Sassa-betalingspunte weens onluste gesluit

Talle winkels is Maandag geplunder terwyl die polisie moes bontstaan om die situasie in bedwang te probeer hou. (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het Maandag gesê die transitobedryf het die organisasie laat weet dat geen kontantaflewering sal kan plaasvind terwyl onluste in die land voortduur nie.

Dit is om die veiligheid van Sassa-begunstigdes en die kontant-in-transitobestuurders te verseker.

“Begunstigdes word gemaan om kalm te bly en vir kommunikasie te wag wanneer bedrywighede by betalingspunte kan hervat,” het Sassa in ʼn verklaring gesê. “Sassa-begunstigdes word daaraan herinner dat hul kaarte gebruik kan word om goedere aan te koop of kontant van handelaars of kitsbanke te bekom.”

Begunstigdes word gemaan om seker te maak dat dit veilig is om enige van dié alternatiewe fasiliteite te besoek en om Covid-19-protokol te alle tye te volg.

Maroela Media het vroeër berig chaotiese betogings woed sedert die naweek in KwaZulu-Natal en Gauteng onder die vaandel van oproepe dat oudpres. Jacob Zuma, wat verlede week sy tronkstraf begin uitdien het, vrygelaat moet word. Talle ondernemings is intussen geplunder en besteel, voertuie en vragmotors is uitgebrand en verskeie nasionale paaie is versper en beskadig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SjN ·

Besef hul nie dat hul eie mense hul benadeel nie, by die stembus word dit gerieflikheidshalwe vergeet en kry n t hemp en kospakkie as vergoeding. Viva

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.