Sassa-krisis: DA gaan voort met hofaansoek ondanks Dlamini se versekering

Argieffoto

Argieffoto

Die Demokratiese Alliansie gaan voort met sy aansoek in die konstitusionele hof om aanspreeklikheid te soek vir diegene wat versuim het om seker te maak dat die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) gereed sal wees om aan die einde van die maand toelaes te versprei wanneer die huidige ongeldige kontrak met Cash Paymaster Services (CPS) verstryk.

Dit volg ondanks die feit dat die minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini, Sondagoggend aan verslaggewers gesê het meganismes is in plek om seker te maak dat die begunstigdes wel hul welsynstoelaes betyds sal ontvang wanneer die kontrak verstryk.

Bridget Masango, woordvoerder van die DA, het Sondag gesê die “skandelike minagting” wat Dlamini teenoor die 17 miljoen arm en weerlose Suid-Afrikaners Sondagoggend by die perskonferensie getoon het, verdien veroordeling in die sterkste moontlike terme.

“Die DA is geskok en woedend oor Dlamini se versuim om ʼn duidelike plan bekend te maak om die krisis op te los. Haar onwilligheid om duidelike antwoorde te verskaf, vasberadenheid om die media te blameer, en weiering om direkteur-generaal Zane Dangor se bedanking Vrydag te verduidelik, is die duidelikste bewys nog waarom ons vandag in hierdie gemors sit,” het Masango gesê. “Dlamini gee nie om vir die armes of vir enige van daardie Suid-Afrikaners nie – jonk of oud – wat op ʼn welsynstoelaag steun om te oorleef.”

Sy het gesê pres. Jacob Zuma moet verantwoordelik gehou word vir die krisis. “Hy het stilgebly daaroor tot die laaste minuut en versuim om Dlamini af te dank – die minste wat hy kon doen – en dit wys dat hy net so min besorg is oor die begunstigdes.

“Die DA sal nie die ANC laat wegkom daarmee om die armes en weerloses van hul welsyntoelaes te ontneem nie. Ons is gereed om te doen wat ons kan om seker te maak dat elke persoon wat ʼn toelaag op 1 April moet kry, dit sal ontvang.”

Masango het gesê die DA gaan dus voort met sy aansoek in die konstitusionele hof om te bepaal wie is aanspreeklik vir Sassa se gereedheid om die verspreiding van toelaes oor te neem en wat 17 miljoen Suid-Afrikaners se lewens bedreig het.

“As deel van ons aansoek versoek ons ʼn verklaringsbevel van die hof wat bevestig dat die minister van maatskaplike ontwikkeling, die uitvoerende hoof by Sassa en Sassa hul pligte versuim het kragtens die Grondwet.”

Die DA versoek ook ʼn verklaring dat Dlamini haar amp oortree het deur nie die funksies van haar kantoor met eer, respek en waardigheid tot die beste van haar vermoë te vervul nie.

“Ons voorbereiding vir ʼn massa optog vandeesweek Vrydag, 10 Maart 2017, duur ook voort. Ons is gereed om ʼn duidelike boodskap aan minister Dlamini te stuur dat haar minagting vir die armes sal nie onbeantwoord bly nie. Sy moet gaan en sy moet nou gaan. Ons sal dit Vrydag baie duidelik maak,” het Masango bygevoeg.

Dlamini het vroeër tydens die konferensie gesê CPS sal steeds die toelaes bly betaal nadat hul kontrak verval het. Gesprekke met die diensverskaffer duur voort. Dlamini het gesê die plan is om ʼn oorgangsperiode te hê wanneer Sassa die verantwoordelikheid sal oorneem om die toelaes te betaal. Sy het gesê die Suid-Afrikaanse Poskantoor sal ook betrek word.

