Sassa-betalings: Poskantoor betaal miljarde uit

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het Dinsdag gesê hy het die huidige betalingsiklus reeds 7,4 miljoen transaksies van welsynstoelae hanteer.

Die Poskantoor het landswyd R4,4 miljard uitbetaal aan begunstigdes. Die betalings het Maandag begin.

Mark Barnes, uitvoerende groepshoof, het gesê dit word vergelyk met die R1 miljard wat in 2,8 miljoen transaksies uitbetaal is, toe die Poskantoor in Julie met die betalings begin het. “Ek was egter gister by Jabulani Mall in Soweto en daar is steeds probleme met lang rye, ondoeltreffende sitplek vir bejaardes, geïsoleerde gevalle waar die stelsel nie aanlyn was nie en vertragings wat ek eerstehands beleef het. Die Poskantoor vra om verskoning vir dié omstandighede.”

Hy het gesê meer personeel is by hoofkantoor ontplooi en die inligtingbestuurstelsel is verbeter. “Nog draagbare rekenaars en selfone is ook ontplooi en poskantoor-takke is aangesê om ná normale kantoorure oop te bly om begunstigdes te bedien. Ons het ook ons verhouding met die SAPD uitgebrei om veiligheid te verhoog.”

Volgens hom is die Poskantoor vasbeslote om te voldoen aan sy Sassa (Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid)-mandaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

John ·

Mr Barnes is nou die nuwe Kersvader. Interessant dat Sassaiete eers in die touuuuu gaan staan vir die meevaller en dan weer in die tooouuuu.. e.. e by banke op dieselfde geld weer in te betaal voor hulle terug werk toe gaan vir die laaste uur…. of by die groep betogers vir verhogingseise aansluit. Die lekker het deurgevrot… tot op die resessie-tapyt bo-op die koue depressie-misvloer met laasjaar se misoes-perskepitte versier.

Marietjie ·

Mnr Barnes vra dat personeel langer moet oopbly om mense te help. Gaan nie gebeur. Hier in ons klein dorpie word die deure al 3 uur toegemaak sodat bank afsluiting gedoen kan word. GEEN ander dienste kan vir 3 of 4 dae deur werknemer gedoen word nie. Pos word opgehoop op die sorteertafel ens. Haar selfoon is en bly nog die belangrikste uitvindsel en die arme publiek moet noodgedwonge wag. Vir te lank is lakse werknemers in Poskantore geduld en gaan ons mense die spit afbyt.

Johan Green ·

Ek is verstom. Honderde van ons was deur die Poskantoor van bakoord na stuurboord gestuur vir die verkryging van die nuwe kaart. Die onvriendelikheid en belangeloosheid was………Ek kan nie kla oor Telkom se diens nie, daar is nie.

Sandra Meyer ·

Die poskantoor op Louwsburg in KZN het nog GEEN uitbetalings aan enige persoon gemaak.!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.