Sassa: Planne bespoedig dat Poskantoor betalings kan oorneem

Argieffoto

ʼn Toegewyde span is aangestel om seker te maak dat die vennootskap tussen die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) en die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) bespoedig word wat betref die betaling van welsynstoelaes.

Jeff Radebe, minister in die presidensie, het aan die parlementêre staande komitee oor staande rekeninge gesê hy het by pres. Jacob Zuma oorgeneem as voorsitter van ʼn interministeriële komitee oor omvattende maatskaplike sekerheid.

Die komitee het vergader om die dooiepunt tussen Sassa en Sapo op te los sodat Sapo die betalings van die welsynstoelaes kan oorneem by ʼn privaat maatskappy, Cash Paymaster Services (CPS).

“Die komitee is van mening dat die regering met die nodige spoed sal beweeg om alle uitstaande kwessies wat hiermee verband hou, op te los,” het Radebe aan LP’s gesê. “Die komitee het ʼn besluit geneem om seker te maak dat ʼn geïntegreerde betalingstelsel deur die regering verskaf sal word deur ʼn vennootskap tussen Sassa en Sapo.”

Radebe het gesê ʼn vennootskap sal gevorm word tussen Sassa, Sapo, die departement van binnelandse sake en die staatsveiligheidsagentskap. ʼn Toegewyde span moet ook teen volgende week Vrydag ʼn projekplan voorlê. “Die projekplan sal die besonderhede bevat oor die uitvoering, hulpbronvereistes, kritieke mylpale en ʼn kommunikasiestrategie. Die mandaat van die span sal wees om seker te maak dat die samewerkingsooreenkomste tussen Sassa en Sapo word afgehandel.”

Radebe het gesê hulle is toegewyd om te voldoen aan ʼn bevel deur die konstitusionele hof wat bevind het dat Sassa se kontrak met CPS onwettig was. ʼn Nuwe stelsel sal teen die einde van Maart volgende jaar in plek wees wanneer die kontrak met CPS verval.

“Die komitee wil ook alle Suid-Afrikaners, veral die welsynsbegunstigdes, verseker dat geen kaart op 31 Desember 2017 sal verval nie.”

LP’s het die nasionale tesourie verlede week die opdrag gegee om Sapo se vermoë te hersien om die betalings te behartig.

Radebe het gesê die nasionale tesourie het ʼn alternatiewe model voorgestel waar handelsbanke moontlik betrek kan word in die betaling van die welsynstoelaes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johanna Botha ·

En net n paar dae terug se die minister dit kannie gedoen word nie ….genade sy is n groot grap !

Snoefels ·

Hulle kon nie n groter fout gemaak het nie, die mense kla al klaar oor die lang rye oor hulle te min staf het, nou will hulle toelae ook nog uitbetaal ??

snoefie ·

hulle het dit nog al die jare gedoen, hoekom dit verander was, sal net die anc weet.

Wilma ·

Ek hoop van harte dat geen geld wat die begunstigdes aan loan sharks skuld vxn hul toelaes verhaal sal word nie. Dit maak die mens sooo arm. Ek het gesien een persoon op ons klein dorpie het Dins R60 gekry van sy Allpay en n ou oom R230. Leen geld by verskillende loan sharks. Em hoop die aftrekkings stop.

Mielie ·

As JZ betrokke is by iets kan jy maar seker wees daar gaan vetragings wees. Hierdie man het sy kiesers gefaal, onbeskaamd. Dit is verdag dat hy nou vir Jeff oorgee. Seker genoeg tyd gemors om seker te maak die kaarte veral in Des en dat uitbetalings nie kan plaasvind nie. Dan sit hy in Dubai in sakke vol sassa. Ek het so baie woorde om hierdie man te beskryf…

pieter ·

DAAR STAAN N PAAR OSSEWAENS REG OM OOR DIE DRAKENSBERG TERUG KAAP TOE TE VERTREK ,DRIE SKEPE WAG VIR ONS JAN VAN RIEBEECK GAAN ONS TERUG VAT HUISTOE.

wilma ·

Ek was al saam met persone wat hulle toelaes by ‘n supermark trek, waar dit minder as ‘n minuut per persoon geneem het! Ek twyfel ten sterkste of die Poskantoor dit sal kan doen.

Sarie ·

Nou sal ons seker weer voor die nuwe stelsel in werking in lang toue moet gaan staan vir nuwe kaarte ook nog

WONDER ·

WAT VAN DIE DORPE WAT NIE ‘N POSKANTOOR HET NIE? WONDER OF HULLE DAARAAN GEDINK HET….

GAAN NIE WERK NIE ·

WAT VAN DIE DORPE WAT NIE ‘N POSKANTOOR HET NIE? WONDER OF HULLE DAARAAN GEDINK HET….

Lynette ·

Ek glo julle nie!!!! Sal julle nou wragtag met die onbevoegde minister saamstem dat dit nie by Poskantoor gedoen kan word nie?????????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.