Die konstitusionele hof het in 2014 beslis dat Sassa se kontrak met CPS ongeldig is, omdat ʼn behoorlike tenderproses nie gevolg is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

zoom zoom ·

Geld en tydmors. Niks gaan verander nie. ANC beheer die howe

Janee ·

Stem saam. Die is die geagte minister wat vele kere in n “suite” in n Umhlangahotel tuis gegaan het teen R000.00 ‘n nag en dan vir ons vertel ons kan met R760.00 n maand klaar kom. Dan het sy mos meer om op hotelle te spandeer. Skande. Sterkte DA

Ramkat ·

Niemand kan haar meer glo nie. Sy het al stories vertel in die Parlement en betrokke kom misses.
Sy kom nie haar afsprake teenoor Parlement na nie en behandel almal wat wettiglik navraag doen met absolute minagting.
Sy best klaarblyklik nie op watter kruis vat sy sit nie. Binnekort gaan iemand die lont aansteek.
Hoe gouer sy weg is hoe beter vir almal.

Cherokee ·

Julle hou aan om te praat van die ‘wanneer die huidige ongelige kontrak verval’. Hoe op aarde kan ‘n ongeldige kontrak verval? ‘n Ongeldige kontrak is ‘n nie-bestaande kontrak.

Sune van Heerden ·

Dagsê Cherokee

Die kontrak is in 2014 as ongeldig verklaar as gevolg van ‘n gebrekkige tenderproses, maar die uitspraak is opgeskort om nie welsynsbegunstigdes te benadeel nie, totdat Sassa self die toelaagbetalings kon hervat. Die entiteit was egter nog nie gereed om dit te doen nie, en het gevolglik alternatiewe gesoek, waaronder om CPS se kontrak vir ʼn beperkte periode te verleng. Dit is waarom die huidige kontrak steeds van krag is.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Cherokee ·

Dankie vir die verduideliking Suné. Dit het net nie reg geklink nie. Nou maak dit sin.

Mike de Beer ·

Die feit dat meer as ‘n derde van die bevolking op ‘n welsyntoelaag van een of ander vorm is beteken dat SA ‘n welsynstaat is en dit tesame met die baie hoe werkloosheidsyfer dui op absolute swak regering. Beide sake dui op nalatigheid en behoort in diepte ondersoek te word vir wetlik vervolgbaarheid en gevolglike optrede. Asb DA, Solidariteit en andere?

Mariana ·

Dankie DA julle probeer ten minste iets doen, sit nie net en kyk nie.

Cherokee ·

Alles wat die DA doen is om die massa agter hulle geskaar te kry. Die massa let wel, nie die Mariana’s en kie nie. Wys jy gerus enigiets, soos in werklike enige ietsie, wat hulle vir spesifiek die blanke gedoen het. Wys enigiets uit wat die DA (met ‘n lag gesê) vir Afrikaans gedoen het.

Jannie ·

Dankie DA dat julle die massas (ingesluit die wittes) wat op maatskaplike toelae geregtig is, bystaan. En dankie vir die reel van nog ‘n optog want as julle dit nie doen nie gebeur daar wragtig niks nie. Julle het my stem.

Sêmaarnet ·

Ten eerste: dit is JZ en die ANC se plan om soveel moontlik mense afhanklik van die staat te maak dan kan hulle maklik afgedreig word in die aanloop van ‘n verkiesing. Dit gaan nie gestop, of verminder word nie – die getal afhanklikes gaan toeneem.
Tweedens, die SASSA krisis kom al vir jare en nou eweskielik maak dit golwe?? Ons ‘agbare’ minister sukkel om ‘n volgende onwettige kader kontrak gefinaliseer te kry.

Ano ·

SASSA stelsels is 10 jaar gelede al ondersoek en GROOT bedrog oopgevlek. Steeds het die regering niks daaraan gedoen nie.

Sus ·

Ten eerste: dit is JZ en die ANC se plan om soveel moontlik mense afhanklik van die staat te maak dan kan hulle maklik afgedreig word in die aanloop van ‘n verkiesing. Dit gaan nie gestop, of verminder word nie – die getal afhanklikes gaan toeneem.
Tweedens, die SASSA krisis kom al vir jare en nou eweskielik maak dit golwe?? Ons ‘agbare’ minister sukkel om ‘n volgende onwettige kader kontrak gefinaliseer te kry.

