Sassa sê berigte oor gratis skoolklere is vals

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het Dinsdag gesê ʼn boodskap wat op WhatsApp versprei word dat dié instansie gratis skoolklere en skryfbehoeftes aanbied, is vals.

“Dit is ontstellend dat sommige onsensitiewe mense tyd het om sulke vals nuus te versprei en met die emosies van behoeftiges te speel,” het die agentskap in ʼn verklaring gesê.

Skole open Woensdag ná die feesseisoen.

Die agentskap het gesê die boodskap kan “desperate ouers na Sassa se kantore stuur in plaas daarvan om hul kinders skool toe te neem”.

Begunstigdes van maatskaplike toelaes word versoek om bedag te wees vir enige boodskappe op sosiale media wat “te goed klink om waar te wees”.

“Dit is beter om Sassa direk te kontak by 0800 60 1011 om die egtheid van ʼn boodskap te bevestig. Persone wat dié boodskap ontvang het, word versoek om dit dadelik te verwyder en dit nie verder te versprei nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Melanie ·

Wielspore, deesdae het baie mense uitgevind daar is ‘n tru-rat en hulle gebruik dit mildelik.

Hansie slim ·

Die boodskap is vals tot party mense in rooi daarvan te hore kom!!!

daleen ·

Waar ‘n rookie trek is ‘n vuurtjie!! netso is dit dat fase 8 beurtkrag nooit ingestel word nie, maar daar is voorsiening gemaak daarvoor, glo nie hierdie regering nie

Elsa ·

SASSA moet eerder aandag gee aan verhoging vir SASSA ouermense,
Ons hoor daagliks van swaarkry en arm mense wat net nie kan uitkom met die huidige bedrag nie.Dis tyd SASSA doen wat hul behoort te doen, ouermense beter na te kyk wat jare wel bygedra het..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.