Sassa-krisis: ‘Sassa lag vir die hof’

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. Foto: Flickr/GovernmentZA

ʼn Volbank regters van die konstitusionele hof in Johannesburg het Dinsdag uitspraak voorbehou oor ʼn aansoek van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) om hul omstrede kontrak met Cash Paymaster Services (CPS) met ses maande te verleng.

“As jy so vroeg as 8 Desember [2017] geweet het dat daar ʼn verlenging van die kontrak rondom die uitbetaling van maatskaplike toelae benodig word, hoekom wag tot Februarie om ʼn aansoek te bring,” het hoofregter Mogoeng Mogoeng gevra.

Sassa het aangevoer dat sowat 2,5 miljoen begunstigdes nie hul toelae sal ontvang as die kontrak met CPS nie verleng word nie. Die kontrak wat Sassa met CPS het verval op 31 Maart.

Volgens Mogoeng moes Sassa onmiddellik die hof genader het toe daar nog tyd was om ander opsies te oorweeg. Sassa kon nie daarin slaag om vir die hof te verduidelik hoekom die agentskap tot die laaste minuut gewag het voordat hulle die verlenging van die ongeldige CPS kontrak versoek het nie.

“Ons spreek ons frustrasie uit omdat daar onwettighede plaasvind terwyl ons toekyk. Dit is asof Sassa en CPS vir ons lag. Dit is net hartseer,” het Mogoeng gesê.

Mogoeng het Sassa daarvan beskuldig dat hulle die konstitusionele hof probeer afpers om die verlenging toe te staan.

Indien Sassa suksesvol sou wees, sal dié hul tweede verlenging van die kontrak met CPS wees ná verlede jaar se hofbevel waarin die hof gelas het dat Sassa ʼn verlenging van 12 maande van CPS se kontrak toegestaan word.

Sassa het in 2012 ʼn kontrak met CPS gesluit om maatskaplike toelaes te betaal, maar dié kontrak is later ongeldig verklaar.

Die konstitusionele hof het op 17 Maart 2017 beslis CPS se kontrak met Sassa moet met nog 12 maande verleng word om te voorkom dat die betaling van maatskaplike toelaes onderbreek word. Dít nadat die hof vroeër bevind het die kontrak was onwettig.

Die hof het sedertdien ʼn toesighoudende rol in die kwessie ingeneem en het Sassa opdrag gegee om kwartaallikse vorderingsverslae, wat aandui watter stappe hul gedoen het om te verseker die toelae word ná 31 Maart verder betaal, in te dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

KP ·

Kla die onbevoegde Zuma lakei Dlamini aan vir minagting van die hof en laat sy ondersoek word vir korrupsie………. Daar gaan baie uitkom……. Dan is sy nog steeds n minister, moeilik om te verstaan…..

ontevrede leser ·

hr mogoeng, kyk rondom jou en jy sal sien daar is baie wat vir julle “lag”

zoom zoom ·

As die Hof nie eers kan optree teen sassa nie dan is dit regtig ‘n grap. As dot ‘n wit persoon was aanstuur van sassa wad daar al optogte nrande en die persoon sekerlik al gefire. En zuma en sy kaderes pluk die vrugte van die uitstel en uitstel so ook cps

hoe sê ·

Moenie worry nie in afrika is daar gelukkig altyd nog ‘n more en ‘n volgende maand en ‘n volgende jaar . Ploeter rustig voort

Nettie ·

Alles te danke aan Dlamini ………………Hoe sy nog n minister is, weet die duiwel alleen…………sy moes lankal gefire gewees het ………………..en sy het ook al die pad bank toe gelag ……………..
lekker “kick back” seker gekry ……..

GM ·

Nou ‘skip’ dan nou maar die SASSA-uitbetalings vir ‘n maand, dan sal die meerderheid dalk sien wat gaan gebeur as grond onteien word en almal ophou om belasting en verbandlenings te betaal. Ek is nou lelik, maar ek dink daar is regtig min mense wat SASSA behoort te kry. Die jonges, wat kind op kind kry, verdien dit nie. Die land moet beter na hul ouer mense kyk, weeskinders, en gestremdes, nie na elke Jan Rap wat te lui is om te werk nie.

re ·

Ek stem volkome saam , ons ouer gemeenskap is besig om te krepeer – gestremdes word verstoot

snoefie ·

“die hof was in n toesighoudende rol” maar het niks agter gekom nie? het hulle die toiletskoonmakers gestuur om toesig te hou?

Moontlik ·

Die hof kan begin deur ondersoek in te stel van hoeveel mense het hulle volle sassa geld per maand gekry en ook hoeveel keer het dit gebeur dan sal hulle sien hoeveel miljoen rand is werklik gepocket.

Geagte regter ·

Die hof kan begin deur ondersoek in te stel van hoeveel mense het hulle volle sassa geld per maand gekry en ook hoeveel keer het dit gebeur dan sal hulle sien hoeveel miljoen rand is werklik gepocket.

marous ·

Ja hulle doen , want daar is geen gevolge nie. Die regbank sal openbare gyseling moet toepas vir korruptes en amptenare wat mense se lewens onhoudbaar maak , dan sal daar respek wees , andersins kekkel hulle ….

re ·

Ek stem volkome saam , ons ouer gemeenskap is besig om te krepeer – gestremdes word verstoot

Verstom ·

Hoe papsakkig het ons howe geword om nie ‘n besluit te neem oor hierdie laksheid nie. Hulle wil uitgelag word. Nou wil hulle die Poskantoor gebruik as uitbetalingspunt vir die toelae. Wat ‘n grap, PO kan nie eens basiese posdienste lewer nie, wat nog te sê mense se geld hanteer? What a SAD country. SAD leaders, SAD decision makers.

tamboti ·

SAD ja, dis omdat die regering African National Corruption heet!

Henk ·

Waarom word die skuldiges nie voor die hof gedaag vir min agting van die hof nie?

snoefie ·

omdat hulle nie wit is nie. net wittes is tot minagting en rassisme in staat.

tamboti ·

Dis baie maklik hoofregter, weier die uitstel en dreig ‘n ieder en elk met tronkstraf as die kontrak nie aan Poskantoor of SASSA self toegeken word en uitbetalings staak. Hulle het reeds die hofbevele talle kere verontagsaam en moet daarvolgens gestraf word.
MOENIE TOELAAT dat hulle die hof afpers nie, TREE NOU DAADWERKLIK OP

bgj van der westhuizen ·

waar om laat hulle dit nie deur die banke uit betaal nie en waar winkels dit uit betaal laat dit so voor gaan maar daar moet eerder gevra word wat kry die minister in die hand om vir daar die maatskapy te skerm aan een

PJC ·

Hulle het geen respek vir die hof nie omdat dit in die verlede al ń paar snaakse uitsprake gemaak het wat na rassisme ruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.