Sassa: Hof sal antwoord vind vir toelaagkrisis, sê Ramaphosa

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling (Foto: ANA)

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling (Foto: ANA)

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Donderdag gesê hy het volle vertroue in die konstitusionele hof om ʼn oplossing te vind vir die welsynstoelaagkrisis.

“Gegewe die tydsraamwerk tot die einde van die maand, is ek oortuig dat die hof alles in sy vermoë sal doen om die saak te hanteer,” het Ramaphosa aan die nasionale vergadering gesê, in reaksie op ʼn vraag van die Demokratiese Alliansie se leier, Mmusi Maimane.

“Kom ons laat die hof toe om die saak te ondersoek. Kom ons laat die departement toe om die saak te hanteer. Ek is absoluut oortuig ʼn oplossing sal gevind word,” het hy gesê.

Hy het gesê die konstitusionele hof sal sy bes doen om seker te maak dat die ongeveer 17 miljoen begunstigdes hul toelaag sal ontvang wanneer die kontrak met die huidige diensverskaffer, Cash Paymaster Services (CPS) op 31 Maart verstryk.

Maimane wou weet of Ramaphosa die versoek steun dat Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, afgedank moet word oor die manier waarop sy die situasie hanteer het.

Ramaphosa het egter gesê hy betreur die afgelope week se gebeure toe Dlamini voor die regering se waghondkomitee oor openbare rekeninge (Scopa) verskyn het. Die minister het LP’s warm onder die kraag gelaat toe sy ʼn verklaring voorgelees het en daarna nie vrae wou beantwoord nie. Sy het aan die komitee se voorsitter, Themba Godi, gesê sy moet ʼn spesiale kabinetvergadering oor die kwessie bywoon.

Godi het haar ongeveer twee uur lank besig gehou met vrae, maar Dlamini het geweier om besonderhede te verskaf oor haar onlangse onderhandelings met CPS oor ʼn nuwe kontrak. Sy het beamptes van haar departement beskuldig dat hulle nie vroeër opgetree het om die krisis te voorkom nie.

Sy voer aan die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het haar eers einde verlede jaar laat weet dat hy nie gereed gaan wees om die toelaagverspreiding oor te neem vanaf April nie.

Sy sal nou meer inligting aan die konstitusionele hof moet verskaf as wat sy aan die komitee gebied het. Hoofregter Mogoeng Mogoeng het Woensdag die departement en Sassa vyf dae gegee om vir die hof te sê wie besluit het dat Sassa nie gereed gaan wees nie en wanneer dit duidelik geword het dat dit die geval is.

Dlamini het nie die hof genader vir toestemming om CPS se kontrak te verleng nie. Sy maak staat op die tegniese onderskeid dat sy nie ʼn verlenging soek nie, maar ʼn nuwe kontrak met die maatskappy.

Sassa was van voornemens om die hof te nader, kragtens sy oorsigtelike funksie in die kwessie, maar die minister het die agentskap opdrag gegee om sy aansoek terug te trek. ʼn Verklaring van voorneme om ʼn nuwe kontrak met CPS aan te gaan, is by die hof ingedien.

Die minister hou vol dat slegs dié maatskappy in staat sal wees om welsynstoelaes uit te betaal en sy verwag van die nasionale tesourie om ʼn afwyking van die normale tenderprosedures goed te keur omdat geen ander bieërs toegelaat is nie.

Die konstitusionele hof het in 2014 die kontrak met CPS ongeldig verklaar, aangesien die aanskaffingsproses nie behoorlik gedoen is nie. Die uitspraak is opgeskort vir die volle tydperk van CPS se kontrak om seker te maak dat welsynsbegunstigdes nie benadeel word nie.

Lees alle vorige berigte oor Sassa op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

zahn ·

Tipies. Al vang jy hulle op die nes, besig om eiers te steel, hulle is net nooit skuldig nie. Die verskoning is mos: ” Dit was nie ek nie” . As sy nie weet wat in haar departement aangaan nie, hoort sy nie in die pos nie. Punt. Raak ontslae van die arrogante domastrante tante.

Johann ·

Hierdie saak raak nou so deurmekaar as afkop hoenders in ‘n hok

Mielie ·

Die VROUE liga van die ANC se niks nie….ek sal graag wou weet wie baat huidiglik en wie gaan Nog baat by hier Transaksie. Ek weet van een Landsburger Wat by heelwat Transakies baat, wonder hoeveel weet ons nie van nie. Mafia????

