Sassa-krisis ‘was beplan’

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het Dinsdag gesê hy sal môre ʼn nuwe kontrak met Cash Paymaster Services (CPS) begin beding om maatskaplike toelaes aan meer as 17 miljoen Suid-Afrikaners te versprei.

Zodwa Mvulwani, Sassa se projekbestuurder, het aan die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge gesê die gesprekke met CPS sal neerkom op ʼn nuwe kontrak en nie ʼn verlenging van die bestaande kontrak nie, wat net gedoen kan word met toestemming van die konstitusionele hof.

“Ons begin vanaf môre onderhandel. Ons sal met die diensverskaffer onderhandel oor ʼn nuwe kontrak,” het Mvulwani gesê.

Hy het bevestig Sassa sal nie die konstitusionele hof nader om toestemming te vra vir die verlenging van die kontrak wat jare gelede deur die hof as ongeldig verklaar is nie. Sassa sal wel die hof nader om ʼn “bykomende verslag” in te dien wat uiteensit hoekom dit vir Sassa moeilik sal wees om die uitbetaling van die toelaes self oor te neem wanneer CPS se kontrak op 31 Maart tot ʼn einde kom.

Die hof het voorheen toegelaat dat die CPS-kontrak verval om sodoende nie armes te na te kom nie.

Zane Dangor, die direkteur-generaal van die departement van maatskaplike ontwikkeling, het gesê hy voorsien dat die onderhandelinge teen Vrydag afgehandel sal word. Dangor het gesê Mvulwani sal die onderhandelinge lei in afwesigheid van die uitvoerende hoof, Thokozani Magwaza, wat met siekteverlof is.

Hy het gesê hy het die Nasionale Tesourie genooi om ʼn personeellid te stuur om deel te hê aan die gesprekke met CPS.

Die departement van finansies sal ʼn kernrol in die toelae-debakel speel aangesien die onderhandelinge wat nou op die laaste nippertjie gedoen word, slegs een bieër sal behels. Dit is teen die reëls van openbare finansiële bestuur en Dangor het gesê hulle sal die Nasionale Tesourie vra om ʼn uitsondering vir Sassa te maak weens die dringendheid van die situasie.

“Jy kan afwyk [van die reëls] vir een bieër, maar dit kan slegs gedoen word met toestemming van die Nasionale Tesourie.”

Themba Godi, die voorsitter van die komitee, het opgemerk dat Sassa jare gehad het om homself voor te berei om die uitbetaling van toelaes self oor te neem, maar dat die agentskap versuim het om dit te doen. Hy het gesê dit is duidelik dat die krisis wat Sassa nou in die gesig staar om seker te maak dat toelaagontvangers hul toelaes vanaf April ontvang, deur hul eie toedoen ontstaan het.

“Daar is duidelik beplan om hierdie noodgeval te skep en om Suid-Afrika as’t ware voor ʼn vuurwapen te hou. Die kritiese vraag is, hoekom?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

wilma ·

Sassa bestuur was moedswillig glo ek om wee vi CPS kontrak te gee. Natuurlik weer van hul vriende of fam betrokke. Baantjies vi Buties ne

Nes ·

As hulle bietjie die goverment mense se selarise sny dan sal daar seker meer geld wees in die land..nou om ou mense en onbevoorige kinders se geld te stop is ondragverdag…sny die goverment se selarise

Wern ·

Die opposisie partye moet hierdie skandaal ten volle gebruik om die ANC aanhangers in te lig, want die ANC se grootste steun is reeds die wat afhanklik is van toelaes.

Jos ·

Soos berig lees het Sassa Jare gehad om hulself voor te berei. Eerstens moet mense wat versuim om hul werk te doen vervang word en tweedens wonder mens of dit nie dalk beplan is om CPS weer te kontrakteer nie. Dis soos ‘n skaakmaat gyselaar situasie vir die tesourie. Die tesourie moet nie val vir die slenter nie maar mens kan ook nie mense wat toelaes moet ontvang benadeel nie. Uitweg hier is om CPS diens te verleng en die Sassa bestuur te vervang met mense wat wil werk en hopelik nie vervanging soos met PRASA nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Soveel afhanklikes van SASSA se bydraes behoort bedink te word vir ‘n oplossing. Begin sommer by die “grants” vir kinders. Laat die vrouens hul steriliseer na die 2de kind en dadelik het sy nie meer die 3 of 5 of 7 vir wie sy die “grant” moet kry nie. My bediende kry vir 9 kinders want haar kleinkinders van 4 of 5 eie kinders lewer hul bydraes daarvoor. En dan kry sy nog tenspyte van ‘n huiswerk, nog ouderdomspensioen vir haarself ook.!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.