Sassa, Sapo bereik ooreenkoms oor betaling van toelaes

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) en die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het Sondag ʼn ooreenkoms bereik rakende die uitbetaling van maatskaplike toelaes.

Jeff Radebe, minister in die presidensie, het dié aankondiging Sondag gemaak.

Radebe het gesê Sapo en Sassa het ooreengekom dat begunstigdes in die toekoms ook toelaes by goedgekeurde banke, die poskantoor en ondernemings sal kan onttrek.

Die DA het vroeër gesê die ooreenkoms tussen die twee liggame moet aan die parlement voorgelê word om te verseker dat die ooreenkoms wel in die beste belang van die toelaagbegunstigdes is.

Bridget Masango, die DA se skadu-minister vir maatskaplike ontwikkeling, het in ʼn verklaring gesê die party het egter al uit vorige ervarings geleer dat Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, “nie vertrou kan word om in die belang van die mense van Suid-Afrika en die 17 miljoen kwesbare burgers wat van die toelaes afhanklik is, op te tree nie”.

Die name van die ondernemings waar begunstigdes voortaan toelaes sal kan onttrek, is nog nie bekend nie. Dit is nog nie duidelik wanneer die nuwe stelsel ten volle ingestel word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hanna ·

17 Miljoen kwesbare Suid-Afrikaners? Liewe hemel, daar is skaars 5 miljoen belastingbetalers… Hoekom lyk hierdie prentjie skeef, baie skeef?

ZWillie ·

Elke persoon in hierdie land betaal belasting – elke verbruiker betaal 14% BTW wanneer hy iets koop. Dan is daar nog aksynsbelasting, doeane belasting ens. Net 5 miljoen persone betaal egter persoonlike belasting, wat as ek reg onthou ongeveer 40% van alle staatsinkomste inbring.

Katryn ·

Raai ? 5 miljoen en 17 kry? Skeef is dit beslis! Hoekom word ons armer?

HPV ·

En hulle word by die dag meer, en as mens die “fat cats” in berekening bring, word die prentjie al donkerder vir die belastingbetalers! Iewers in ‘n kamertjie sit iemand en geld vervaardig, indien meer benodig word vra net, dan word meer vervaardig. Die geld kan nooit opraak nie! So glo die anc!

Alida ·

Hou Dlhamini uit hierdie ooreenkoms sy is totaal en al onbevoeg.

Maria Marais ·

Jammer ek vra seker n dom vraag maar van wanneer af doen staatsdiens en ministers op n Sondag werk en bereik ooreenkomste op n Sondag (Naweek) ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.