John ·

Wie wil nou die gans wat die goue eiers le laat gaan? Die gedraal was om die kontrak te behou ten spyte van die hof se bevindings. Nou moet die hof ingee. Ons land word deur sekere mense bestuur en die regering is soos klei in hul hande. Van die begunstigdes hou baie van die opset en glo dat hul inligting by die huidige groep privaatheid geniet. Die minister stem glo saam. En voer aan dat indien ‘n ander groep die uitbetalings oorneem, hul privaatheid geskend sou kan word. Ha, ha. Hier is darem vreeslik baie hoogs private individue wat ook in die ry staan. Hoekom so angstig?

mien ·

ek wonder nou skielik of daar mense is wat ‘toelae’ kry, wat dalk glad nie op die lys moet wees nie – soos mense wat nie regtig bestaan nie – en dat die geld dan na mense gaan in hoë posisies. En as ‘n ander company die kontrak moet oorneem, gaan die waarheid uitkom en iemand is bang daarvoor. Ai ek hoop hulle kry hierdie ding uitgesorteer en dat die skelms sal boet.

Jannie ·

Hoekom moet elke besluit wat in hoë poste gemaak word eers deur n hof genader of bevestig word. Hulle hoort nie daar nie. Kan dieselfde hof nie maar ‘n besluit neem om iemand wat bevoeg is aan te stel nie?

GES ·

Die anc en sy ministers is sooo voorspelbaar. As ʼn probleem ontstaan word dit net eenvoudig aangegee na die volgende persoon. Hulle wil heeltyd in beheer wees en al die gepaardgaande voordele geniet maar weier om enige verantwoordelikheid te aanvaar. Nou het hulle nog ook die vermetelheid om respek van die publiek verwag. Dit is net een te veel ….

Caru ·

Ou Cyril is nog altyd ‘n berekende mens kom ons kyk wat gebeur. Ek glo nie die regering wil die massas ook nog laat toi-toi in die strate nie

pieterdp ·

Dis nie die hof wat n oplosing moet vind nie. Dis die lakse SASA amptenare se plig .

Grassie ·

Daardie minister het die regering in ‘n hinderlaag gelei waaruit hulle nie kan ontsnap nie – hulle moet nou noodgedwonge vir CPS laat voortgaan met die “diens” of daar ‘n kontrak is of nie en ongeag wat die grondwethof ookal besluit en dit teen ‘n groot verhoging in CPS se fooie. Miskien is sy nie so onnosel as wat baie voorgee nie. Dit lyk na ‘n goed beplande set. Ons kan maar net dink wie almal gaan skep uit hierdie kookpot maar dit gaan baie,baie miljoene wees. He-he-he he.
Een ding is seker – as die uitbetalings nie gedoen word nie gaan daar openbare onrus wees soos ons lank laas gesien het. En die ANC gaan miljoene stemme verloor. As ou Cyril nie ‘n haas uit ‘n hoed kan trek nie sal hy ook maar by die CPS aanstelling moet inval.

Lynette Schultz ·

Ramaposa het ook gesê een van die redes vir ‘kriminaliteit’ is die (sogenaamde) wanbalans in ekonomiese mag, i.e. dat die ekonomie nog in blanke hande is…. bla bla bla…. (net soos Zuma ook al gesê het, en ook hulle grootbaas, Malema). Miskien moes hy eerder vir die massas vertel het dat volgens Forbes was hy, Ramaposa, in 2014 al 700 MILJOEN DOLLAR STERK! Hy is ook glo heeltemal pro-“dekoloniasering” van tersiêre instellings, wat, volgens hom, ver te lank al Eurosentries is…. Geen wonder hy kan nie GROOT GELD van kleingeld onderskei nie. My pa het altyd van ‘slim-dom’ gepraat. Wyse man….

AL ·

Ek het myself vererg oor Ramaphoza se stellings. Die realiteit is dat die SA Afrikaan jaloers en afgunstig is op ander etniese volke se sukses en vooruitgang. Kyk nou maar weer hoe word buitelandse sakemanne se winkels geplunder en besteel tydens gewelddadige optogte.
Moet die Afrikaan se handjie heeltyd vasgehou word en alles mahala gegee word om homself te bemagtig? Eish!
Die korrupte ANC moet eerder kyk hoe vinnig VSA reggeruk word – meer werksgeleenthede en n sterker dollar!
Dalk kan hul leer by Suid-Korea wie se konstitusionele hof die vroue staatspresident gefire het omdat sy nie waardig in haar pos is nie!

