertel of die 1ste nou op Sondag of op n naweekval het SASSAR no NOOIT voorheen gepla nie. Hier word gelieg. Syt weer nie haar werk gedoen nie. Sys seker nie nugter nie.hoekom hulle altoos in die nag of op Sondae wag om nuus te breek en besluite te neem lyk of hulle na die donker leef soos die bose duiwel geen wonder die land is in so toestand nie tot die parlements opening is in die nag. Nee magtig.

Wen R1miljoen rente per dag ·

CPS en kie wen sowat R1 miljoen per dag in rente wat die geld nie uitbetaal word nie, wat hulle direk steel van die armes.

karel van Zyl ·

Dit beteken dat ons eers volgende week ons geld gaan kry!!!! Ons het nie gevra hiervoor nie. Dus gaan ons nog n week sit sonder kos.

100% reg. Hoekom word ander gestraf oor haar onbekwaamheid. ·

klomp twak man. Iemand, en ek weet wie, het sy hand in die kas gehad!!!!!! DAAR IS NIE GELD NIE.

Gery ·

Sy gee nie om nie want Stortkop kyk mos baie mooi na haar. Sy kan maak net wat sy wil, solank Stortkop agter haar staan is at veilig!!!!

Schalk ·

17 Miljoen ??? Mense dit wys in watter toestand ons land is dat soveel mense moet toelaes ontvang. Natuurlik weet mens nie werklik wie dit opreg verdien en wie dit steel van mense wat dit broodnodig het nie.

J ·

WORKING TOGETHER WE CAN DO MORE!? More HARM…than GOOD… SIES SLEG SWAK SKANDE …wat beter kan mens verwag geen trots skaamteloos moet nié aan ander doen wat jy nié aan JOUSELF gedoen wil hê nié. Vergewe ? ja hul weet nié wat hul doen.:-(

John ·

Hoekom het hulle nie vir die mense gese die geld gaan nie oor die naweek uitbetaal word nie, maar het beslis 1 April, oor en oor aangedui. Indien die mense nou aandring op ‘n uitbetaling op 1 April sal dit die staat baie geld uit die sak jaag… miskien is dit die idee… Die ANC/Guptas wil nie privaatbanke ondersteun nie eerder ‘n lekker staatsbank, vandaar oa die weerstand. Baie begunstigdes wil om duistere redes hul geld direk ontvang… om dalk hul ander inkomstes geheim te hou… mens kan net raai. Baie huishulpe is ryker as hul werkgewers met groot grond in die tuislande met baie stuks vee en hulle bly tjoepstil daaroor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.