G ·

Op 10 Maart gaan als weer aan die brand gesteek word, ai. Plaas die toelae van die ou mensies eerder verhoog word in plaas van om heeltyd te betaal dat mense meer en meer kinders kry.

sniefie ·

nou praat jy n groot waarheid. kinders wat kinders kry, werkende ouers, almal met n behoefte aan n geldjie teels maar om hulle hande op toelaag te kry. dis snert. eintlik baie hartseer om te sê, maar….. as jy n toelaag MOET hê om n kindjie meer groot te maak dan kan jy nie die kind bekostig nie.moenie een verwek vir n toelasg wat te klein is om die kindjie op groot te maak nie. dis buitendien nie genoeg om in die kind se behoeftes te voorsien nie.

John ·

Die hof gaan dieselfde uitspraak lewer. Die DA soek net aandag. Die party het gister die prez se planne oor grondskakings ondersteun. Hoekom nou kla? Of het die EFF dit voorgestel?

Anoniem ·

Die ANC versprei al lankal die rumours dat sou die ANC uitgestem word en die DA aan bewind kom, die DA die SASSA toelaes gaan wegneem van die armes. Ek hoop hierdie gemors wys aan die armes dat die ANC self ‘n gemors aanjaag met die toelae. Dit sal chaos en swaarkry veroorsaak as sake wel drasties skeefloop met die volgende uitbetalings, maar dit sal wel ‘n lang stok wees om die ANC mee te jaag in die volgende verkiesing.

Drieks ·

Paar jaar terug was die afhanklikes van toelae, 8 miljoen, toe 11, 14, 16 miljoen en hierdie laaste ruk 17 miljoen en nou sé hul al 17 miljoen plus. Waar het al hierdie mense vandaan gekom. Hul is wraggies nie hier gebore nie.

Katjie ·

Ai my hart voel vir die arme mensies
Het hul geldjies so so nodig
Weereens net vreeslik.

·

Die minister laat my baie dink aan Manto Thabalala.(Sy was so goeie kenner oor HIV dat net sy dit kon verstaan en Thabo Mbeki) Baie arogant, ontken alles en geniet ‘n drankie saam met spek en eiers.

Isabel Herbst ·

Hulle bedank soos rotte wat die sinkende skip verlaat – in die hoop dat hulle kierangs nie gaan braai nie. As Dlamini afgedank word – wie sit hulle nou ter elfder ure in haar plek? Sal dit sake nie nog verder opmors op die stadium van die kookpot wat die laaste druppel in die emmer gaan wees ? hehehe maar dis hoe hulle dinge doen – chaos wat lei tot groter chaos en bedrog….

Anoniem ·

Almal maak ‘n bohaai oor 1 April se toelae (April fool) maar wat vorentoe. CPS het geld net tot einde Maart vir April. Wat van Mei en Junie, daaroor word nie gepraat nie. Almal baklei vir April. Minister moet vorentoe dink en nie agtertoe nie. Vorentoe is vir haar sak, agtertoe is om haar skuld te vereffen by verskillende hotelle.

Anoniem ·

Persoonlik dink ek nie dit sal die saak slegter maak as die “honorable memba” Dlamini uit die equation gehaal word nie. Die situasie is alreeds so vrek sleg danksy haar onbekaamheid! Ek kry die arme siel jammer wat nou binne ‘n maand die gemors moet probeer uitsorteer wat sy in 3 jaar nie kon uitsorteer nie. Klink vir my al te veel of Zuma nou die warm patat op PravinG se skoot gooi en wonderwerke van hom verwag. Hy redenaar dalk dit gee hom ‘n “rede” om Pravin die trekpas te gee as Pravin die onmoontlike nie regkry nie?

tamboti ·

Die RSA ekonomie hardloop nou op “reserve” en hulle weet nie presies hoe ver nog nie, ek reken die vuurhoudjie bedryf gaan nog goed geld maak vorentoe. (Massas + geen toelae =
Iemand gaan braai, Kuga of nie!)

Afrikaanse Knaap ·

Ek dink sy het haar taak na die beste van haar vermoë gedoen. “Nuff said”.

Luister ·

Wat doen sy dan nou eintlik, as sy nie eers hierdie werk kon doen waarvoor daar 4 jaar tyd was nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.