Ouvrou ·

Soos ek verstaan (mag verkeerde inligting wees)wil cps vir elke begunstigde R25 he. Nou dit gee my n oulike sommetjie. Wat seker weereens uit Jan tax se sak gaan moet kom.maandeliks!!!

Anoniem ·

Ek stem saam met jou pieterdp. Dis SASSA se verantwoordelikheid om ‘n wettige oplossing vir die probleem te vind.

Die PPPFA (Preferential Procurement Policy Framework Act) is juis om korrupsie met staatsaankope te voorkom. Dit veroorsaak eindelose rompslomp vir diegene wat nie by korrupsie betrokke is nie, maar by default oor daai kam geskeer word.

Bathabile Dlamini weet al vir jare die CPS kontrak het nie aan hierdie wetgewing voldoen nie. Haar plan vir ‘n nuwe kontrak voldoen weereens nie aan die wetgewing nie. En nou verwag sy van die konstitusionele hof om dit goed te keur??

Haar verskoning dat sy eers ‘n paar maande gelede uitgevind het SASSA sal nie kan oorvat by CPS nie, wys hoe sleg sy haar werk doen. As minister is dit haar verantwoordelikheid om hierdie goed te weet. Sy moes al van 2014 haar vinger op hierdie pols gehad het, en toegesien het dat die regte tenderprosesse gevolg word.

As die SASSA toelae nie uitbetaal word op 1 April nie, sal dit nie die konstitusionele hof se skuld wees nie. Dit sal JOU skuld wees, Ousus!!! Skryf maar daai weerlose mense se swaarkry op jou boekie.

snoefie ·

weereens skitter ons agbare prossie in sy afwesigheid in die gesig van n ernstige probleem ter weë gebring deur een van sy dissipels. CPS se se kontrak is reeds in 2014 ongeldig verklaar….tog, drie jaar later, is die kontrak steeds in werking. het die onus nie op die howe gerus om reeds in 2014 seker te maak die ONWETTIGHEID was in die kiem gesmoor nie? die hof het bevind….so sien toe dat due bevinding geskiet.

JWM ·

Ek stem saam. Die hof het dan reeds beslis. Die oplossing vir die probleem kan nie nog by die Hof le nie.
Hoekom hanteer die Regering nie die probleem nie ipv net bly uitstel? Ek wonder of al die feite op die tafel is.

Skim ·

Eers sou die Minister die antwoorde vind, nou moet die HOF dit vind. Wonder of die arme mense hulle geld betyds gaan kry? 7 miljoen mense sonder ‘n inkomste en dan blameer hulle apartheid en die colonialists? Wie is nou in beheer en wie se geld word hier uitgedeel?

Tannie ·

Kyk hoe speel hulle “pass the hot potato”!

Dis JOU hot potato, Minister Dlamini. Dis waarvoor jy elke maand daardie vet salaris ontvang. En oorhoofs is dit onse Prez se hot potato, want hy het haar aangestel, en weier om haar in die pad te steek.

Andres Basson ·

Die hof is een kant van die saak. Die ANC weet die is verkeerd. Waar neem hulle aanspreeklikheid en waar is die nagevolge? Hoekom moet die hof besluit? Cyril jy pass the buck na die hof. Julle ignoreer in elk geval die howe net soos JZ783 (moet wees JZ1000 and counting).

Alida ·

Hoekom moet die howe alewig ingesleep word om die skelm ministers hul werk te leer doen. Fire die hele kabinet met no 1 eerste.

Alida ·

In Korea het die Hof hulle president van haar amp onthef oor 2 korrupsie klagtes! Verre gaande en ons 700+ klagtes teen no 1.

SARIE VAN HEERDEN ·

Is die geld vir “grants” nie dalk gedaan en uitgeput nie? In Suid Afrika is daar meer mense op “grants” as mense wat werk. Sit 2 en 2 bymekaar en kyk wat kry jy uit so ‘n situasie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Alida, vergeet van die Koreaanse president se afdanking oor korrupsie en dink aan Nixon van die VSA wat “impeached” is net omdat hul bietjie die ander party AFGELUISTER het. Terloops, Amerika word darem nie daarvan beskuldig dat hul ‘n banana republiek is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.